Emily Hobhouse en die Vestiging van Tuisnywerhede in die Vrystaat deur C. J. P. le Roux

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Direkte en indirekte rede *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Mandala Madness Deel 2

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SIZA takes the sting out of auditing

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Dialoog en paragrawe *

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

C.R.. SWART: SY ROL AS MINISTER onns.,.., Verhandeling ter voltooiing van die graad

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

MAYER SE KUNS- EN KULTURELE BEDRYWIGHEDE IN DIE 1930'S

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Mosselbaai Munisipaliteit

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

HOOFSTUK ll. DIE PLEK VAN HANDWERK IN DIE SKOOL.

The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

HOOFSTUK IV. ===~==============~= Kort voor en met die diensaanvaarding van Burgers was

Rubriek vir skeppende werk

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Sterdansers by Vensters.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

RAADSLEDE / COUNCILLORS

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Transcription:

Emily Hobhouse en die Vestiging van Tuisnywerhede in die Vrystaat deur C. J. P. le Roux 1. Haar jeug in Engeland Emily Hobhouse is op 9 April 1860 in die dorp St. Ive in Conwallis, Engeland, gebore. Sy was die sewende en tweede jongste kind van Reginald Hobhouse, n Anglikaanse aartsdeken, en sy vrou, Carolina Salusbury Trelaway. Haar familie het n voortreflike staat van openbare diens vertoon. Sy self sou bekendheid verwerf terwyl sy as Britse filantroop in Suid-Afrika gedurende en na die Tweede Vyheidsoorlog onder die verslane Afrikanerbevoking van die twee Boererepublieke werksaam was. Emily Hobhouse se hoogs ontwikkelde sedelike sin en pligsgetrouheid het waarskynlik van haar vader gekom, terwyl sy haar entoesiasme, selvertroue en vrygewigheid moontlik van haar moeder geërf het. Afgesien van n kort rukkie in 1876 aan n kosskool in Cornwallis, het sy haar formele onderrig van opeenvolgende goewernantes ontvang. Hulle was volgens haar getuienis uiters onbevoeg. Haar moeder is in 1880 oorlede. Namate haar broers en susters die huis verlaat het, het sy sedert 1889 alleen agtergebly om na haar vader, wat geweldig teruggetrokke en ook sieklik was, om te sien. Sy sou in latere jare na hierdie tydperk as die moeilikste von haar lewe verwys, hoewel dit wil voorkom asof die grondslag van daardie selfopofferend egees wat in haar latere loopbaan so n groot wmvan aangeneem het, gedurende hierdie tyd gelê is. Afgesien van haar beswarende pligte tuis, het sy haar ook met kerklike en maatskaplike werk, lees en musiek besig gehou. Die dood van haar vader het haar van die huishoudelike pligte bevry. Haar ouderdom en gebrek aan opleiding het dit egter vir haar moeilik gemaak om n geskikte plek in die lewe te vind. Haar ondervinding van cemmentewerk en haar geloof dat dié sort werk al was waarvoor sy geskik was, het die gedagte by haar laat posvat om onder die Cornies mynwerkers wat na Amerika geëmigreer het, te gaan arbei. Sy het in dié tyd aan n sakeman van Minnesota verloof geraak, maar in 1897 is die verlowing weer verbreek. In 1898 het Emily Hobhouse vir die Women s Industrial Council in Londen begin werk. Sy het n studie van die kind se plek in die Engelse samelewig vanaf die tyd van die Nywerheidsomwenteling aangepak. Sy beweeg nou in liberale kringe en word sterk deur die sienswyses van haar oom en haar nuwe kennisse, die liberale parlemenslid Leonard M. Courtney en sy eggenote, bei nv loed. Haar oom was Arthur, die eerste baron Hobhouse, n vooraanstaande juris, wat ook regslid was van die Indiese Raad en n lid van die geregtelike komitee van die Geheime Raad. Sy het haar met die South African Conciliation Committee, n pro-boerevereiniging, verbind. Die vereiniging het probeer om die verskille tussen die imperiaalgesindes en die Afrikaners op te hef en die twee groepe met mekaar te versoen. Op Courtney se versoek het sy sekretaresse van die vrouetak van dié liggaam geword. Na die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in Oktober 1899 het sy haar mel hart en siel

