SOSIALE GESKIEDSKRYWING.

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Uit Moerdijk se pen Man en Media

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Tariewe

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Direkte en indirekte rede *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

AGTERGROND, PERSOONLIKHEID EN EKONOMIESE DENKE.

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Hoofstuk 7: Opposisielid

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: Die bydrae van die Afrikaanse kerke

G. J. du Preez

SIZA takes the sting out of auditing

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

C.R.. SWART: SY ROL AS MINISTER onns.,.., Verhandeling ter voltooiing van die graad

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Mandala Madness Deel 2

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Literere teorie en poesiekritiek in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns en die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

GESKIEDENIS VIR SUID-AFRIKA.

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HOOFSTUK ll. DIE PLEK VAN HANDWERK IN DIE SKOOL.

DIE OPKOMS EN DIE BETEKEN IS VAN DIE OOSTE. Dr. G. D. Scholtz

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

DIE DEPARTEMENT OU TESTAMENT, 'N HALWE EEU

Boekbesprekings / Book Reviews

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

DIE TERREIN VAN DIE EMPIRIESE OPVOEDKUNDE.

N EIE SUID-AFRIK A AN SE REG

ledige begrip van die bele doel en struktuur van die Regering se skema vir die opvoeding van volwassenes. Die wese daarvan is dat die strewe en die

HOOFSTUK 3 J.W. POSTMA

HOOFSTUK 1 INLEIDING

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

~ CARNOT, ADIEU! Prof. J.P. Botha. deur PUBLIKASIES VAN DIE U~NIVERSITEIT VAN PRETORIA, NUWE REEKS NR"

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Resensies. J Waters, David Livingstone. Trail Blazer, Inter-Varsity Press, Leicester 1996, 288pp. Prys onbekend.

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Rubriekmaak à la ryk, ryker, Rykie Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Geesteswetenskappe: Vry of verkneg Sciences of the spirit: Free or enslaved

Transcription:

SOSIALE GESKIEDSKRYWING. Die studieveld van die Geskiedeniswetenskap is so ontsaglik uitgestrek en die probleme wat opduik van so verskillende aard dat dit geen wonder is dat die doelwit van die navorsing van tyd tot tyd verskuif nie. Met die groot ontwikkeling van die W etenskap gedurende die eerste helfte van die 19e eeu is die aksent hoofsaaklik op die politieke aspek van die menslike ontwikkeling geplaas. Die W etenskap is aldus verryk deur die arbeid van n groot aantal geesdriftige skrywers, veral in Duitsland onder invloed van die Romantiek, hoewel ook Frankryk en

