SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

GRAAD 12-PUNTE AS VOORSPELLER VAN SUKSES IN WISKUNDE BY N UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die 2004 senior Harmony Suid-Afrikaanse Wiskundeolimpiade: n Analise van die resultate van die senior groep, tweede ronde

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SIZA takes the sting out of auditing

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

Aanslag op leesbegrip die effektiewe gebruik van die leeshalfuur

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Mandala Madness Deel 2

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

ASPEKTE WAT DIE TOEPASBAARHEID VtU{ TOETSE VIR VERSKILLENDE KULTUUl~GlWEPE KAN BEl.NVLOED

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

KURRIKULUMDIFFERENSIASIE IN DIE VAK WISKUNDE GRAAD R VIR LEERDERS MET ERGE INTELLEKTUELE GESTREMDHEID IN INKLUSIEWE WES-KAAPSE SPESIALE SKOLE

Direkte en indirekte rede *

Inleiding. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie ISSN: (Online) , (Print)

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Die gebruik van letterkunde vir die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal op skool binne 'n taakgebaseerde benadering

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Bruikbaarheid van die Swanson Cognitive Processing Test vir Suid-Afrikaanse leerders met epilepsie

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Projekte om wiskundeprestasie aan n tegniese universiteit te verbeter

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

ʼn Kritiese ondersoek na die stand van Afrikaanse professionele Jeugteater in Suid-Afrika na 1994

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

HOOFSTUK 1 INLEIDING TOT DIE NAVORSINGSPROSES. Epilepsie is een van die verskynsels wat oor die eeue saam met die mens

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Die Laerskool Middelburg en n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL (T)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

Hoe om krag te spaar

C"k)o.-,t/1'l I /4-/ 1Cf17

LN Labuschagne

Die invloed van selfgerigteleergereedheid op die aanleer van die blindtiktegniek

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

DIE OPVOEDER AS LEERMEDIATOR EN DIE HAALBAARHEID VAN DIE NODIGE KOMPETENSIES SOOS OMSKRYF IN DIE NORME EN STANDAARDE VIR OPVOEDERS

Die moontlikhede van n modelleringsperspektief vir skoolwiskunde

HOOFSTUK 5 ANALISE EN INTERPRETASIE VAN DATA

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

HOOFSTUK 7 NAVORSINGSMETODOLOGIE

DIE BESTUUR VAN DIE GEïNTEGREERDE GEHALTEBESTUURSTELSEL

Transcription:

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union VERSLAG DEUR DIE SAOU PROFESSIONELE ONDERSTEUNINGSDIENSTE 18 Julie 2011 ANALISE VAN DIE UITSLAE VAN DIE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING (JNA/ANA) VAN GRAAD 1 TOT 6 LEERDERS IN 2011 1. AGTERGROND Die Minister van Basiese Onderwys het op 28 J unie 2011 di e uitslae van die 2011 J aarlikse Nasionale Assessering (JNA of algemeen na verwys as ANA) van Gr 1 6 leerders aangekondig. Die aankondiging is vergesel van n beperkte stel statistiese gegewens wat die SAOU vervolgens geanaliseer het in n poging om beter betekenis aan di e uitslae te kan gee. Die SAOU lewer n professionele ondersteuningsdiens aan onderwysers, skole en onderwysdepartemente en die identifisering van faktore wat negatief op die prestasie van leerders in hierdie aard van assessering inspeel stel die vakbond in staat om doelgerigte ondersteuningsinisiatiewe te beplan om ons pogings om die kwaliteit van die onderwysstelsel te verbeter. 2. AARD VAN DIE BESKIKBARE DATA Daar is twee stelle inligting oor die JNA, naamlik die uitslae van al die Gr 1-6 leerders wat geskryf het (universele JNA) en dié van ʼn kontrolegroep bestaande uit die Gr 3 en 6 leerders van 200 skole in elkeen van die provinsies (verifiërings-jna). Die verifiërings-jna is bedoel om die uitslae van die universele JNA uitslae op Gr 3 en 6 vlak te verifieer. In die geval van die verifiërings-jna is streng kontrole ten opsigte van twee aspekte uitgeoefen, naamlik die administrasie van die toetse en die nasien daarvan. Die Departement van Basiese Onderwys het ongelukkig besluit om nie die volledige uitslae van die universele JNA vry te stel nie. ʼn Moontlike verklaring hiervoor kan wees dat die Departement die gegewens nie wil beskikbaar stel nie omdat dit vir nie-wenslike doeleindes gebruik sou kan word, bv. vergelyking van skole se uitslae, ens. Daar is egter ook gerugte dat die gegewens so onvolledig en ongeorden is dat beskikbaarstelling daarvan ʼn verleentheid vir die Departement sou wees en tot ʼn algemene bevraagtekening van die geldigheid daarvan en van die toetse as sodanig sou kan aanleiding gee. ʼn Deeglike analise van die gegewens wat tot verantwoordbare bevindinge sou kan lei, is dus nie moontlik nie. Die poging in die hieropvolgende paragrawe is gebaseer op die uitslae van die verifiërings-jna en die brokkies inligting oor die universele JNAs wat tydens die aankondiging van die uitslae gegee is. Posbus / PO Box 90120, Garsfontein, 0042 / Serenestraat 278 Serene Street, Garsfontein, Pretoria Tel: 012-348-9641 / Faks/Fax: 012-3489658 / E-pos/E-mail: saou@saou.co.za Besoek ons by / Visit us at www.saou.co.za

2 Die assessering van die leerlinge se werk is in terme van die 4 vlak-skaal gedoen en die uitslae is dienooreenkomstig gerapporteer: 1 = 0-34% 2 = 35-49% 3 = 50-69% 4 = 70+% 3. ANALISE VAN DIE DATA 3.1. Universele JNA Die universele JNA-groep het 5 841 562 leerders in alle openbare laerskole behels wat in 2010 in Gr 1-6 was, dus in 2011 in Gr 2-7, sowel as ʼn eksperimentele toetsgroep leerders wat in 2010 in Graad 9 was. Die vakke wat getoets is was Geletterdheid / Tale en G esyferdheid / Wiskunde. Die volgende persentasies leerders in die universele groep het ʼn 2 of meer behaal (dus 35% of meer): GRAAD TAAL WISKUNDE 1 80,3 90,0 2 74,5 83,1 3 55,8 41,6 4 45,0 32,5 5 36,8 31,0 6 42,3 36,1 Dit is opvallend dat die prestasie van die leerders in grade 4 en 5 beduidend laer is as dié van die leerders in die laer grade. Dit kan moontlik aan die volgende redes toegeskryf word: Die taal van onderrig en leer (TOL) verander in die geval van baie leerders in Gr 4 van hul huistaal (moedertaal) na Engels. In die geval van Gr 1 en 2 word die vrae aan die leerders voorgelees en speel hul leesvaardigheid nie ʼn groot rol nie. Van Gr 3 af moet hulle die vrae self lees en baie se leesvaardigheid is sodanig dat hulle stadig lees en/of die vraag nie verstaan nie. In die hoër grade is daar ook ʼn tydsbeperking van toepassing. Afgesien van leesvaardigheid, is Gr 3 en dikwels selfs Gr 4 leerders nie gewoond daaraan om eksamen of toets onder eksamentoestande te skryf nie. Die moedertaal is in sommige grade problematies, omdat daar in sekere Afrikatale nie standaard dialekte is nie en die taal van die vraestel van die dialek van die leerders verskil. Dit lei daartoe dat die wyse van vraagstelling in sommige gevalle moontlik sodanig is dat die leerders die vraag nie verstaan nie.