aan hiérdie taak gewy. Pamflette is uitgestuur, briefwisseling met vooraanstaande mense is onderhou, vergaderings is georganiseer en toesprake is gehou. Die implikasies van die afbranding van plase deur die Britse militêre owerhede in 1900, het Emily Hobhouse stappe laat neem om die leed te versag wat onvermydelik op die beleid gevolg het. In September 1900 ht sy verlof van die Britse owerhede gevra om n niepolitieke en nie-sektariese welsynsfonds te stig om hulp aan die Boere-, Britse en ander vroue en kinders war behoeftig en sonder tuiste gellat is, te verleen. Die minister van oorlog, lord Lansdowne, het onder die indruk verkeer dat die oorlog feitlik verby was. Hy het Emily Hobhouse se versoek na die koloniale ministerie verwys. Joseph Chamberlain, die minister van kolonies, en sir Alfred Milner, die Britse hoë kommissaris in Sued-Afrika, was die doelwitte van die beoogde fonds goedgesind. Die fonds is as die South African Women and Children Distress Fund van stapel gestuur. Nadat sy R600 in Britjane ingesamel het, het Emily Hobhouse besluit om Suid-Afrika te besoek om eerstehandse inligting te verkry oor die toesta de hier en toesig te hou oor die uitreiking van hulpmiddele in die konsentrasiekampe. Na die oorlog het sy haar uiterste bes gedoen om die heropbou van die gewese republieke te bespoedig. Sy het, sovér die middele tot haar beskikking toegelaat het, die boerende bevoking van osse en trekgoed voorsien. In Februarie 1905 het sy vir die vierde keer Suid- Afrika besoek om een van haar belangrikste ondernemings van stapel te stuur. Dit was die instelling van tuisnywerhede vir Boeremeisies in die verarmde distrikte. Emily Hobhouse se oogmerk met die tuisnywerhede was nie slegs die ekonomiese bystand wat dit sou verleen nie, maar om ook as begaar van Britse kant te dien om n deel van die bitterheid wat deur die oorlog onder die Afrikaner aangewakker is, uit te wis. 2. Spin en weefnywerhede op Philippolis en ander dorpe Die faktore wat die gedagte aan die daarstelling van n eg Suid-Afrikaanse huisnywerheid bey Emily Hobhouse laat posvat het, kan uit haar briefwisseling met Suid-Afrikaanse vriendinne en uit haar ongepubliseerde herinneringe afgelei word. 1 Haar na-oorlogse besoeke aan die O. V. S. En Transvaal het haar daarvan oortuig dat die Boerevrou en dogter besondere aanleg vir naaldwerk en in baie gevalle selfs kunssin, besit het. Ten spyte van die ongetwyfelde bekwaamheid wat hulle in dié rigting openbaar het, het die Boerevrouens en dogters, ondanks na-oorlogse armoede, egter nog aan die gesinslewe vasgeklou en nie kans gesien om eie huis en haard te verlaat en elders n heenkome te gaan soek nie. Landelike verarming was reeds besig om die gesinslewe te ondermyn en daardie mooi einskap van die Boer se volkskarakter die liefde vir die eie huisgesin het gevaar geloop om spoedig heeltemal ten gronde te gaan. Ten einde dit te verhoed, wou Emily die ondermynende uitwerking van verarming deur middel van een of ander vorm van huisnywerheid aan bande probeer lê: And that is the idea of cottage-industries, het sy haar eie doelstelling in dié verband opgesom, occupations suitable to the home, where

they can be woven in with the ordinary routine work of a farm and by which a little money can be added to the family purse. 2 Haar persoonlike kennis van Suid-Afrikaanse klimaatstoestande en afsetmoontlikhede het haar daartoe gebring om kantwerk, spin en weef as die geskikste huisnywerhede vir haar doel uit te kies: The tranquil existence combined with brilliant skies wat sy op die hoëveld leer ken het, helped to sugest lace-making and particularly needle-point as a suitable occupation. Aangesien weelde-artikels, soos kantware, op hierdie tydstip nie veel markwaarde in Suid-Afrika besit het nie, moes die vrouens en dogters egter ook terselfdertyd leer spin en weef. Sodoende sou hulle in staat wees om die grondstof, wol, goedkoop in hande te kry en geweefde artikels, waarvoor daar wel n afsetgebied bestaan het, tuis te vervaardig. Vir Emily persoonlik was dit van die staanspoor af n uitgemaakte saak dat n Suid-Afrikaanse huisnywerheid slegs geslaagd kon wees indien dit in alle opsigte n huisbedryf bly en nie tot n fabrieksnywerheid ontaard nie. Die kennis deur die vrouens en dogters van kantwerk, spin en weef opgedoen, moes bedoel wees slegs om hulle tuis op voordelige wyse besig te hou en nie as 1. M. T. Steyn-versameling, A. 156/3/12: Memoirs XXIV (Emily Hobhouse), A Study of Cottage Industries. n middle om as fabriekswerksters te kwalifiseer nie. Soos sy dit gestel het: The main work must be in the homes of the country people if it is to remain and be established as a truly National Industry. Slegs deur die huisnywerhede tot die huis beperk te hou, het sy geglo, kon gesinsontwrigting verhoed en die ontwikkeling van fabriekstede met onooglike agterbuurtes en maatskaplike euwels uitgeskakel word. Later, na sy haar voornemens volledig met generaals Botha en Smuts bespreek en met haar eie oë die bywondersvraagstuk aanskou het, het dit egter vir haar duidelik geword dat haar ideaal van n suiwer huisnywerheid moeilik verwesenlik sou kon word: I saw then, skrywe sy jare daarna in haar herinneringe, that there was a danger of mixing two big and rather contradictory schemes: vis. Our primary plan of a national industry for home and farm occupation, and the attempt to lift a rapidly degeneration class by wage-paid work. I had hardly been aware (before) how the war-ruin plus the impoverished conditions succeeding it, had pressed the bywoner-class into the towns in such increased proportion. 3 Inderdaad het die trek van die verarmde Afrikaner na die stede, wat sedert ongeveer 1905 in omvang begin toeneem het, n wesenlike maatskaplike vraagstuk geskep. Ten einde diegene tegemoet te kom wat reeds hulle landelike bestaan noodgedwonge vir n stedelike moes verruil, was Emily uiteindelik verplig om haar hisnywerheidsprogram, wat die praktiese toepassing daarvan betref, enigsins te wysig. In beginsel het sy egter getrag om haar ideaal van n suiwer huisnywerheid ongeskonde te handhaaf. Soos alle ander skemas wat sy aangepak het, het Emily ook die daarstelling von n Suid-

