Eksperiment en intertekstualiteit:

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Direkte en indirekte rede *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Historiese korrektheid en historiese fiksie: n respons

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Meer dydelikhyt oor die punch en die vis n Vergelyking van Niggie, Daar s vis in die punch en Eilande

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dialoog en paragrawe *

SIZA takes the sting out of auditing

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

Die tyd van die triekster: identiteit in enkele hedendaagse Afrikaanse prosatekste

Die verhaal as mitiese vraagstelling: die verhaalkuns van Henriette Grové

LitNet Akademies Jaargang 14, Nommer 3, 2017, ISSN

Die vertaling van The No.1 Ladies Detective Agency van Alexander McCall Smith: strategieë en besluite tydens die vertaalproses.

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Hoe om krag te spaar

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Trefwoorde: die huishoudelike; feminisme; genderstudies; Ingrid Winterbach; Klaaglied vir Koos; Lettie Viljoen; narratologie; struggleliteratuur

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Die reise van Isobelle (1995) van Elsa Joubert:

Chanette Paul-Hughes oor lig en donker

Paul de Man1: betekenisvorming deur blindheid en insig

HOëRSKOOL PORTERVILLE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

NONNIE DE LA REY deur ZELDA ROWAN

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Literere teorie en poesiekritiek in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns en die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Die verskillende verskyningsvorme van die narratiewe poësie by Charl-Pierre Naudé en Loftus Marais

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

n Ondersoek na n werkswyse: die herskryf van n komplekse Afrikaanse roman na n draaiboek

Die verhouding tussen verhaal en metaf oor in Agaat (Marlene van Niekerk)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

Kultuur en vertaling: Die domestikering van die Leefstyl-Bybel vir Vroue

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Eietydse ridders: n Vergelyking tussen Die mugu (1959) deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Jaco Fouché

n Eiesoortige Afrikaanse Magiese Realisme na aanleiding van die werk van André P Brink en Etienne van Heerden

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Transcription:

Eksperiment en intertekstualiteit: n Studie van Ingrid Winterbach se Niggie (2002) en die Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers 1899-1902 (1978), asook ander Anglo-Boereoorlog tekste Maria Elizabeth Botha Ingelewer ter vervulling van die vereistes vir die graad Magister Artium in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit Promotor: Prof. H.E. Janse van Vuuren Januarie 2006

BEDANKINGS My hartlike dank aan die volgende organisasies en akademiese instelling vir hul finansiële steun in die vorm van beurse wat aan my toegeken is: De Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten, die Nederlandse Taalunie, die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek, en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (voorheen Universiteit van Port Elizabeth). n Spesiale dankie aan De Oude Professoor, Helize van Vuuren, vir haar waardevolle insigte, geduld én kritiek vanaf my eerste jaar op universiteit tot op hede - ses jaar. Laastens, aan my familie en vriende, baie dankie vir julle gebede, bemoediging en positivisme wat my veral in hierdie laaste jaar onderskraag het. ii

NAAM: Maria Elizabeth Botha STUDENTE NOMMER: 200317709 GRAAD: Magister Artium (Afrikaans & Nederlands) TITEL: Eksperiment en intertekstualiteit: n Studie van Ingrid Winterbach se Niggie (2002) en die Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers 1899-1902 (1978), asook ander Anglo-Boereoorlog tekste VERKLARING: Ek verklaar dat die bogenoemde dissertasie my eie werk is en nie vantevore voorgelê is vir n graad by n ander universiteit nie. HANDTEKENING: DATUM: 3 Januarie 2006 iii

INHOUD Inleiding 1 1. Vroeëre Viljoen/Winterbach-romans met Anglo-Boereoorlog materiaal 9 1.1 Belemmering (1990) 10 1.2 Karolina Ferreira (1993) 13 1.3 Buller se plan (1999) 16 2. Resepsiestudie van Winterbach se Niggie (2002) 19 3. Die Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers, 1899-1902 as interteks van 24 Winterbach se Niggie 3.1 Die Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers, 1899-1902 (1978) 24 3.2 Patriotisme en vorming van n nuwe verenigde volk 25 3.3 Die rol en invloed van godsdiens op die kommandolewe 27 3.4 Die kommandolewe 31 3.5 Dissipline 32 3.6 Passiwiteit tydens oorlog 35 3.7 Verveeldheid op kommando 36 3.8 Ontberings op kommando 38 3.9 Intervensie debat 41 3.10 Wetenskaplike en ideologiese (evolusie) debatte 42 3.11 Naturellekwessie debat 46 3.12 Doofheid as faktor in Celliers se lewe 48 3.13 Skrywerskap 49 3.14 Literêre invloede 50 3.15 Digkuns geïnspireer deur die oorlog 52 3.16 Afrikaanse sêgoed en Boererate 55 3.17 Versugting na vrede 56 3.18 Swartmense se rol in die Anglo-Boereoorlog 57 3.19 Die rol van vroue in die Anglo-Boereoorlog 59 4. Ander intertekste van Niggie (2002) 67 4.1 Ouer intertekste 67 4.1.1 Totius se Vier-en-sestig dae te velde. n Oorlogsdagboek (1977) 67 4.1.2 A.D.L. se Woman s Endurance (1904) 69 4.1.3 Deneys Reitz se Kommando. n Boere-dagboek uit die Engelse oorlog (1912)/Commando. A Boer Journal of the Boer War (1929) 76 4.2 Meer resente intertekste 79 4.2.1 Christoffel Coetzee se Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) 79 4.2.1.1 Heldeverering van strydvegters 82 4.2.2 Klaas Steytler se Ons oorlog (2000) 87 4.2.3 Etienne Leroux se Magersfontein, O! Magersfontein (1976) 89 iv

5. Niggie ontsluit 91 5.1 Oorsigtelik beskou 91 5.1.1 Die intrige in Niggie 94 5.1.2 Karakters en naamgewing 95 5.1.3 Motiewe en temas in Niggie 103 5.1.4 Taboe-deurbreking 105 5.1.5 Hede en verlede 105 5.2 Styl en tegniek 107 5.3 Taal 111 5.3.1 Landskapbeskrywings 119 5.3.2 Taal-argeologie 122 5.4 Enigmatiese elemente 125 5.4.1 Trieksterfigure 125 5.4.1.1 Trieksterfigure in die Sankultuur (met neerslag in Dwaalstories) 138 5.4.1.2 Trieksterfigure in die Zoeloe-tradisie 139 5.4.2 Drome 140 Slot 147 Bibliografie 148 v