3.2 Verifiërings-JNA 3 3.2.1 Nasionaal (al nege provinsies) Die verifiëringsgroep het bestaan uit 19 470 Gr 3 leerders en 19 370 Gr 6 leerders. Die gemiddeldes behaal was soos volg: GRAAD TAAL WISKUNDE 3 35 28 6 28 30 Daar is geen voor die handliggende verklaring vir die feit dat die Gr 6 leerders in die Taaltoetse swakker gevaar het as die Gr 3 leerders terwyl hulle in Wiskunde effens beter gevaar het nie. Die onderrigtaalfaktor soos in ʼn vorige paragraaf gestel, behoort juis by die Wiskunde ʼn faktor te gewees het. 3.2.2 Provinsies Die gemiddeldes behaal in die onderskeie provinsies is soos volg: Die Departement se verslag waarin die gegewens in bogenoemde grafiek verskaf word, wys daarop dat die gegewens onderworpe is aan ʼn standaardafwyking van ongeveer 6 persentasiepunte omdat dit die gegewens van ʼn steekproef is en nie die populasie in sy geheel nie. Dit beteken dat die gemiddeld in die geval van ʼn bepaalde provinsie 3 persentasiepunte na weerskante kan verskil. Die gegewens leen hulself dus nie tot ʼn akkurate, vergelykende evaluering van die provinsies se prestasies nie. Wat wel met sekerheid gesê kan word is dat die Wes-Kaap beter as al die ander provinsies gevaar het terwyl Limpopo en veral Mpumalanga besonder swak gevaar het.

4 Verder is dit opvallend dat: in al die provinsies met die uitsondering van Gauteng, die Gr 6 leerders in Taal swakker presteer het as die Gr 3 s; terwyl in al die provinsies met die uitsondering van Oos-Kaap, die Gr 6 leerders in Wiskunde beter presteer het as die Gr3 s. 3.3 Die uitslae in terme van individuele skole en kategorieë skole Aangesien die Departement besluit het om nie die universele ANA uitslae beskikbaar te stel nie, is dit nie moontlik om skole of kategorieë skole in terme van hul prestasie te vergelyk nie. 4. REDES WAT AANGEVOER WORD VIR ONBEVREDIGENDE UITSLAE Verskeie oproepe is van skole ontvang net nadat die toetse afgeneem is en die volgende het na vore gekom: Sekere skole het nie met die kurrikulum vir 2011 beg in nie, maar die leerders is voorberei vir die JNA-toetse deur middel van voorbeeldvraestelle wat op di e Departement van Basiese Onderwys se webwerf geplaas is. Dit wil blyk asof hierdie handeling nie werklik impak op die prestasie as ʼn geheel gehad het nie, maar dit kon dalk die individuele skole se prestasie bevorder het. Onderwysers het aangevoer dat daar nie duidelike riglyne gekommunikeer is nie. So is daar van Graad 6 leerders verwag om ʼn 1000-woorde teks in ʼn kort tyd te lees en dan vrae daaroor te beantwoord. Die JNA-toets vir Tale toets nie net leerders se leesvaardighede nie, maar ook hulle skryfvaardighede, en as toets vir geletterdheid is dit nie altyd ʼn duidelike aanduider nie. Sommige skole het gemeld dat die inlees van die punte kommerwekkend is. Die inligting is nie weer na skole versprei om te verifieer nie en daar het beduidende probleme met die inlees van die inligting ingesluip omdat die instrument wat aanvanklik versprei is nie vir die toetse gebruik is nie. Sommige provinsies soos KZN het hulle eie instrument ontwikkel en nie die instrument van die DBO gebruik nie. Met die oordrag van inligting van die een instrument na die ander kon daar ook foute ingesluip het. Die Wes-Kaap skole het die inlees van die data ernstig bevraagteken. ʼn Interessante voorbeeld is ʼn skool waar die skool ʼn gemiddelde punt van 74% behaal het, terwyl die leerders slegs 36,2% kon behaal vir optelling wat die maklikste gedeelte in die kurrikulum is. 5. VERGELYKING VAN DIE JNA MET ANDER GESTANDAARDISEERDE TOETSE 5.1. Standaard Geoordeel aan twee stelle analises wat deur kollegas in die Wes-Kaap en M pumalanga gedoen is, was die standaard van die vraestelle redelik. Leerders is egter soms deur die tydstoedeling geïntimideer. Die skryfstukke in die Graad 6 Taalvraestel was tydrowend en die merk daarvan was baie subjektief. Die variasie in die tipes vrae was beperk. Dit is moeilik om die JNA in terme van standaard met ander sistemiese assesseringstoetse te vergelyk aangesien hulle skolastiese toetse is terwyl ander soos TIMMS en P IRLS die funksionele prestasie van die leerders toets. ʼn Skolastiese toets is op ʼn bepaalde kurrikulum gebaseer terwyl funksionele toetse op die kennis en vaardighede gebaseer is wat die leerder na ʼn bepaalde duur van skoling moes verwerf het.