Afrikaanse huisnywerheid met deolbewuste erns en toegewyde ywer benader. Die oprigting van die eerste spin-en-weefskool is dan ook deur maandelange intensiew voorbereiding voorafgegaan. Allereers het sy n noukeurige studie van die kantbedryf in Engeland en Ierland sowel as op die vasteland van Europa gemaak: I became a plague to every lady I knew who possessed old lace, het sy later rondborstig erken, and many exquisite collections were shown me. I studied exhibits in the museums and haunted antique lace shops. I procured introductions to the principal lace-shop, asking advice upon my scheme. Daarmee nog nie tevrede nie, het sy n reis na Venisië, die bakermat van die kantnywerheid, onderneem. Hier het sy self les in kantwerk geneem en spoedig daarin geslaag om die belangrikste beginsels van die bedryf te bemeester. Op haar terugreis na Engeland het sy enkele dae in België vertoef ten einde ook die Belgiese tegniek van kantmaak te bestudeer. Na haar tuiskoms het Emily voortgegaan om n doelbewuste studie van die spin-en weefkuns te maak. Sy het eers na Ierland gegaan om die bedryf self te bestudeer, en daarna die dorp Banwell-abdy noukeurig te ondersoek en af te teken. Die tekninge kon sy dan later as patrone vir kantwerk gebruik. Daarvandaan is sy na Devonshire waar sy verdere inligting oor spin en weefmetodes ingewin het. Daarna het sy teruggekeer na Londen ten einde n votydse kursus aan n spin en weefskool te deurloop. Vroeg in November het haar oom, lord Hobhouse, egter ernstig siek geword, en ten einde haar tante behulpssam te wees, moes sy dadelik haar klasse staak. Op hierdie tydstip het sy reeds vas besluit om self na Suid-Afrika te gaan om persoonlik die stigting en beheer van die eerste spin en weefskool waar te neem. Die besluit het ook die heelhartige goedkeuring van die South African Women and Children s Distress Fund weggedra. Op haar versoek is die naam van bogenoemde fonds gedurende November 1904 tot die Boer Home Indusries and Aid Society verander. Mej. Hobhouse en meh. Margaret Clark is as amptelike verteenwoordigsters van die nuwe hulpvereiniging na Suid-Afrika afgevaardig. Vergesel van Margaret Clark het Emily Antwerpen op 25 Januarie 1905 aan boord von die Kronprinz verlaat. Oud-president en mev. Steyn was met dieselfde skip na Suid-Afrika onderweg. Gedurende die seereis het Emily die oud-president, wie se verswakte oë hom nog baie las veroorsaak het, besiggehou deur haar eie geliefkoosde boeke soos Roper se More, Watson se gedigte, More se Utopia, Boswell se Life of Dr. Johnson en Dickens se David Copperfield, aan hom voor te lees. Margaret Clark het intussen soveel Afrikaans as moontlik probeer aanleer. Verder het sy haar met die spinwiel besiggehou ten einde behoorlik voorbereid te wees vir die werk wat daar in Suid-Afrika op haar gewag het. Intussen het ds. En mev. Fraser ook voorbereidingswerk gedoen in Philippolis, waar die eerste spin en weefskool gestig sou word. Sodoende was die persele vir die skool en n

spesiale woning vir die twee dames reeds gereed toe hulle op 28 Februarie per trein daar aangekom het. Op 11 Maart het Emily haar eerste onderhoud met voorgenome leerlinge gehad en twee dae later is die eerste weefskool in die land geopen met ses leerlinge op die rol. Op 15 Maart het meh. Constance Cloete, wat die huishouding op haar sou neem, uit Kaapstad aangekom sodat Emily voortaan haar onverdeelde aandag aan die beheer en ontwikkeling van die weefskool kon wy. Nuwe leerlinge het begin aankom en die omvang van die werk wat gedoen moes word, het so vinnig toegeneem dat Emily op 22 Maart reeds verplig was om n versoek om nog n bykomstige helpster aan die Boer Home Industries and Aid Society te kabel. Na aanleidig van bogenoemde vertoë het eers n mej. Picard en later mej. Marion Rowntree, n Kwakeres, hulle by Emily en Margaret op Philippolis gevoeg. 4 Emily slef was hoogs tevrede met die sukses waarmee haar eerste pogings bekroon is en het met groot lof van die bekwwamheid van sommige van haar eerste leerlinge gewag gemaak: in fact, I am not living in Philippolis, het sy op 30 Maart in haar dagboek geskrywe, but in an Idea. This seems to be taking solid and permanent shape and there is much to encourage us in the aptitude and intelligence and eagerness of the first thirteen scholars. 5 Een van haar medewerkers het later Emily se onvermoeide ywer en persoonlike opoffering as volg geskets: Zoover weet ik dat zy geheel gratis onderwys op hare eigene weef en spin macinen verleend en wanneer hier zeer armen komdt om te leeren betaald zy Bording (sic.) voor hen... De Spinwielen worde spotkoop aan de arme mystjes (sic.) op krediet verkocht, zegt van 1/10 of 2 uiters... 6 Die algemene werkprogram gevolg op Philippolis het, volgens n ooggetuie, as volg verloop: Gewoonlyk neemd het van 6 weken tot twee maanden om het spinnen goed te leeren. Dan koop den perzoon... Een spinwiel of laat het maken en gaat yz daarmede naar hare woning. Alle draad door haar dan gespint bringt zy terug naar de inrichting en worde het... Gekocht tegen 3/- per pond... De inrichting draag den naam van de Boerinnen Bond... Alle voorwerpen door de leden van den Band gemaak is onderworpe aan de Huizelijke regels der Bond en moeten aan de Bond verkocht worden... Als een lid voor 20/- drrad verkoop aan de Bond geeft zy daarvan een pens (sic.) af aan de Bond uit elke Shiliing. Die word in het kas gestort ten behoeve van het Bond... Zolang iemand leeren krijg zy elke week 2/6 voor zakgeld uit de Bond. Het leeren is gratis... Bryers (sic.) en weevers bewerkt dan weder het draad... tot kledingstoffen en kouzen. Een goede Bryer leverd tot 8 paren eerste klas kouzen per dag. Tegen 2/6 to 3/- per paar. Het geld daarvoor behoort aan de Bryer of weever. Moet slechts ld van elke shilling in de kas storten als voormeld. 7 4. Vgl. J. D. Kriel: Emily Hobhouse en die naweë van die Anglo-Boereoorlog, p. 238 5. M. T. Steyn-versameling A. 156/3/12: Memoirs XXIV (Emily Hobhouse), aanhaling uit haar dagboek, 30.3.1905 6. J. D. Kriel: Emily Hobhouse en die naweë van die Anglo-Boereoorlog, p. 239