Abstract This study focuses on the creative adaptation of Anglo-Boer War material in Ingrid Winterbach s (Lettie Viljoen) Niggie [Cousin] (2002) with specific reference to the Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers, 1899-1902 [War Diary of Jan F.E. Celliers, 1899-1902] (1978) and other texts written during or shortly after the Anglo Boer War in Dutch, such as Totius Vier-en-sestig dae te velde: n Oorlogsdagboek [Sixty Four Days Afield: A War Diary] (1977) and in English, Woman s Endurance (1904) by A.D.L. and Deneys Reitz s Commando. A Boer Journal of the Boer War (1929). More recent Afrikaans novels dealing with the same war are also analysed, such as Ons oorlog [Our War] (2000) by Klaas Steytler, Op soek na Generaal Mannetjies Mentz [In Search of General Mannetjies Mentz] (1998) by Christoffel Coetzee and Etienne Leroux s Magersfontein O! Magersfontein (1976). A literary analysis is done of the novel Niggie, with specific focus on the nature and function of Anglo-Boer War material in Winterbach s text. The question is posed why there is such a sustained focus and creative adaptation of Anglo-Boer War texts in Winterbach s oeuvre (especially in Belemmering [Impediment], 1990, Karolina Ferreira, 1993, Buller se plan [Buller s Plan], 1999, and Niggie [Cousin], 2002)? This novel has a profound effect on the reader a century after the war, because it addresses postcolonial issues and predicaments such as a defragmenting identity, as well as the possible demise of the Afrikaans language and culture, faced by the descendants of those involved in the war a century ago. In her reworking of the past to come to grips with the present, Winterbach confronts difficult South African topics, such as interracial relationships, racism, the relationship with the land, possible language death, gender relationships, the role of the supernatural and the unconscious in everyday life (in the form of dreams and trickster figures), amongst many others. The dissertation offers an intertextual study as well as a literary analyses of the literary techniques used, and the characteristics of this magisterial novel, which deservedly won the Hertzog prize in 2004, the highest accolade possible for an Afrikaans novel. The anomaly of such a novel in 2002 seemingly dwelling on the past, is shown up for what it is: a metaphor for the present and its dilemmas, reflecting the social conflicts existing at present in the crumbling Afrikaans community. Key words: Afrikaans fiction, Innovation, Intertextuality, Anglo-Boer War, Tricksters, Dreams. vi

Inleiding It was then the place of a long, centuries-old murmuring, an imperceptible dialogue between one parchment and another, a living thing, a receptacle of powers not to be ruled by a human mind, a treasure of secrets emanated by many minds, surviving the death of those who had produced them or had been their conveyors. Umberto Eco, The Name of the Rose, 1983:286. Met die honderdjarige herdenkingsperiode (1999-2002) van die Anglo-Boereoorlog het verskeie uitgewers ou oorlogsdagboeke herdruk. Enkele voorbeelde is Johanna Brandt se Die Kappie Kommando of Boerevrouwen in Geheime Dienst (oorspronklik gepubliseer in 1912, heruitgegee in 1999), Tant Miem Fischer se kampdagboek, Mei 1901 - Augustus 1902 (1964, heruitgawe 2000) en die Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers, 1899-1902 (1978, heruitgawe 2000). Daar het ook n paar bloemlesings van oorlogsverhale verskyn soos Ena Jansen en Wilfred Jonckheere se Boer en Brit (1999) en Fransjohan Pretorius se Verskroeide aarde (2001) en Op kommando: Die lewe in die veld tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (2001) om maar n paar te noem. Verskeie romans het ook verskyn, soos Engela van Rooyen se Vuur op die horison (2000), Klaas Steytler se Ons oorlog (2000) en Christoffel Coetzee se Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998). Niggie (2002) van Ingrid Winterbach is aan die einde van dié herdenkingsperiode gepubliseer. Hoewel die leserspubliek vir byna vier jaar deur die (her-)publikasie van dagboeke, romans en persdekking tot op die punt van oorversadiging met betrekking tot die Anglo-Boereoorlog gedryf is, wen Winterbach in 2004 die Hertzogprys vir háár roman oor dié oorlog, naamlik Niggie. Wat is so merkwaardig omtrent dié teks, in sommige literêre kringe as bloot n kultus-roman vir waardering in n klein binnekring beskou (sien byvoorbeeld Abraham H. de Vries, 2004 en Theunis Engelbrecht, 2004)? Die antwoorde op hierdie vraag is die fokus van my dissertasie. Die oplewing in Afrikaanse fiksie oor die Anglo-Boereoorlog is hoogs waarskynlik nie nét toe te skryf aan die herdenking van dié gebeurtenis nie. Chris van der Merwe merk op dat die belangstelling van Afrikaanse skrywers in die oorlog n onderdeel (is) van die byna obsessionele belangstelling in die persoonlike en algemene geskiedenis van die land, met n fokus op die rol van die Afrikaners (1998:2). Hy noem verder dat n stimulus vir hierdie historiese belangstelling ( ) kennelik die feit 1

(is) dat Afrikaners in meer as een sin aan die einde van n tydperk gekom het: die einde van n eeu, die einde van n millennium, en die einde van die era van apartheid (1998:2). Bogenoemde sentimente sluit aan by die teoretikus, Jean Baudrillard, se nihilistiese uitsprake oor die postmoderne wêreld. Raman Selden en Peter Widdowson merk op dat Baudrillard se kerngedagtes gesentreer is rondom n hiperrealiteit (1993:180): His increasingly apocalyptic and hyperbolic statements in this post-1970 s period include the sensationalist messages of the loss of the real and of the appearance of the culture of hyperreality, in which models determine yet undermine the real. Baudrillard se hoofteorie is gebaseer op die simulacra die voorstelling van die werklikheid. Selden en Widdowson voer aan dat daar volgens Baudrillard nie meer n ware wêreld is nie: In the epoch of simulation reality is gone for good and we are left only with appearance ( ) [t]here is no longer a real external world to which signs can refer; there has been an implosion of image and reality. Baudrillard se nihilistiese kommentaar op die moderne wêreld en sy kommentaar op die einde van geskiedenis, sluit aan by Winterbach se argivale bestekopname van die verlede: Baudrillard sees postmodernity repeatedly in terms of the disappearance of meaning, of inertia, exhaustion and endings, whether of history or subjectivity (1993:180). Dié siening opper die alternatief: for society, theory and art is the option to recombine, repeat, relaunch the scattered pieces of a (lost) past (1993:181). Dít is presies wat Winterbach doen met haar eie voorstelling van die Anglo-Boereoorlog in haar oeuvre: Sy gebruik die roman as artefak om die verbrokkelde en verspreide brokke van n verlore verlede te herkonstrueer, te herhaal en tot nuwe lewe te bring. Baudrillard verduidelik in sy essay After the Orgy dat ons in n tydperk leef waarin alle sektore van die samelewing reeds geliberaliseer is en waar ons noodgedwonge die verlede herhaal (1993:4): This is the state of simulation, a state in which we are obliged to replay all scenarios precisely because they have all taken place already, whether actually or potentially. The state of utopia realized, of all utopias realized, wherein paradoxically we must continue to live as though they had not been. But since they have, and since we can no longer, therefore, nourish the hope of realizing them, we can only hyper-realize them through interminable simulation. We live amid the interminable reproduction of ideals, phantasies, images and dreams which are now behind us, yet which we must continue to reproduce in a sort of inescapable indifference. Dié herhaling van temas en ideale sien mens in vandag se samelewing. In Suid-Afrika is die stryd vir vryheid en onafhanklikheid n goeie voorbeeld. Eers het die Boere in die Anglo-Boereoorlog gestreef 2