5 Die PIRLS-toets is ontwikkel vir leerders in Graad 5, terwyl die Graad 6-leerders van Suid- Afrika die toets in 2006 afgelê het. Die volgende grafiek illustreer die gemiddelde prestasie van die Suid-Afrikaanse leerders teenoor die internasionale norm (op vier verskillende moeilikheidsvlakke). Suid-Afrikaanse leerders het die swakste in hierdie assessering gevaar van al die lande wat aan di e studie deelgeneem het. Die uitslae soos versprei deur die DBO vir Geletterdheid in Gr 3 in 2004 en 2007 word in die volgende figuur geïllustreer. Die betroubaarheid van hierdie data is ook deur die onderskeie provinsies bevraagteken.

6 5.2. Uitslae Die Departement se verslag verskaf ʼn vergelyking met die uitslae van die 2004 en 2007 asook die SACMEQ toetse maar dit word in die vorm van illustrasies verskaf sonder dat die data afsonderlik verstrek word (bl. 21 tot 22 in die verslag). Verder moet die illustrasies weer eens met omsigtigheid gebruik word vanweë die standaardafwyking van steekproefgegewens en die feit dat die vraestelle nie teenoor mekaar gestandaardiseer was nie. Die administrasie kon ook ʼn beduidende uitwerking gehad het. Die volgende kan met inagneming van bogenoemde uit die illustrasies gelees word: Die Wes-Kaap het in al die toetse konsekwent relatief goed presteer (heelwat beter as al die ander provinsies). Limpopo het in al die toetse konsekwent swak presteer. Mpumalanga het in al die toetse swak presteer maar hul prestasie het in die laaste toetse van swak na baie swak verander. Noordwes het in die SACMEQ toetse beter gevaar maar in veral die 2011 J NA s verbasend swak gevaar. Die ander provinsies se prestasie het baie gewissel en toon nie ʼn bepaalde patroon nie. 6. MOONTLIKE OOREENSTEMMING TUSSEN DIE JNA UITSLAE EN BEVINDINGE VAN ANDER ONDERSOEKE RAKENDE DIE PRESTASIE VAN DIE SKOOLSTELSEL Twee verslae wat so pas verskyn het, naamlik die uitsaksyfer in skoolonderwys en die vergelyking van leerderprestasie in skole aan weerskante van die Noordwes/Botswana-grens, is bestudeer om moontlike korrelasies met die JNA resultate te bepaal. Wat die verslag oor die uitsaksyfer betref, is daar ʼn moontlike korrelasie tussen die relatief lae uitsaksyfer in die lae grade en die feit dat leerders swak vaar in die JNA en soortgelyke toetse in die sin dat dit ʼn refleksie mag wees op die wyse waarop promosie en progressie in die laer grade bestuur word. Wat die verslag oor Botswana en Noordwes betref, is dit opvallend dat die prestasie van Noordwesskole sedert die SACMEQ toetse merkwaardig verswak het, geoordeel aan di e JNAuitslae. Die Botswana/Noordwes verslag dui daarop dat daar in Suid-Afrika meer faktore is wat negatief inspeel op leerderprestasie, bv. vakbondaktiwiteite. 7. OPVOLGWERK WAT DEUR DIE OWERHEDE IN DIE VOORUITSIG GESTEL WORD OM LEEMTES AAN TE SPREEK Die Departement lê baie klem op die waarde van die werkboeke vir Gr 1-6 wat aan skole verskaf is en is oortuig daarvan dat dié inisiatief tot beduidende verbetering van leerderprestasie gaan lei. Verder beoog die Departement ook om die administrasie en bestuur van alle aspekte van die JNA verder te verbeter. ʼn Ontwikkeling wat ook tot prestasieverbetering kan lei, is die implementering van die nuwe CAPS / KAVs. Die KAVs verskaf heelwat meer duidelikheid oor voorgeskrewe inhoud en verskaf duidelike riglyne oor tydskedulering.