Reeds op 2 April 1905 het Emily Hobhouse in haar verslag oor die werksaamhede op Philippolis met waardering melding gemaak van die vordering wat gemaak is: A number of girls are wanting to come and learn, besides the fourteen I have already: but I am obliged to keep them out, having no chairs or stools for them to sit and work, and such a limited number of wheels. Wood is very costly, and rather difficult to get. There is none in the village, so it will be along time before I can get many things made, even had I the necessary means. Meantime, one might as well have forty as fourteen learning. One spinning-wheel has already been made in Philippolis, the very first and not bad at all. I set a new girl to spin on it yesterday for the first time of her trying, and to my astonishment, in less than an hour, she was spinning quite fine flax, better than I could when learning, after a fortnight s raging and stamping despair and broken threads. The aptitude and intelligence of the girls are very striking, and make the teaching a great pleasure, however fatiguing. Several girls have already brought me the plants that yield dye and one, this week, brought bits of wool tied neatly in packets and labelled which she and her mother had been experimenting upon, using golden syrup tins to bild the dye. I wish I had even such utensils, for pots and pans are scarce, and a dreadful price to purchase. You would be pleased if you could see the seventeen of us all at work; almost perfect silence and intense application and resolute determination to conquer every branch of the work. This week they have spun several pounds of wool, and we mean to dye it this week and weave a carpet. 8 Ten spyte van die ywer van mej. Hobhouse en haar helpsters, die hulpvaardigheid van ds. Fraser en die publiek van die O. V. S. en die leergierigheid en bekwaamheid van die leerlinge, het die eerste spin en weefskool egter ook met haas onoorkomelike moeilikhede te kampe gekry. Die hele kolonie was nog in die wurggreep van na-oorlogse ekonomiese druk. Lewensmiddele was duur en gereedskap en materiaal vir die weefskool moeilik verkrygbaar. Die tegniese prosesse van spin en weef waarmee Emily in Engeland en Ierland kennis gemaak het, wou nie by die Suid-Afrikaanse klimaatsomstandighede aanpas nie en gevolglik moes sy en haar helpsters alternatiewe metodes ontwerp. Die grootste vraagstuk het egter steeds die tekort aan water gebly. Die suiweringsproses van die wol waarmee gespin moes word, het gevolglik dikwels ernstige hoofbrekens aan Emily, as hoof van die weefskool, besorg. Sy het self oor hierdie aanvangsmoeilikhede die volgende te sê gehad: it seemed as if no recipe, no ordinary process, turned out the same as at home. Whether it was the action of the sun, or of different qualities in the water, or atmospheric influences - extreme heat, extreme dryness alternating with extreme moisture at times - something or other acted adversely and often made us despair of producing the same effects from the same processes of dyeing wool, washing, etc. as in England. Then too, the abundant red dust of the veld and the dense harvest of grass seeds that stuck in the fleeces, filled us with dismay... Added to all was the scarcity of water. 9

Teen die einde van April 1905 was die skool op Philippolis goed aan die gang en het Emily daaraan begin dink om soortgelyke skole elders op te rig. Dan sou die hele verarmde plattelandse bevolking daaruit voordeel kon trek. Volgens haar sienswyse was Philippolis, weens die afgeleë ligging daarvan, nie geskik vir a centre of influence vanwaar die huisnywerheidskema verder uitgebrei en beheer kon word nie, te meer nog aangesien die klaruimte en watervoorraad daar so uiters beperk was. 8. Smuts-Clark-versameling, A. 357 (boks 1): Reports of the Boer Home Industries and Aid Society, March 1905 August 1906, p. 5 Buitendien kon die skool slegs in die behoeftes van die O. V. S. voorsien, terwyl dit, volgens haar, dringend moodsaaklik was om n soortgelyke skool ook in Transvaal op te rig. Ten einde die voordele aan die huisnywerheidskema verbonde ook na Transvaal uit te brei, het Emily gevolglik na Pretoria afgereis en onderhandelings met die Boereleiers in die Noorde in die verband aangeknoop. Generaals Botha en Smuts het hulle heelhartige steun belowe en, daardeur aangemoedig, het Emily onmiddellik na n geskikte terrein vir die oprigting van n spin en weefskool in Transvaal begin soek. Sy het landkaarte bestudeer, eiendomsagente besoek en predikante en ander persone wat in direkte voeling met die volk was, ondervra. Hierdie ondersoek het aan haar getoon dat n groot aantal hywondersgesinne, vir wie die huisnywerhede oorspronklik bedoel was, reeds na die stede verhuis het. Die gevaar het dus bestaan dat haar hele skema sy oorspronklike karakter kon verloor en in n fabrieksnywerheid kon ontwikkel indien sy haar aandag te veel op die verarmde stedlinge en hulle behoeftes sou toespits. Ten einde die skole wat sy van plan was om in Transvaal op te rig vir die grootste getal teoganklik te maak, sonder om die huisnywerheidsgedagte prys te gee, het sy besluit om haar voorlopig slegs by die Transvaalse weeshuise te bepaal. Na sy eenmaal finaal oor haar algemene beleid besluit het, het Emily onmiddellik met ds. Kriel van die Langlaagte-weeshuis in onderhandeling getree. Laasgenoemde, wat geen staatshulp vir die weeshuis ontvang het nie, was dadelik gereed om n sinkskuur as lokaal, sowel as n genoegsame voorraad water tot haar beskikking te stel. Die enigste voorwaarde was dat sy, op haar beurt, sou onderneem om die weeshuisdogters bo twaalfjarige ouderdom in die spin en weefkuns te onderrig of te laat onderrig. Emily het egter die reg voorbehou om dogters wat nie aan die weeshuis verbonde was nie, ook tot die skool toe te laat. 10 Nadat sy die weefskook op Philippolis aan Margaret Clark se sorg opgedra het, het Emily, in geselskap van Constance Cloete, onverwyld na Langlaage vertrek. n Besending spinwiele deur haar vriendin, Mme. Degli Asinelli, in Switserland gekollekteer, het juis op hierdie