na vryheid en onafhanklikheid van Brittanje, en daarna het die swartmense gestreef vir bevryding van die oorheersende wit mag tydens die apartheidsera. Baudrillard merk in sy essay Gesture and Signature: Semiurgy in Contemporary Art op dat kuns as representasie herken moet word en nie geanaliseer behoort te word nie (1981:103): In a world that is the reflection of an order (that of God, of Nature or, more simply, of discourse) in which all things are representation, endowed with meaning and transparent to the language that describes them, artistic creation proposes only to describe. The appearance of things has the keys to the city, being itself the signature of an order that is given there to be recognized and not to be analyzed. In dié geval kan ook na die literêre kunswerke van Winterbach gekyk word wat op n kreatiewe vlak n representasie van die geskiedenis weerspieël. Baudrillard voer aan: The oeuvre wishes to be the perpetual commentary of a given text, and all copies that take their inspiration from it are justified as the multiplied reflection of an order whose original is in any case transcendent (1981:103). Dié gegewens kan toegepas word op alle romans met n spesifieke tema of wat gebaseer is op n spesifieke gebeurtenis. In die geval van Winterbach is die spesifieke gebeurtenis die Anglo-Boereoorlog. Die oeuvre van Anglo-Boereoorlog tekste dien as perpetual commentary of a given text soos in die geval van Niggie waar kreatief omgegaan word met historiese feite uit dié tydperk en gevolglik Winterbach se eie representasie van die werklikheid is. Hierdie studie fokus op die kreatiewe verwerking van Anglo-Boereoorlog materiaal in Ingrid Winterbach (vroeëre skrywersnaam Lettie Viljoen) se Niggie (2002) met spesifieke verwysing na die Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers, 1899-1902 (1978) en ander Nederlandstalige tekste soos Totius se Vier-en-sestig dae te velde: n Oorlogsdagboek (1977). My probleemstelling is n vraag na die aard en funksie van die Anglo-Boereoorlog materiaal in Winterbach se nuutste roman. Waarom is daar die volgehoue fokus en kreatiewe verwerking van Anglo-Boereoorlog tekste in Winterbach se oeuvre (soos veral ook in Belemmering, 1990, Karolina Ferreira, 1993 en Buller se plan, 1999)? Hoe verwerk sy dié materiaal? Wat is die funksie daarvan, en wat is die impak op die Afrikaanse leser n eeu na afloop van dié oorlog? n Histories-literêre en literêr-analitiese ondersoek is gemaak van Nederlandstalige en Afrikaanse tekste wat fokus op ervarings uit die Anglo-Boereoorlog. Uit hierdie voorafstudie het dit duidelik geword dat op parallelle wyse met die literêre náwerking en vérwerking van die holocaust in Duitsland, Nederland (vergelyk J.L. Goedegebuure se tersaaklike studie van 2002) en elders, die 3

Anglo-Boereoorlog ook steeds n sterk literêre tema in resente Afrikaanse letterkunde is. Prominente Afrikaanse romans soos Op soek na Generaal Mannetjies Mentz (1998) van Christoffel Coetzee, Klaas Steytler se Ons oorlog (2000) asook Niggie (2002) van Winterbach is opvallende voorbeelde hiervan in die hoofstroom van die Afrikaanse letterkunde. n Intensiewe studie van Niggie het dit boonop duidelik gemaak dat daar sterk kreatiewe verwerking in hierdie teks is van ouer en meer resente outobiografiese tekste en romans wat handel oor die Anglo- Boereoorlog. In eerste resensies van Niggie blyk dit duidelik dat ten spyte van n gunstige ontvangs die begrip van Winterbach se teks nie indringend is nie. Dit dui oënskynlik op n toenemende vervreemding tussen Winterbach as eksperimentele en vernuwende prosateur en haar lesers en kritici. Herkenning van die intertekste van Celliers, Totius en talle ander, maak duidelik dat Niggie n komplekse en verwikkelde teks is waarvan vele aspekte en tegnieke nog nie voldoende benoem en raakgesien is nie, soos veral die intertekstuele spel met ander Anglo-Boereoorlog materiaal. Aangesien die gebrekkige resepsie van Niggie nie juis die intertekstuele spel herken nie, beoog ek ontsluiting van die roman deur eerstens n spesifieke nasporing van die kreatiewe verwerking van Celliers se dagboek (asook dié van Totius, A.D. Lückhoff en ander) wat in die periode onmiddellik na die Anglo-Boereoorlog ontstaan het. Tweedens spoor ek die intertekstualiteit met meer resente Afrikaanse literêre tekste na soos Coetzee se Op soek na Generaal Mannetjies Mentz (1998), Steytler se Ons oorlog (2000) en Etienne Leroux se Magersfontein, O! Magersfontein (1976). Die doel is uiteindelik n deeglike studie van Winterbach se eksperimentering met tekste oor die Anglo-Boereoorlog, en n deeglike ontsluiting van die roman. Begrip van die aard van die intertekstuele spel met Celliers se dagboek is die sleutel tot dié procedé nie net in Niggie nie, maar ook in Winterbach se ander Anglo-Boereoorlog romans (Belemmering, Karolina Ferreira, Buller se plan). Die term intertekstualiteit word gebruik in die hedendaagse literatuurstudie om aan te duiden dat een literaire tekst gesitueerd is tussen andere teksten en er vaak op teruggaat (H. van Gorp 1998:221). Daar is meer as een benadering tot hierdie tipe studie: Een intertekstuele benadering (b.v. in de vergelijkende literatuurstudie en in de literatuurgeschiedenis) wordt aldus onderscheiden van een (intra-)tekstuele benadering (d.w.z. beperkt tot de desbetreffende tekst zoals in de literaire kritiek) en 4

een contextuele benadering (d.w.z. vanuit de maatschappelijke context) (Van Gorp 1998:221). In hierdie studie word intertekstualiteit hoofsaaklik benader vanuit n intertekstuele invalshoek soos gebruik word in vergelykende literatuurstudie. In die teoretiese besinning oor intertekstualiteit, wat geïnspireer is deur die Russiese filosoof, Mikhail Bakhtin, word die onderhawige teks beskou as ingeskryf in die kader van ander tekste en daaruit verkry hierdie teks haar eie betekenis: hij plaatst zich in een genretraditie (generieke intertekstualiteit), of verwijst naar andere teksten b.v. door parodie, allusie, citaat (Van Gorp 1998:221-222). Van Gorp brei op sy verduideliking uit: Het autonome, eenmalige karakter van de tekst wordt hierbij sterk gerelativeerd omdat de tekst zich aldus bevindt op het snijpunt van zoveel andere teksten, waarvan hij de repliek, de herlezing, de verschuiving, de verdicting, de oplossing, enz. is (1998:222). Die term intertekstualiteit (Latyn inter, tussen beteken) is in 1969 deur Julia Kristeva gemunt in Sémiòtiké (1969:146): tout texte se construit comme mosaïque de citations, tout texte est absorption et transformation d un autre texte. À la place de la notion d intersubjectivité s installe celle d intertextualité Sy benader die literêre werk as teks vanuit n semiotiese hoek en sien literatuur as n netwerk van interrelasies waarin die verskillende tekste as tekens fungeer wat na mekaar verwys. Maar die begrip teks is vir haar nie net beperk tot talige tekens nie (1980:37): The concept of text as ideologeme determines the very procedure of a semiotics that, by studying the text as intertextuality, considers it as such within (the text of) society and history. In die semiotiek kry die term intertekstualiteit n ruimer toepassing: Men bedoelt er dan mee dat al wat ons omgeeft als tekst kan worden beschouwd, b.v. de cultuur, de politiek, enz. De talige tekst, i.c. het literaire werk, wordt dan gesitueerd tegenover deze teksten (Van Gorp 1998:222). Hierdie teksgebeure word beskou as n weefproses (Latyn Textus = weefsel) waarby elke betekenis in ander betekenisse ingeweef word: De tekst is een betekenisknoop die naar verschillende culturele codes verwijst. Het geheel van codes dat de cultur uitmaakt, is op een gelijkaardige manier ineengestrengeld tot een textuur. Literaire, muzikale, politieke, wetenschappelijke en picturale teksten vormen alzo het weefsel dat het Boek der Cultuur is (Van Gorp 1998:222). 5