8. DIE JNA UITSLAE EN DIE SAOU SE BEMAGTIGINGSPROGRAM 7 Dit het reeds geblyk uit die vorige JNA-uitslae, veral in vergelyking met internasionale gestandaardiseerde toetse soos die PIRLS dat daar sekere leemtes in die kurrikulum en implementering daarvan is wat aangespreek moet word. Die SAOU se bemagtiging ten opsigte van lees het juis op hierdie aspek gekonsentreer met die oog daarop om die toepaslike leemtes aan te spreek. Met betrekking tot die lees het die navorsing daarop gedui dat die kurrikulum nie in lyn is met die nuutste internasionale navorsingbevindinge nie. ʼn Voorbeeld hiervan is die heelwoordleesbenadering wat deur die kurrikulum voorgestel word. Die leerders wat op hierdie wyse onderrig is, is tans van Graad 8 t ot Graad 12 v ersprei. Hierdie benadering word internasionaal verwerp, terwyl fonemiese bewustheid vooropgestel word. Die leiding van die DBO ten opsigte van hierdie aspek is onbeduidend. Dieselfde vergelyk sou ook ten opsigte van die Wiskunde gedoen kon word. Wiskunde kenners is dit eens dat onderwysers nie die basiese vaardighede vaslê wat deur leerders benodig word om suksesvol te wees in die volgende grade nie. 9. SAMEVATTING Die JNA is n belangrike meganisme om die stand van skoolonderwys in Suid-Afrika te monitor en om die Regering en al die rolspelers wat betrokke is in staat te stel om die prestasie van ons leerders te probeer verbeter. Die inisiatief verdien om almal se ondersteuning te geniet. Dit sal interessant wees om te sien of die laer grade in die 2012 JNA weer eens beter sal presteer as die hoër grade. Die SAOU wil graag voorspel dat dit wel die geval sal wees aangesien die Grondslae vir Leer-veldtog wat in 2007 geloods is, n terugkeer na die basiese aspekte van onderrig en die meer konvensionele kennisgebaseerde benadering tot onderwys in die laer grade geïnisieer het. Ons glo vas dat die analise waaroor in hierdie verslag berig is, aandui dat ons die laagstye punt in die prestasiekurwe bereik het en dat die leerders se prestasie oor die volgende paar jaar stelselmatig sal verbeter. Een aspek waaraan die owerhede oor die kort termyn ernstige en dringende aandag sal moet gee, is die tydskedulering van die toetse. Ons vertrou dat dit wel die geval sal wees. Die voordele daaraan verbonde om die toetse aan die einde van die jaar te laat skryf weeg baie swaarder as enige moontllike voordele wat die skryf daarvan in Februarie sou mag inhou. Navrae: Dr Huw Davies of dr Gustav Niebuhr by 012 348 9641 of drdavies@saou.co.za of gustavn@saou.co.za.