tydstip aangekom, net betyds vir die opening van die spin en weefskool te Langlaagte in Augustus 1905. 11 Aan die einde van die jaar het mej. Clark na Engeland teruggekeer, maar onder die bekwame leiding von mej. Picard, getrou bygestaan deur die hulpvaardige Marion Rowntree, het die weefskool te Philippolis nog steeds tekens van gesonde vooruitgang getoon. Aangesien Emily se gesondheid veel te wense oorgelaat het, het sy die beheer van dkei skool te Langlaagte aan mev. Goetzshe en Constance Cloete oorgedra. Sy self het haar intrek geneem in n woning wat sy in Vellevue aangekoop het. Haar belangstelling in die twee skole wat deur haar gestig is, het egter geensins verflou nie en sy het getrou voortgegaan om die keer per week les te gee in die maak von ontwerpe vir weefdoeleindes. Die orige das van die week het sy dan tuis deurgebring, besig met briefwisseling oor haar werk, die opstel van verslae aan die Boer Home Industries and Aid Society in Engeland, die ontwerp van patrone vir gebruik in die weefskole en countless duties connected with them. 12 Op Philippolis het alles voor die wind gegaan en aangesien haar teenwoordigheid nie meer absoluut onontbeerlik was nie, was Emily in staat om met vakansie na Engeland te gaan. Sy het by die geleentheid ook enkele 9. M. T. Steyn-versameling, A. 156/3/12: Memoirs XXIV, (Emily Hobhouse) 11. Vgl. Verder J. D. Kriel: Emily Hobhouse en die naweë van die Anglo-Boereoorlog, pp. 242 e. v. 12. Ibid., p. 243 Weke in Switserland deurgebring en toe weer na Johannesburg teruggekeer, besiel met nuwe moed, hoewel geensins met nuwe liggaamskragte beklee nie. Namate meer en meer dogters hulle opleiding te Philippolis voltooi het, is soortgelyke spin en weefskole ook op ander Vrystaatse dorpe in die lewe geroep. Philippolis het egter voorlopig nog die leidende inrigting gebly. Teen Oktober 1908 het daar reeds sewe sodanige skole in die Vrystaat bestaan - te Philippolis, Ficksburg, Bloemfontein, Bethlehem, Smithfield, Winburg en Boshof. In September 1907 het Margaret Clark soos vold uit Ficksburg berig: I have been visitiing our young branch schools in the Orange River Colony - our grandchildren, so te speak - and I think our supporters will be glad to hear about them. At Winburg Mrs. Leopold, who kept house for us at Philippolis at on time, while she learnt what weaving she could, is teaching in the orphanage. She has about 10 pupils. As the children have school and house work to attend to they cannot devot enough time for weaving to be fully a success, and children lose interest if there is no stimulus. Still, I think the enterprise may turn out useful in scattering a spinning knowledge when these children leave the orphanage. We have been training in Winburg girl, C. Bosman, for the S. A. Women s Federation at

Winburg to use as a teacher in a school they aree going to open. The have a tin and brick temporary Church building as a school, at a nominal rent. 13 The centre of activity has shifted away from any particular school to a dozen such places at Winburg. The lines of the Training School are fairly settled, and the School comes also under the eye of people in Pretoria who are competent to deal with it, but the development and co-ordination of these country beginnings is now the delicate and interesting part of the work. Each has to grow in its onw way, but they must grow in the same direction, and they must agree with one another in certain points. At Brndfort there is a small orphanage, and the Minsiter, Mr. Stulting, comes from the Philippolis district. He and teh Winburg Minister, who also came from Philippolis, spoke with such warm appreciation of the results of the spinning and weaving among their people there that I felt Philippolis had indeed done its work as Pioneer and object lesson. It was what they knew of Philippolis that mde them supporters of the moevement in their own districts. At Ficksburg farmers have sent presents of wool, and thay hope they will not have to buy any for a lont time to come. Everyone is immensely interested in the idea of making up the wool grown in their own district, only it seems sou much too good to be true that many are still frankly incredulous, and say we cannot do what we profress to do. One afternoon the people of the town can come to look, and those who come in from the country are allowed in whenever the happen to be in town. This is rather distracting for the Teacher, but there is excellent moral effect in it. Really it was a picturesque sight. The old Church, with its unboarded earth floor, the benches cleared away from one transept, and 14 wheels and spinners installed instead, and a loom in their centre. Some of the wheels were the noted Swiss figt, sent on from Heilbron, where the attempted school had failed. These had been damaged by their Heilbron experience, but had been cleverly mended by Miss Keyter s father, who is a carpenter. There were also some of the German gitft, and lastly, there were the large Swedish ones, made for us specially cheaply (indeed, I believe without a profit), by the kind Swedes who 13. Smuts-Clark-versameling, A. 357 (boks 3) lêer: Boer Home Industry Third and Final Report of the Boer Home Industries and Aid Society, Dec. 1908, pp. 6-8 Are also interested in our work, and like to help it. I had a warm welcome from Miss Keyter, and the girls were friendly and pleasant, and pleased to be visited, and proud of themselves, too. The were a nice-looking set. There is a great complaint in Ficksburg, as in many other places, of the diffuculty of the poor Whites. It is very difficult to get them to do any settled work. The Committee at Ficksburg hope that eventaully some of the quite young girls may be induced to learn to spin, but their school begins with the daughters of families which have not sunk to that level. They are self-respecting poor. Soem of them paid small entrance