Dit is in hierdie opsig dat Celliers se dagboek wat ongeveer die hele periode van die oorlog dek, tussen 28 Oktober 1899 en 17 Julie 1902, van belang is. Celliers bied n romantisering van die lewe in die veld (Helize van Vuuren 2002:96) en dié siening van die oorlog verskil drasties van die een wat Winterbach in Niggie bied. Laurent Jenny wys op die belangrikheid van intertekstualiteit in die literêre gemeenskap (1982:34): Without intertextuality, a literary work would simply be unintelligible, like speech in a language one has not yet learned. We grasp the meaning and structure of a literary work only through its relation to archetypes which are themselves abstracted from long series of texts of which they are, so to speak, the invariants. Jenny merk op: What is characteristic of intertextuality is that it introduces a new way of reading which destroys the linearity of the text (1982:44). Dit is van belang omdat elke intertekstuele verwysing n geleentheid skep vir n alternatief: either one continues reading, taking it only as a segment like any other ( ) or else turns to the source text, carrying out a sort of intellectual anamnesis where the intertextual reference appears like a paradigmatic element (1982:44). Jenny noem dat die alternatief net beskikbaar is vir die analiseerder, aangesien twee prosesse gelyktydig plaasvind: These two processes really operate simultaneously in intertextual reading and in discourse studding the text with bifurcations that gradually expand its semantic space (1982:44-45). Michael Worton en Judith Still verduidelik die begrip van intertekstualiteit as volg (1990:1): The theory of intertextuality insists that a text (for the moment to be understood in the narrower sense) cannot exist as hermetic or self-sufficient whole, and so does not function as a closed system. Dit gebeur om twee redes: Firstly, the writer is a reader of texts ( ) before s/he is a creator of texts, and therefore the work of art is inevitably shot through with references, quotations and influences of every kind. Ten tweede is n teks (1990:1-2): available only through some process of reading; what is produced at the moment of reading is due to the crossfertilisation of the packaged textual material ( ) by all the texts which the reader brings to it. A delicate allusion to a work unknown to the reader, which therefore goes unnoticed, will have a dormant existence in that reading. On the other hand, the reader s experience of some practice or theory unknown to the author may lead to a fresh interpretation. Die rol van intertekstualiteit is slegs een faset van die interpretasie van n teks. Umberto Eco wys daarop dat die skrywer verantwoordelik is vir die oordra van sy of haar boodskap (1979:7): To make his (sic) text communicative, the author has to assume that the ensemble of codes he (sic) relies upon is the same as that shared by his (sic) possible reader. The author has thus to foresee a model of the 6

possible reader. Eco merk verder op (1979:10): The reader is strictly defined by the lexical and the syntactical organization of the text: the text is nothing else but the semantic-pragmatic production of its own Model Reader. Gevolglik is dit noodsaaklik dat die leser die nodige agtergrondkennis van die roman se tema het. In die geval van Winterbach moet die leser verkieslik Afrikaanssprekend wees en oor die nodige geskiedkundige kennis van Suid-Afrika beskik. n Griek in Kreta sal nie n ideale leser vir haar werk wees nie, al word die teks vertaal omdat dié leser nie oor die nodige agtergrondskennis beskik nie. Eco sluit aan by Kristeva, Jenny, Worton en Still met sy uitspraak dat die leser die teks met intertekstuele betekenis laai (1979:21): No text is read independently of the reader s experience of other texts. Intertextual knowledge can be considered a special case of overcoding and establishes its own intertextual frames. Intertekstuele raamwerke is alreeds literary topoi, narrative schemes (1979:21), in teenstelling met algemene ( common ) raamwerke waar die leser inligting van hul storage of encyclopedic knowledge (1979:21) verkry en dié kennis is hoofsaaklik rules for practical living (1979:21). My hipotese is dat dié roman verskeie intertekste en historiese materiaal oor die Anglo-Boereoorlog gebruik om striemende kommentaar op die eietydse situasie en die aard van die mens, asook die Afrikaner, die stand van Afrikaans en die Nuwe Suid-Afrika te lewer. Dit kan onder andere gesien word in die bykans argeologiese ontginning van die Afrikaanse taal op fonologiese en leksikografiese vlak wat na vore tree in die lang katalogus van verwante woorde (2002:29-30,172) asook die gedekontekstualiseerde monologiese voortbrengsels van die deur-oorlog-getraumatiseerde Abraham: In Niggie word verskillende soorte taalgebruik op die voorgrond geplaas deur middel van n verskeidenheid tegnieke soos die katalogiserende opnoem van dier- en plantname, slagvelde en plekname, woordspeletjies en idiosinkratiese taalgebruik deur karakters (Philip John 2004:3). Niggie is besonder heg verweef, meervlakkig en fyn gestruktureer en dit is juis die aspekte van intertekstualiteit en historiografiese metafiksie wat die sleutels bied tot dié roman se meerdimensionaliteit. Voorlopige navorsingsvrae sluit in: Op watter wyse moet die enigmatiese elemente in die teks ontsluit word, soos byvoorbeeld die triekstervrou met die verehoedjie? Wat is die implisiete ideologiese 7

houding van die outeur in die teks teenoor die Anglo-Boereoorlog? In hierdie opsig sal gekyk word na temas soos godsdiens, swartmense se rol in die oorlog en gender-rolle in die teks, wetenskaplike en ideologiese (evolusie) debatte, die rol van die intellektueel tussen eenvoudige mense, heldeverering van strydvegters, taal, styl en intertekste. Die ondersoek word benader vanuit n literêr-analitiese perspektief, met as vertrekpunt n resepsiestudie van die roman, en besondere klem op die opvallende intertekstuele spel in Niggie. n Intertekstuele benadering voorkom die evaluatiewe hiërargie van invloedstudies, en die simplistiese aannames daarvan; terwyl dit aan meer resente én ouer tekste n gelykwaardige plek in die studieveld toeken, met aandag vir die implikasies wat die interaksie vir al die betrokke tekste het. Ek beoog om die kloof tussen die resepsie van dié roman (sien onder meer L.S. Venter, 2002, Petra Müller, 2003, Thys Human, 2002) en die Afrikaanse leser te oorbrug, deur veral die intertekstuele en historiografies-metafiksionele inslag van Niggie te ondersoek. Hierdie ondersoek sal hopelik nie net helderheid rondom Niggie skep nie, maar ook aantoon dat Ingrid Winterbach een van die mees vernuwende en mees eksperimentele eietydse Suid-Afrikaanse skrywers is. 8