161 Engeland tydens die herlewing van liberale denkbeelde in aansluiting by die 18e eeuse rasionalisme, hulle positiewe bydraes gelewer het Die algemene neiging was om die studie van geskiedenis te beperk tot die ontwikkeling van die staat, die stryd tussen politieke partye oor grondwetlike sake, die lotgevalle van regerings en vorstehuise en die verloop van oorloë. Daarby is uitgegaan van die standpunt dat die stryd eintlik tussen die bourgeois en die hoëre stande gaan. Liberale geskiedskrywers het selfs gemeen dat die heil van alle volke in die aanvaarding van n parlementêre regeringsvorm volgens Britse model lê en het dit dan ook die objek van hulle studie gemaak asof die lotgevalle van lande en volke afhanklik is van wetsbepalings en toevallige meerderhede in die wetgewende liggaam van een of ander staat. Alles moes van bo af geskied en die navorsing het hom grootliks bepaal by staatstukke in regeringsargiewe. Daarby is vergeet dat daar n naamlose en passiewe volksmassa is wie se wense, ideale en drome nooit in staatsargiewe weerspiëel word nie. Gedurende die tweede helfte van die 19e eeu is die historici gedwing om hulle standpunt te verander, want met die voortskryding van die eeu het toestande in Europa geheel en al verander. Die ganse sosiale orde het na die Franse Rewolusie geleidelik aan wankel geraak, die rewolusionêre kreet van vryheid, gelykheid en broederskap is na die val van Napoleon wel versmoor maar dit het nooit verstom nie. Teen die helfte van die eeu was dit duidelik dat die groot volksmassa nie meer in bedwang te hou was nie. Vir die eerste keer het die massa sy stem duidelik laat hoor tydens die Februarie-Rewolusie van 1848 in Parys. Die vierde stand het getoon dat hy n mag in die staatkundige lewe kan wees soos blyk uit die loop van gebeurtenisse in Frankryk en elders gedurende daardie jaar. Nie alleen regerings maar ook die geskiedskrywers van die tyd moes deeglik rekening hou met hierdie nuwe verskynsel in die openbare lewe en faktor in die geskiedenis. Die geskiedskrywing moes hom noodgedwonge anders orienteer, kennis neem van sosialistiese strominge en die ganse volkslewe in oënskou neem. Aandag moes geskenk word aan sosiale kragte wat tot dusver vir navorsers feitlik verborge was. Hand aan hand daarmee is geskiedskrywers nou verplig om minder vaag oor teorieë te spekuleer en meer rekening te hou met konkrete magte. So het die historiografie ook meer realisties geword in die besef dat die loop van die geskiedenis nie deur irrasionele magte soos Weltgeist en Volksgeist bepaal word nie maar deur werklike verhoudinge in die lewe. Die rtuwe rigting is bekend as die Sosiale Geskiedskrywing of ten minste n geskiedskrywing wat sterk bei'nvloed is deur die groot sosiale beweging van die tyd.

162 Dit wou sowel sosiaal as realisties wees. Dit het meegebring dat die terrein van die Geskiedenis ontsaglik wyer gemaak is, want voortaan het selfs die kerkgeskiedenis hom nie slegs besig gehou met die lewensloop van prelate en teoloë en die stryd om liturgieë en kerkordes nie, maar ecrder met die lot van lidmate en gemeentes. Een van die beste voorbeelde van die nuwe geskiedskrywing is ongetwyfeld die Engelsman John Richard Green (1837 1883) wat daarin geslaag het om vir die eerste keer n sosiale, en werklik nasionale geskiedenis van die Engelse volk te skryf. Soos geen geskiedskrywer voor hom nie het hy daarin geslaag om op kunsvolle wyse die wel en wee van n ganse volk dwarsdeur die ceue weer te gee. Hy het besef dat geskiedenis nie bewus deur die kroon, parlement of politieke partye gemaak word nie, maar dat daar onsigbarc geestelike en kulturele magte daaragter is sonder wie die geskiedenis nie ontplooi nie. Green se loopbaan as predikant in die armer wykc van Londen het hom uitnemend geskik gemaak vir sy taak. Daar het hy geleer om belang te stel in die lewe van die armer klasse. Reeds as jong man het hy uitgeblink deur artikels in die..edinburgh Review en vriende gemaak met die bekendste historici van die tyd. Hy het die skepper geword van historiese causerie, lig en grasieus van vorm maar uiters sorgvuldig in uitvoering en daarby suggestief, n vermoë wat waarlik die hoogste eise stel. Sy groot ideaal om n geskiedenis van die Engelse volk te skryl is in 1874 verwerklik met die verskyning van n..short History of the English People : Die titel is veelseggend. Vir die eerste keer het die Engelse volk n verstaanbare en intelligente relaas van sy eie verlede gclees. Die Short History het tereg wêreldberoemd geword. By skilful grouping of periods, the omission of burdensome detail, a vivid style and sympathy with every aspect of life social, religious, literary, artistic, no less than political he succeeded in reconstructing the development of the British nation within the compass of a single volume. (Gooch). Hy het tydperke in die geskiedenis nie ingedeel volgens die regering van koningshuise of dinastieë nie, maar volgens groot verskynsels in die lewe. Hy het self aan die bekende Oxfordse professor Freeman geskryf: The more I think of our story as a whole, the more its political history seems to spring out of and be moulded into form by the social and religious history you like to chaff me about. Elders verklaar Green: : Political history could only be made intelligible and just by basing it on social history in its widest sense. In die uitvoering van sy opset het hy groot sukses gehad hoewel kritiek wat hier nie ter sprake is, uitgeoefen is. Hy het betreklik min