fees in order to learn. They have not any immediate prospect of making mony by their work either, for the Commiettee has very small funds, and cannot make any payments until something is woven which can be sold. It is not only an educational problem, but a question of how to conduct business without capital. So the girls are really voortrekkers in their district, just as the Philippolis girls were in theirs. They have to go on faith. I spoke to ghe girls about Philippolis, and about their friends in England, and those in Switzerland and German and Sweden, and what it was hoped the Industries would become. I also saw the Committee, and had long talks with them. The showed me ajersey, knitted for someone on commando, out of yarn which had been spun by women who were in the veld throughout the war, and, by trekking about, managed to evade capture and camp. Nobody seems to know how they had learnt to do it. Some said an old Kaffir woman taught them who had learnt in a Basutoland Mission. Others say they taught themselves from what the were told by the old people. The used any wheel they could get hold of as a sewing machine or a fruit-peeling machine. I saw also a saddle girth (plaited), and gloves and stockings and petticoats were also knitted. It seemed very romantic. One of the ladies of the Ficksburg Commiettee had been in the veld all the time, and had done these things. Altogether it has been a very pleasant and very interesting journey, and it was good to get to know the people who are now taking up the work, and very pleasant to have their warm welcomes and appreciation of what their unknown firends had been trying to do. 14 Ook Emily Hobhouse het in Januarie 1908 uit Pretoria verslag gedoen oor die tuisnywerhede van die Oranje-Vrystaat: This week I am planning to go again to Bloemfontein to finish the work. A local Commiettee is also forming there to found a school, and we spent a hot morning inspecting premises amongst the poor whites. The Swiss people are sending me 103 more wheels, with a particular request that Bloemfontein should be supplied, so we shall have appliances enough for a beginning. So far, the only place that has really set itself to make wheels is Bethlehem. The begged one for a pattern, and more I could not at the moment spare, and from this they have made 15, and have a flourishing school. Soon they want a loom, and I am preparing to send them one of the Friends looms. Meanwhile, they are using their own yarn for knitting purposes, being taught by the Committee. Mr. Deneys Reitz, now a solicitor at Heilbron, came up for Christmas holidays, and he is keen on starting the work in that town. He took away a sample wheel complete, and I endowed him with half a dozen old solitary wheels, which he is sure can be rehung and fixed at Heilbron. Brandfort had written for another consignment of wheels, and Miss Meintjes is just going to begin in the suburbs of Pretoria. 15 Aangesien die Vrystaat in Junie 1907 verantwoordelike bestuur ontvang het, het Emily met

oud-president Steyn, generaal Hertzog en die Direkteur van Onderwys oorleg gepleeg oor die oorname van bogenoemde skole deur die regering. Voorgenoemde leiers, overtuigd dat de beweging (d. w. s. die huisnywerhede)aan het Afrikaanse volk ten goede moest komen, en wellicht ook warm voor de zaak uit pieteit voor de nobele mej. Hobhouse, het hulle gewigtige steun verleen en gedurende Oktober 1908 is n raad van beheer deur die regering benoem om die bestuur oor die reeds bestaande spin en weefskole in die kolonie oor te neem. Die Raad van Beheer, aangestel volgens Afdeling 77 van die Skoolwet van 1908, het bestaan uit mnre. H. F. Gill en A. C. Lyel, adv. G. Brebener, drs. Bidwell en Knothe, en die dames P. J. Blignaut, McKinley, Scrivenor en Fichardt. Tot sekretaresse van die raad is die bekwame en ywerige mej. M. Fleck benoem. 16 Op die wyse het die huisnywerhede deur Emily Hobhouse gedurende 1905 van stapel gestuur, dus in 1908 finaal onder staatsbeheer gekom. Toe kon sy haar groot werk in die verband as afgehandel beskou. Dientengevolge het sy dan ook in Oktober 1908 vanaf Lourenco Marques vertrek onderweg na Engeland. Die spin en weefskole het egter voortbestaan en onder leiding van dames wat hulle eerste onderrig by haar ontvang het, van krag tot krag voorgegaan. 3. n Kantskool op Koppies In die Oorlogsmusem in Bloemfontein is daar fyn kantwerk wat Emily self gemaak het, ondermeer n kraag in die wag- n-bietjie-patroon wat sy self ontwerp het, met die nederige wag- n-bietjie-bos as inspirasie. En van kantwerk het sy n soort ideaal gemaak wat eindelik tot die stigting van die kantskool op Koppies gelei het. Dit was n ideaal wat op die duur nie verwesenlik kon word nie, maar die bestaan van die kantskooltjie is n klein episode in ons geskiedenis wat nie vergeet word nie. 17 Tydens die Anglo-Boereoorlog het dit Emily Hobhouse opgeval hoe huislik die Boervroue oor die algemeen was en hoe besonder knap met die naald en hekelpen. Die Boerebevoking was moedeloos na die oorlog - geestelik en materieel bankrot. Daarom het mej. Hobhouse begin dink aan n tuisnywerheidskema waardeur die Suid-Afrikaanse vrou haar tyd nuttig en dalk winsgewend kon bestee. As huisvroue in Holland en ook Italieë kantmakery tuis winsgewend kon bedryf, waarom nie ook die Boervroue nie? Buitendien was die sterk sonlig in Suid-Afrika ideaal vir sulke fyn werk. Emily Hobhouse is daarna Europa toe. In België en Venesië het sy gaan leer hoe om kant te maak. Sodra sy oor genoegsame kennis beskik, wou sy n paar kantskole in Suid-Afrika kom open. Maar toe sy hierdie plan van haar bespreek met mev. Green, n vriendin in Engeland, het dié haar afgeraai. Mev. Green het n deeglike kennis eu praktiese ondervinding van tuisnywerhede gehad en het kantwerk beskou as n weelde-artikel - iets wat nie winsgewend sou wees vir n boerevolk wat reeds niks besit nie. Hoekom leer mej. Hobhouse