1. Vroeëre Viljoen/Winterbach-romans met Anglo-Boereoorlog materiaal Winterbach het gedebuteer onder die skrywersnaam, Lettie Viljoen, met die roman Klaaglied vir Koos (1984). Daarna verskyn Erf (1986), Belemmering (1990), Karolina Ferreira (1993) en Landskap met vroue en slang (1996). Hierna het sy haar eie naam teruggeneem, Ingrid Winterbach, en Buller se plan (1999) gepubliseer, asook Niggie (2002). Winterbach se gebruik van Anglo-Boereoorlog materiaal as raamwerk en interteks in haar oeuvre is veral prominent in Belemmering, Karolina Ferreira, Buller se plan en Niggie. In die laaste geval word daar nie net na die Anglo-Boereoorlog as volksgeskiedenis verwys nie, maar is die vertelruimte inderdaad dié vervloë tydperk, n laagte- sowel as hoogtepunt in die Afrikaanse historiese verlede. Hettie Scholtz merk op oor Winterbach se verwerking van Anglo-Boereoorlog boustof (Insig Maart 2000 1 ): Haar belangstelling in geskiedenis loop soos n goue draad deur haar werk; nie as akademiese vakdissipline nie maar geskiedenis as verhaalstrategie, geskiedenis as narratiewe kunsgreep. Winterbach beeld, volgens Scholtz nie slegs een persepsie van die verlede uit nie: Nie een geskiedenis nie, maar n verskeidenheid relativerende geskiedenisse wat op onverwagse en onvoorspelbare maniere saamlê ( ) (2000). As agtienjarige student aan die Universiteit van die Witwatersrand waar sy skone kunste studeer het, het Winterbach n uitgerekte korrespondensie gevoer met die skrywer Etienne Leroux wat neerslag gevind het in die roman 18-44 (1967). M.P. Human verwys na dié uitsonderlike geval en lewer die kommentaar dat Winterbach waarskynlik een van die min skrywers in Afrikaans is wat gedebuteer het nog voordat sy self n verhaal gepubliseer het (2004:32). n Logiese gevolgtrekking van dié korrespondensie is dat Leroux Winterbach as jong skrywer beïnvloed het. Dit is egter, soos Van Vuuren tereg opmerk (1992:189), veiliger om die begrip intertekstualiteit eerder as invloed te gebruik, juis omdat dit die leesproses wegstuur van n lineêre leesmetode (aangehaal in Human 2004:35). Die term intertekstualiteit impliseer dat daar n dubbele leesaksie plaasvind: op die eerste vlak word daar gelees wat daar (in n teks of oeuvre) staan, en 1 Resensies is elektronies opgespoor en gevolglik ontbreek die bladsynommers soms. 9

terselfdertyd word die leidrade opgevolg wat heenwys na een of meer intertekste (Human 2004:35-36). Volgens Kristeva is n literêre teks a permutation of texts, an intertextuality: in the space of a given text, several utterances, taken from other texts, intersect and neutralize one another (1980:36). Volgens Human deel die oeuvres van Leroux en Winterbach die sentrale begrippe van die individuasie- en inisiasieproses wat individue telkens moet deurmaak (2004:39). Hierdie prosesse word dikwels as psigologiese reise gesien; as pogings om die strydige eienskappe in die psige te verenig (Human 2004:39). By albei is naamgewing ook van belang (Human 2004:44) en voorts deel hulle n ironiese en/of satiriese ingesteldheid (Human 2004:44). Dié ironiese ingesteldheid blyk ook uit die posisie wat hulle teenoor hul skeppings handhaaf. In n onderhoud met Stephanie Nieuwoudt praat Winterbach oor dié korrespondensie met Leroux (Plus 26 Oktober 2002:4): Op 18 het jy n klomp ongedifferensieerde energie. Waar ek nou die energie in my skryfwerk kan kanaliseer, het ek destyds nie geweet ek gaan eendag skryf nie. Die uitweg vir my ongevormde impuls was om briewe te skryf. Dalk is die skryf van briewe die eerste manifestasie van die begeerte om te skryf. Deel van hierdie ongevormde drif was seker ook die libidinale impuls. Maar dis moeilik om jou nou terug te verlaas na toe jy 18 was en om beweegredes te vind vir jou dade. Winterbach vertel dat Leroux se aanname dat ek skeppende werk van een of ander aard sal lewer, miskien selfs sal skryf soos n leitmotief deur die korrespondensie geloop het (aangehaal in Human 2004:170). Sy merk op dat hy in hierdie sin vir haar n mentor was: Daarvoor is ek hom dankbaar. Ek het toe nog geen plan gehad om skrywer te word nie, en geen vermoede van hoe my skrywerslewe sou verloop nie (aangehaal in Human 2004:170-171). Scholtz verwys na Winterbach se sterk visuele inslag in haar romans, wat waarskynlik deur haar ander loopbaan, as beeldende kunstenaar, beïnvloed word, en noem dat sy: in een roman na die ander met n merkwaardige intensiteit van kleur inskryf teen konvensies in, haar ryk genuanseerde romans n geil weiveld vir avontuurlike lesers. Maar altyd met n deerniswekkende soeke na die betekenis van die lewe (Insig Maart 2000). Winterbach se werk word getipeer deur n sterk element van donker humor, wat oënskynlik nie altyd deur kritici raakgesien word nie. Scholtz merk oor dié sin vir humor in haar romans en lewe op: n Behoefte aan humor en aan humouring : as versterking teen moedswilligheid en misverstand en die onthutsende gedaante van die tye (2000). 10