163 aandag gewy aan die verhaal van oorloë en diplomasie en die nadruk laat val op binnelandse ontwikkeling soos weespieëel in die optrede van geestelike leiers, die ontwikkeling van letterkunde, munisipale selfregering, en ook denkbeelde en ideate wat die nasionale lewe gevorm het. So het hy dubbel soveel bladsye gewy aan hervormers soos Colet, Erasmus en More as bv. aan die Rose-oorloë. Die volk in sy daaglikse doen en late kry die ereplek, en die lewe in stad en platteland word op onvergeetlike wyse beskryf en ontleed. Treffend is veral Green se ontleding van toestande in Puriteinse Engeland en die groot sosiale reaksie daarteen na die restorasie van die Stuart-koningshuis in 1660. Vir die eerste keer het die geskiedenis van Engeland nie meer soos n ou almanak gelees nie, maar het dit die lewende relaas geword van die lotgevalle van n lewende organisasie, die gewone volk. Green se taal en styl het baie daartoe bygedra om hom populêr te maak. Gooch sê van hom:: His work possesses the living interest of a biology and the dramatic unity of an epic. Hy skryf n gespierde taal en pakkende styl, en hoewel een van sy kritici dit almost a monotony of picturesqueness verklaar het, is n kenner soos Eduard Fueter van mening dat die werk stilisties n meesterstuk is met die byvoeging: die edel temperamentvolle Sprache verleiht der Erzáhlung warmes Leben. Die verskyning van die Short History is byna allerweë verwelkom as n nuwe mylpaal in die historiografie. Dit is wyd en syd gelees en sy opvattinge wat hy daarin so helder geïllustreer het, is orals aanvaar. Dynasties come and go, battles are won or lost, but the people remain. That this reading of history is now a commonplace, is mainly the work of Green. (Gooch). Dit was die onsterflike verdienste van hierdie teringlyer wat op ses-en-veertigjarige leeftyd oorlede is sonder dat hy al sy arbeid kon voltooi. Hy het kort tevore self verklaar: Do you know what they will say of me?,he died learning. Sy dood was n onherstelbare verlies vir die wetenskap maar sy werk is sy monument wat so lank sal stand hou soos mensewerk op hierdie aarde. Sosiale geskiedskrywing het deur Green se voorbeeld gedurende die tweede helfte van die 19e eeu in haas alle lande grootliks opgebloei. Ons eie land het hier n grooot agterstand om in te haal, want ook by ons is daar nog teveel drum and trumpet history, wat hoewel interessant, tog nog nie die werklike lewe weergee nie. Daar bestaan n groot behoefte aan n sosiale geskiedenis van ons eie volk, wat nie verwar moet word met kultuur- of beskawings-geskiedenis nie. So n geskiedenis moet nagevors word nie soseer uit bronne in staatsargiewe nie, maar in koerante en tydskrifte, pamflette, muntstukke en medaljes, monumente en geboue, musea en biblioteke.

164 Uit die aarde van die saak word die taak daardeur baie bemoeilik en nie elkeen het die analitiese vermoë om dit aan te durf nie, want hier word veel meer as blote beskrywing vereis. In so n Geskiedenis wil ons ons volk sien in sy gewone lewe in stad en platteland, in die verrigting van sy dagtaak, sy ontspanning en vermaak, sy inateriële wel en wee, sy nasionale ontwikkeling, sowel as in sy geestelike en kulturele rypwording. Dit is n ontsaglike taak wat op die Afrikaanse geskiedskrywer wag, maar niemand mag dit aandurf wat slegs n rapsodie oor die eie volk wil lower nie. D. W. KRUGER.