die vroue nie liewer sin en weef nie? Suid-Afrika het baie wol geproduseer wat deur spin en weef tot allerlei nuttige artikels soos komberse en klere verwerk kon word. Emily Hobhouse het die kantidee laat vaar en is na Ierland waar sy leer spin en weef het. Met haar terugkeer na Suid-Afrika het sy n hele paar spin en weefskole in Suid-Afrika kom stig. Tog het sy nooit die kantskool-idee heeltemal laat vaar nie. Toe sy op n keer met vakansie was in die distrik van Ermelo, het sy daar n negentienjarige Boeremeisie, Johanna Rood, ontmoet. So baie het sy van hierdie jong meisie gehou dat sy haar oorreed het om ha Europa te gaan om daar die kuns van kantmakery te bestudeer. Johanna was eers huiwerig en het haarself as onbevoeg beskou vir so n belangrike werk. Daarop het Emily Hobhouse glo aan haar gesê: Ek soek nie jou bevoegdheid of jou vaardigheid in kantmaak nie, ek wil jou werf vir die onderneming om jou persoonlikheid en jou inbors. 16. Jong Zuid-Afrika, 1912, p. 31 17. E. Albertyn: Koppies se kantskool, in Sarie Marais, 22.2.1978 Dit is jon vroue soos jy wat ek nodig het om opheffingswerk te doen. Aan die einde van 1908 is Johanna Rood saam met Emily Hobhouse na Europa waar sy kantmakery bestudeer het. Met haar terugkeer na Suid-Afrika is Johanna aangestell as die eerste prinsipale van die Kantskooltjie wat Emily Hobhouse in 1909 in Koppies gestig het. Mej. Hobhouse het n ou soldatebarak wat uit twee dele bestaan het, ingerig. Haar doel met die Kantskool was om die Boerevrou op te hef. In die omgewing van Koppies, of Kopjes soos dit destyds bekend was, was daar n hele klomp oorlogslagoffers bymekaar, en n entjie verder was die konsentrasiekamp by Greenlands. Hier was dues n ideale plek vir die oprigting van n kantskool. Die barakgeboutjie was van riffelplaatsink en het op pale gestaan. Die was langwerpig, eenvoudig en onaansienlik. Die skooltjie het uit twee dele bestaan. Die een deel was ingerig as die Kantskool en die ander deel het gedien as tuiste vir die onderyseres, mej. Rood. Sy is later getroud met mnr. Osborne, n onderwyser in die regeringskool, en hulle het toe in die skooltjie aangebly. Die klaskamergedeelte van die skooltjie het omtrent agt houtvensters en n buitedeur van hout gehad. Daar was ook n deur wat die klas met die woongedeelte verbind het. Mev. Lettie Serfontein, vroeër mej. Cronjé, wat later jare leer kant maak in hierdie skooltjie, vertel: Onthou, ons het daardie dae nog nie elektriese lig gehad nie. Elke leerling het by n tafeltjie by n venster gesit om by die helder lig van buite die fyn kantwerk te doen. Tot aan die einde in 1938 was die Kantskool in hierdie sinkgeboutjie gehuisves. Mej. Lalie Boshoff, dogter van die eerste vrederegter op Koppies het self nooit leer kant maak in die skooltjie nie, mar haar suster was wel n leerling daar, en sy onthou nog goed hoe die kant gemaak is: Die kantmakery was n baie tydsame werk en het oneindig baie

geduld geverg. Eers is n ontwerp op die materiaal geteken. Die materiaal is dan op n stewige karton vasgeheg, van die drade is geknip en uitgetrek en daarna is die kantontwerp stekie vir stekie uitgewerk. Die kantpatrone wat gemaak is was veral na die voorbeeld van die voorbeeld van die Reticelli-kant van Italië. Alle benodigdhede vir die maak van die kant, die gare, die materiaal en selfs die stywe karton, is van oorsee ingevoer. Daarom was die kantwerk baie duur en kon net die rykes hierdie gesogte artikels bekostig. Die groot koste verbonde aan die maak van die kant was dan ook een van die redes waarom die Kantskool in 1938 gesluit is. Die Kantskool is deur liefdadigheid gefinansier en later kon die hoë invoerkoste net nie meer hygebring word nie. Die Regering het later ook nie meer kans gesien om die blikgeboutjie in stand te hou nie. Met reg kan die Kantskool beskou word as Koppies se eerste nywerheid. Eintlik kan n meus sover gaan om te beweer dat, as dit nie vir Emily Hobhouse se kantideaal was nie, Koppies dalk vandag nie sou bestaan het nie. Die Kantskooltjie is in 1909 gestig terwyl die dorpie Koppies eers in 1910 tot stand gekom het. Spoedig was die kantwerk van Koppies baie bekend en het mense kant op bestelling laat maak, soos wyle mev. Lizzie Delport, wat in 1929 haar hele bruidsuitset by die skool bestell het. Mev. Colin Steyn van Bloemfontein het weer die doopuitrusting van haar eersteling, die eerste kleinseun en naamgenoot van pres. M. T. Steyn (regter M. T. Steyn, die gewese Administrateur-Generaal van Suidwes), by Koppies se Kantskool laat maak. Mej. Marié Cloete vertel n interessante verhaaltjie wat sy van haar moeder gehoor het. Koppies lê aan die hoofspoorlyn vanaf Kaapstadt na Johannesburg. n Engelse edelman en sy vrou, lord en lady Clarrendon, was op n keer per trein deur Koppies, Die destydse stadsraad het toe vir hulle n outhaaltjie gereël en het onder andere aan hulle die Kantskool gaan toom as Besienswaardigheid. Lady Clarendon was so beindruk met die pragtige kantwerk dat sy vir haarself n kanttafeldoek bestel het. Sy het dit egter nooit daarna opgeëis nie. n Ruk later het die nyweraar, mnr. John Schlesinger, Koppies besoek met n vendusie. Hy is ook geneem na die beroemde Kantskooltjie. Hy het tussen die dames deur gestap en hul werk so bewonder dat hy glo gesê het: I want to buy something for my mother. What can you offer? Lady Clarendon se tafeldoek is toe aan hom getoon en hy het onmiddellik 50 daarvoor aangebied - n reusebedrag vir daardie dae. Baie vrous en selfs skooldogters het leer kant maak by Johanna Rood. Mev. Joey Odendaal sê sy onthou nog goed hoe een van haar klasmaats. Edna, smiddags n rukkie voor hulle huis toe is, klasse bygewoon het by die Kantskool. Dit was egter nie vir al die belangstellendes moontlik om die Kantskool op die dorp by te woon nie. Daarom het mej. Rood (later mev. Osborne) te perd na die plase in die distrik gery om ook die plaasvroue te onderrig in kantmakery. Mey. Boshoff onthou dit nog goed: Sy en mev. Morton, n oderwyseres by die goewermentskool, het altyd te perd uitgery. Daardie dae het hulle nog met die damesaal (side-saddle) gery. Dit was vir ons kinders tog te snaaks. Maar wat eintlik nog snaakser was,