1.1 Belemmering (1990) In 1990 verskyn Belemmering, Winterbach se eerste groot roman (Klaaglied vir Koos en Erf is albei veel korter novelles). Die soeke na n eie identiteit staan voorop in die roman, waar drie narratiewe lyne afwisselend aangebied word. Die twee sentrale verhaallyne vleg deur die teks. Die eerste is die verhaal van n groep mans op n geheimsinnige (moontlik militêre) sending iewers in die berge. Hulle bestudeer hul kaarte, bespreek verskillende strategieë, en bespied die landskap terwyl hul op hul leier, Geelgert, wag. Teenoor dié storielyn is daar die verhaal van Hannah, n paleontoloog wat uit die Noorde kom en haar aan die Kaap vestig. Deur middel van terugflitse word n familiekuier herroep waartydens herinneringe aan die 1914-Rebellie en die Anglo-Boereoorlog ter sprake gekom het. In n derde narratiewe lyn tree n ongespesifiseerde Generaal C in n byna surrealistiese vertelling op. Belemmering is n ryk polifoniese roman met 105 genommerde afdelings wat oënskynlik nie n geheel vorm nie. Gunther Pakendorf beskryf Belemmering as n metaforiese teks en verduidelik wat dit behels (Die Burger 14 Mei 1991): Vir hierdie teks-tipe is die chronologiese afloop van die verhaal en die logiese verbinding daarvan tot n sinvolle geheel nie die bepalende element nie. Die betekenis ontstaan eerder uit die paradigmatiese, of simboliese, waarde van elke segment van die teks. In dié sin kan Belemmering as n postmodernistiese teks beskryf word, wat nie so toeganklik as n gewoon realistiese teks is nie. Eduan Swanepoel beskryf Belemmering as volg in Vrye Weekblad (25 April 1991): een van daardie rare tekste waaruit die titel reeds n aanduiding is van die inherente, struktureel gemotiveerde lesersrol. In n teks waar dit gaan oor die mens se soeke, verlangens, ontdekkings, ontginnings, kortom: om die moeisame (belemmerde) proses van tot kennis, insig, begrip kom, neem die leesproses n parallelle rol aan: leser en karakter vorder stadig, dikwels verward, soms van koers af met nêrens n duidelike of maklike blik op n groter geheel of op n herkenbare baken nie. Swanepoel merk op dat die sleutel tot die ontsluiting van dié teks vir hom in die kaartwerk lê wat verband hou met die leesstrategie (1991): Vir my lê die sleutel tot die betekenis van dié teks in die sentrale aksie waarmee die groep mans hulle besig hou: kaartwerk. Wat insluit: die lees van die omringende ruime vanuit gegewens op die kaarte, die opgradering van die kaarte vanuit gegewens wat in die bergruimte waargeneem word en uiteindelik die beplanning en herbeplanning ad infinitum van strategieë uit die wisselwerking tussen kaart- en landskapsinligting. Dié opgradering van kaarte vanuit gegewens in die landskap, of meer spesifiek n bergruimte, herinner 11

aan Coetzee se Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) waarin die generaal en sy manskappe, meestal Blink Frans Naudé, die kaartwerk gedoen het en alle besonderhede van die bergreekse ( Die Poorte ) waarin hulle hulself bevind het, aanteken. Hannah roep haar ouma-hulle se ondervinding van die Anglo-Boereoorlog op toe hul in die Bosveld gaan skuil het: Tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het haar ouma-hulle aan vaderskant hulle plaas in die huidige Waterval-Boven-distrik verlaat om hier teen die Engelse te skuil ( ) terwyl hul mans op kommando was (1990:38). In teenstelling met dié Anglo-Boereoorlog gegewe, staan die swart karakter, Mashishi (historikus en aktivis) in dié tydperk aan die einde van die apartheidsera. Op byna satiriese en slim wyse beskryf Winterbach dié man se persoonlikheid deur te verwys na hoe hy sy tee nuttig: sy bewegings is baie stadig en deliberaat die manier waarop hy sy tee roer, die koppie na sy mond bring (1990:36). Hannah vra ook vir Oom en Tante ure lank uit oor die familie- en volksgeskiedenis, asook individue se geskiedenisse. Hoe meer leemtes ingevul word, hoe minder kan sy die toekoms bou op die goeie wat uit die verlede gehaal is (so n onvolkse volksboek!) (Swanepoel 1991). Die familiegeskiedenis hoor sy hoofsaaklik by Tante, en die volksgeskiedenis word aan haar oorvertel deur Oom. Dit is opvallend dat generiese familie-gerigte naamgewing reeds in Belemmering voorkom en later op selfs uitgebreider wyse in Niggie verskyn. Oom vertel haar van insidente soos die Eerste Vryheidsoorlog, die Slag van Majuba, die 1922-staking (en) die Oom Dirkie se rol in die OB (Louise Viljoen 1993:319). Hy verwys ook na veldslae soos dié van Magersfontein (1990:140) en na Engelse generaals soos lord Methuen, lord Kitchener en sir Redvers Buller ou Rooiversbul (1990:140). Daar is n raakpunt tussen Belemmering (1990) en Niggie (2002), buiten vir die oorloggegewens, in die verwysing na trieksters. In Belemmering tree Geelgert in absentia as leier op vir die groep mans in die berge. Daar word gesê Geelgert het éintlik die hand van jou aartstrickster, jou wáre poetsbakker, jou argetipiese gedaanteverwisselaar (1990:181). In Niggie kom dié idee van n trieksterfiguur tot vervulling met die verskeidenheid trieksters in dié roman. Die voor die hand liggendste van dié is Oompie, wat direk by hierdie trieksterdiskoers betrek word met: Oompie ken baie trieks (2002:42). Dit is ook opvallend dat die woord aartstrickster (1990:181) in die Engelse vorm ( trickster ) staan en in Niggie het dit gewysig tot die verafrikaanste woord triekster. Viljoen lewer insiggewende kommentaar op Belemmering (1990) en al is haar uitspraak gemik op dié 12

roman, is dit steeds van toepassing op Niggie (2002) waar Winterbach deur heteroglossie die spanning in die Suid-Afrikaanse samelewing weerspieël (1993:325): Miskien reik Afrikaans met die problematiese konnotasie van onderdrukkerstaal juis deur hierdie soort roman op die mees betekenisvolle manier uit. Deur te wys dat alle taal ook Afrikaans bestaan uit n verskeidenheid diskoerse wat juis inbeur téén die daarstel van n amptelike monoloog, word die ruimte van Afrikaans ten beste aan die leser getoon. 1.2 Karolina Ferreira (1993) Karolina Ferreira (1993, heruitgawe 2003, Engelse vertaling sopas verskyn as The Elusive Moth, 2005) word beskryf as n makliker teks as Belemmering, maar is tegelykertyd ook n meerfasettige prosawerk. Soos in Belemmering word daar weer op n vrou se posisie in n patriargale samelewing en op haar soeke na n eie identiteit gekonsentreer. Terselfdertyd word die psige van witmense ondersoek soos dit in hulle lewens op die plattelandse dorpie Voorspoed manifesteer, op die vooraand van die politieke transformasie tot die Nuwe Suid-Afrika. Die roman lewer kommentaar op die politieke toestand in die land en gee insigte oor vroulike seksualiteit en die beperkinge wat daar aan vroue gestel word binne die patriargale sisteem. Dié roman is bekroon met die M-Net-boekprys (Afrikaanse afdeling) in 1994, was die naaswenner vir die CNA-prys vir Afrikaanse literatuur in 1994, en word in 1997 met die Ou Mutualletterkundeprys bekroon. Die verhaal handel oor n entomoloog, Karolina Ferreira, wat na die fiktiewe dorpie Voorspoed in die Noord-Oos Vrystaat gaan om navorsing te doen oor n seldsame motspesie, en hul oorlewingstrategieë in dié droeë, ongunstige omstandighede. Op pad na hierdie Vrystaatse dorpie laai sy vir die bruinman, Willie September op. Hy is n kenner van medisinale plante en gaan na Voorspoed vir navorsing en om by n Argentynse deskundige meer te leer oor natuurgenesing. Karolina se verblyf duur agtien weke en strek vanaf die somer tot in die herfs. Daar is n mistieke karakter in die roman soos in Jess se betrokkenheid by Boeddhisme, Adelia se fassinasie met die mistiek, die waarsêer se voorspelling en in die heldersiende Willie wat weet wanneer iemand gaan sterf. Die fortuinverteller en ook Willie met sy bonatuurlike vermoëns is n raakpunt met die magiese in Niggie. 13

Louise Viljoen poneer dat Adelia se opmerkings oor die mistiek n leidraad is tot die mistieke metaforiek van die roman (De Kat Maart 1994). Volgens haar maak mistieke taal gebruik van metafore van vuur en water, van brand, van smelt, van dors en van drink (2003:142). Viljoen merk op dat dit ook so in die taal van die roman gebeur. Karolina omskryf byvoorbeeld haar minnaar Jess in terme van vuur, vir Pol in terme van water (1994). Hierdie gegewe is boeiend, want tradisioneel word mans in terme van vuur (aksie, passie) beskryf en vroue in terme van water (koel, passief, onderbewussyn). Karolina metamorfoseer wanneer sy dans, in wat as n byna mistieke ervaring beskryf kan word waarin sy n lat word, n tou, n wilg, n slang, n vlam, n brandende fakkel, n towenares (2003:175). Karolina transformeer vanuit haar vroueliggaam na die element wat tradisioneel vir mans voorbehou is, n vlam, n brandende fakkel. Hierin is waarskynlik iets gesuggereer van kreatiwiteit, transendensie die aardse alledaagsheid, n element tiperend van die kreatiewe kunstenaar. Die heldersiende Willie is moontlik n uitwysing na die trieksterfiguur, Oompie, in Niggie (2002), wat ook heldersiende is. Dié konneksie blyk duidelik uit Willie se verklaring: Daar s geen trieks aan nie (2003:19). Dié verband tussen hierdie twee tekste word verder versterk wanneer Kieliemann op dieselfde bladsy beskryf word met smal Oosterse oë (2003:19), net soos Oompie se Oosterse oë. Gerrit Olivier merk op oor die twee belangrikste ruimtes in dié roman, naamlik die snoekerkamer en kroeg, en die veld waar Karolina en Willie hulle navorsing doen (Vrye Weekblad 13 Januarie 1994): As die kroeg en snoekerkamer die plek is waar die moorddadig depressiewe mans saamdrom, dan is die oop veld die ruimte van die klein besonderheid en die plek waar middele tot genesing gevind kan word. Hierdie perspektief word, volgens Olivier, ondersteun deur die oordadige muurpanele in die hotel, waar die taferele van veldslae teen die grootsheid van n natuurlike omgewing tot onbenulligheid verskrompel (1994). Olivier meld ook dat met dié historiese agtergrond, en die feit dat die berg Majuba in die nabye omgewing is, (daar) n ironiese en satiriese blik op die ondergrondse magstryd in die dorp (ontstaan) (1994). In Karolina Ferreira is dit duidelik dat Winterbach hede en verlede jukstaponeer. In Niggie gebruik sy dieselfde tegniek, maar die verhaal, anders as by Karolina Ferreira waar daar net na die verlede verwys word, speel Niggie teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog af en word daar slegs implisiet kommentaar op die hede gelewer. Winterbach verwys veral in Karolina Ferreira na die Anglo-Boereoorlog en die Britse verskroeide aarde-beleid: Byna n honderd jaar gelede het Boer en 14

Brit vrylik hier rondbeweeg. Hierdie provinsie was toe n betwiste gebied. Vroue, kinders en swartes is in groot stofwolke soos troppe diere hier rondgejaag. Die aarde is afgebrand (2003:21). Winterbach se verwysings na die verlede is soos n fyn draad wat dié wêrelde van die hede en verlede met mekaar verbind. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis met die slagvelde en herdenkings word telkens in die leser se heugenis opgeroep deur haar doelbewuste verwysings na dié konkrete plekke, maar ook op subtiele wyse soos deur veelseggende straatname van belangrike historiese figure in dié klein dorpie. Die verwysing na belangrike historiese figure laat mens onmiddellik dink aan byvoorbeeld die Boeregeneraals en ander heldhaftige stryders, wat wel manifesteer in die naamgewing van die karakters Delarey en Beyers, maar in dié roman waar die vrou sentraal staan, is dit net passend dat Winterbach ook na Johanna Brandt verwys wat deur haar verpleging en spioenasiediens aktief opgetree het in die oorlog om lewens te red (sien 2003:32, 54). In Karolina Ferreira is daar talle verwysings na Majuba (die koppie buite die dorpie Voorspoed) waar die Boere die Engelse in 1881 verslaan het (2003:56, 57, 60), verwysings na ander gebeure en figure in die Anglo-Boereoorlog (sien byvoorbeeld 2003:28, 62, 149, 150, 156), na n oorlogslied (2003:169), na die Dis-Al-Motel (2003:154, 155) wat waarskynlik dui op Jan F.E. Celliers se beroemde ballingskapgedig Dis al. Maar die belangrikste verwysing is seker dié van die ses manjifieke, tog paradoksale muurpanele in die eetkamer wat die lewe in die Paradys teenoor verskeie veldslae uitbeeld. Die belangrikheid van dié panele kan gesien word uit die talle verwysings daarna (sien 2003:22, 74, 92, 96, 102, 120, 141, 148, 173, 176-180). Twee panele beeld die idilliese lewe uit met n atmosfeer van dreigende onheil (2003:71), terwyl die ander vier panele konfrontasie uitbeeld soos die Slag van Majuba, die beleg van Ladysmith, die Slag van Isandlwana, en n wit strafekspedisie na n swart vesting (2003:71). By die panele word die ganse kosmos betrek (2003:71) en veelseggend genoeg word die menslike handeling nietig uitgebeeld, verdwerg deur die teenwoordigheid van die natuur (2003:72). Adelia, wat uit Suid-Afrika geëmigreer het, beleef n oomblik van behoort wanneer sy opkyk na die panele in die eetkamer en besef: Iewers het ek ook deel aan hierdie geskiedenis (2002:140). Haar besef dat sy deel is van dié land se geskiedenis spreek boekdele oor elke mens in Suid-Afrika se aandeel aan die verlede. Louise Viljoen merk in die inleiding van die 2003 uitgawe van Karolina Ferreira op oor die rol van drome: Soos dikwels in die skrywer se romans, speel drome n belangrike rol in die verkenning van 15