was hulle groot rokke, jy weet, die bussels wat hulle daardie dae gedra het, en met die hele klomp rok op die perd se rug. Op 9 November 1968 is n klein monument ter ere van Emily Hobhouse en Johanna Rood op Koppies onthul. Dei hele projek is deur die plaaslike O. V. V.-tak, onder leiding van mev. Beb du Toit en mev. Rika Meyer, geloods en gefinansier. Die twee dames het ook met groot ywer en veel moeite kantartikels en voorbeelde van die kantwerk wat in die Kanskool gemaak is, van oor die hele land versamel. Hierdie artikels is tot onlangs in n glaskas vertoon en bewaar in een van die handelsbanke. In januarie 1978 is die Emily Hobhouse- Tehuis vir Bejaardes op Koppies amptelik geopen, en die kantartikels word nou daar saam met n groot foto en n paar oorspronklike briewe van mej. Hobhouse gehuisvers, in n spesiale glasvertoonkas in die voorportaal. 19 Suid-Afrika het Emily Hobhouse nog nooit vergeet nie, en veral Koppies sal haar altyd onthou. Heeltemal tereg kon haar ou vriend en raadgewer, lord Ripon dan ook aan haar skrywe: Thus you have accomplished what you undertook so courageously and have left in South Africa a lasting record of your labours. 20 Haar persoonlike vriendin en engergieke helpster, Margaret Clark kon weer op oortuigde wyse verklaar: Whatever the ultimate fate of the industries may be, the were the means, under her influence, not only of building sound material into the fabric of life in that time of poverty, but of stirring up hope and helping self-respect and liberating the unssen powers to perfom their task. 21 Sy het in selfwerksaamheid die enigste oplossing vir die armblankevraagstuk gesien en het dit voortdurend betreur dat die Huisnywerhede in Suid- Afrika, onder die toesig van die verskillende onderwysdepartemente, tot suiwer skoolnywerhede ontwikkel het. 22 Emily Hobhouse wat haarself as n anti-imperialis en pasifis beskrywe het, het n sterk sin vir geregtigheid en n oënskynlik onuitput like meegevoel met die lyding van andere gehad; n meegevoel wat nie deur oorwegings soos vaderlandsliefde of rassegevoel beperk is nie. 20. M. T. Steyn-versameling, A. 156/3/12: Memoirs XXIV (Emily Hobhouse), Lord Ripon - Emily Hobhouse, 27.12.1908 21. A. R. Fry: Emily Hobhouse, A Memoir, p. 240, Vgl. Ook J. J. Oberholster en M. C. E. Van Schoor: President Steyn aan die Woord, p. 112 22. J. D. Kriel: Emily Hobhouse en die naweë van Anglo-Boereoorleg, p. 254 Die hoë mate van waardering vir haar werk in Suid-Afrika deur die Afrikaner, het geblyk uit die feit dat haar as, na haar afsterwe op 8 Juni 1926, aan die voet van die Vrouemonument in Bloemfontein begrawe is, een van die mees gewyde heiligdomme van die Afrikaner. Sy het in haar doel geslaag om die verslane Afrikaner ekonomies weer op die been te help en sy haat vir Brittanje te versag.

Bronnelys 1. Versamlings in Vrystaatse Argiefbewaarplek, Bloemfontein M. T. Steyn-versameling, A. 156/3/12: Memoirs Emily Hobhouse, lêernr. XXIV, A Study of Cottage Industries. Smuts-Clark-versameling, A. 357 2. Oorspronklike en Sekondêre werke Bosh, J. A.: Eeufeesgedenkboek van die N. G. Gemeente Philippolis 1802-1962 Bloemfontein, 1962 Fry, A. R.: Emily Hobhouse. A Memoir. London, 1929 Krϋger, D. W. (red): Suid-Afrikaanse Biografiese woordeboek, II. Kaapstad-Johannesburg, 1972 Oberholster, J. J. en Van Schoor, M. C. E.: President Steyn aan die Woord. Bloemfontein, 1954 Hobhouse, E.L A Letter to the Committee of the South African Women and Children s Distress Fund. Argus Printing Co., ongedateer. Hobhouse, E.: War without Glamour. London, 1923 Terblanche, A.: Emily Hobhouse. Johannesburg, 1948 Van der Merwe, N. J.: Tot nagedagtenis van Emily Hobhouse. Bloemfontein, 1926 3. Koerante en Tydskrifte Die Burger, 28.10.1926 Die Huisgenoot, 25.6.1926 en 7.9.1934 Jong Zuid-Afrika (Bloemfontein), Julie 1912 Sarie Marais, 22.2.1978 The Times (London), 10.6.1926 Die Volksblad, 8.3.1979