die menslike psige. Sy maak die verdere stelling dat ruimtes soos (die) hotel op Voorspoed se snoekerkamer en ook die dansbaan funksioneer as ruimtes waarin die onbewuste lae van die psige na die oppervlak kom. Die belangrikheid van drome kan gesien word in die feit dat dié roman met n droom begin en dat daar talle kere deur verskillende karakters gedroom word (sien byvoorbeeld 2003:21, 22, 29). Drome speel ook n prominente rol in Winterbach se nuutste roman, Niggie (2002). n Verdere raakpunt tussen dié romans is die veerdroom van Jess. Hy droom van n voël met die mees merkwaardige, helderkleurige, sellofaanagtige vere (2003:144), wat netjies aansluit by Niggie se tema oor die triekstervrou met die besonderse verehoedjie, waarvan die dromende boer die aanvalligheid nie kan beskryf nie, wat in verskeie drome haar verskyning maak (2002:8). Die triekstervrou se vere is ook helderkleurig en lyk soos dié van n berghaan (2002:8), terwyl Jess s n ook van n helderkleurige voël afkomstig is. 1.3 Buller se plan (1999) Die uitmuntende roman, Buller se plan (1999) is bekroon met die W.A. Hofmeyer-prys in 2000 en het ook op die kortlys vir die M-Net prys verskyn in dieselfde jaar. Die roman handel oor Esther Zorgenfliess wat die dorp Steynshoop in Natal besoek om haar neef Boeta tydens die begrafnis van Selene Abrahamson, n vrou wat hy liefgehad het, by te staan. Esther soek terselfdertyd ook haar vriendin, Fonny Alexander wat wreed aangerand is, op. Sir Redvers Buller, die Engelse generaal sentraal in die titel van dié roman, word in die geskiedenis as n swak strateeg uitgebeeld. Sy eerste poging om Ladysmith te ontset, het hopeloos misluk. Pretorius merk op dat Buller op verbeeldinglose wyse besluit het op n frontaanval van die Boerestellings (1985:17). Verder was sy verkenning totaal onvoldoende, sodat hy nie die posisie van die Boere kon bepaal nie en daar was selfs foute op sy kaart wat hy nie uitgestryk het nie (Pretorius 1985:17). Dit was fataal. In teenstelling met die Boereverliese van agt en dertig man, het Buller minstens 1 139 verliese gely (Pretorius 1985:17) in die Slag van Colenso op 15 Desember 1899. 16

Andries Visagie sê oor die titel dat Buller van plan was om n triomftog na Bloemfontein te mars. Hy moes egter noodgedwonge hierdie plan laat vaar om die Boere by Colenso aan te durf. Die daaropvolgende nederlaag lei uiteindelik tot sy professionele ondergang (Litnet 1999:2). Viljoen merk op die beskrywing van die Slag van Colenso raam as t ware die vertelling deurdat dit aan die begin en die einde van die roman geplaas word. Vanuit die agternaperspektief wat die geskiedenis bied, is dit duidelik dat Buller se plan (waarop die titel sinspeel) misluk het (Boekwurm 1999:1). Visagie beklemtoon ook dié punt: die slag van Colenso vorm in Buller se plan die historiese verwysingsraamwerk waarteen die eietydse gebeure in die roman gemeet word (1999:1). Dié historiese gegewens is egter nog nader aan die werklikheid as wat die leser sou verwag. Steynshoop is anderkant Colenso geleë. Dit is weliswaar ook n dorp met oorlogsgrafte, koeëldoppies uit die Anglo- Boereoorlog in die veld, n blokhuis, en n historiese Steynhuis (Van Vuuren 2000:2). Matilda Smith lewer ook kommentaar oor die landskap. Sy vind die idilliese landskapbeskrywing staan in sterk kontras met die oorlogsgebeure in dieselfde omgewing in die Anglo-Boereoorlog (1999:1). In Buller se plan oorheers geweld en waansin in die klein dorpie van Steynshoop. Maria Wildenboer bied die siniese kommentaar dat dit nog nooit vroeër juis beter gegaan (1999:88) het nie. Van Vuuren merk tereg op: Die geweld en dood van die Anglo-Boereoorlog wat deur die titel opgeroep word, is voor die hand liggende ondersteuning van haar opmerking (2000:3). Visagie lewer kommentaar oor Winterbach se fyn humor wat feitlik in elke hoofstuk wat sy skryf, insluip. Hy verwys spesifiek na die oneerbiedige humor waarmee die groep uitgelese vroue in die Steynhuis improviseer op die publikasie van die briewe wat Boervroue aan hulle mans geskryf het tydens die Anglo-Boereoorlog (1999:2): My liewe Man, sê Alberta Bourgeois, kroep en brongitis is ons voorland. Een tamatie sou wondere verrig. Ek het n swam opgetel wat soms virulent is. Die kinders en die honde en die paar getroue bediendes wat nie gedros het nie, het wurms. Ek is onherkenbaar vermager. Ons wag elke dag om weggeneem te word. Ek word mal en sluit af met n hewige virulente soen, jou liefhebbende vrou. Die swam, sê Maria Wildenboer, het ek by n besoekende Kakie opgetel aan wie ek ons laaste tamatie gegee het. Al brand hulle die huis af, en elke kosbare erfstuk daarin, ek sal nooit oorgee nie, sê Marta Vos (1999:142). Visagie let daarop dat Winterbach met dié wrang humor die vroue karakteriseer wat kennelik nie meer leef in n era waarin heldeverering die enigste vorm van diskoers was waaroor Afrikaners van hulle Boerevoorsate mag praat nie (1999:2). Dié roman van Winterbach sluit aan by die 17

afstandelike, ironiese blik waarmee Afrikaanse romanskrywers vanuit die jare negentig terugkyk op die Anglo-Boereoorlog (Visagie 1999:2). n Voorbeeld van karnivaleske humor is die groep mans se bespiegeling by die oorlogsgrafte in die veld oor die bewussynstroom van n eenvoudige Engelse soldaat in die Anglo-Boereoorlog (Van Vuuren 2000:5): Jakes vra: Wat sou deur die loop van n enkele dag deur die gemoed van n ongeletterde Kakie gaan, van skouspelagtige sonsopkoms tot skouspelagtige sonsondergang? Heroïese gedagtes, sê Salmon, die een heroïese gedagte na die ander: Wat sal ek eet? Waar sal ek kak? Sal ek die dag oorleef (1999:31)? Die titel van die roman hou die herinnering aan die oorlog heeltyd in die bewussyn van die leser. Maar, soos Van Vuuren tereg opmerk, wys ook die karakters se name terug na die 1899-1902 tydsgewrig (2000:11). n Voorbeeld hiervan is mnr. Mbulelo, die talking head na wie verwys word as Siener van Rensburg redivivus. Van Vuuren noem ook dat dit dikwels die geval is dat die stamboom van n karakter uitgelê (word) met verwysing na watter rol die oupa-grootjie in die Anglo- Boereoorlog gespeel het (2000:11). Dit is interessant om te let dat die magiese element van die waarsêer of talking head in Buller se plan verband hou met die karakter Oompie se pratende kop in Niggie. Dié heldersiende kop in Niggie, word in n fles versterkwater gepreserveer en maak voorspellings oor die einde van die oorlog. Ten slotte maak Viljoen die stelling dat dié roman tog op n hoopvolle noot (eindig) wanneer Esther aan die einde van die roman (net soos Buller se magte indertyd) die Tugelarivier oorsteek op pad na haar huis in die stad waar haar man en kind op haar wag (1999:1). Dié slot verskil drasties met Winterbach se volgende roman Niggie, waar daar nie sprake van n netjiese einde is nie. Talle vrae bly onbeantwoord en een van die hoofkarakters, Reitz, moet alleen die lewe tegemoet gaan. 18