Leraarspan: Freddie Schoeman ( ), Bianca van Graan ( ), Lodewyk Sutton ( )

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Mandala Madness Deel 2

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Kerssangdiens. SA Gemeente

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Direkte en indirekte rede *

Uit Moerdijk se pen Man en Media

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

SIZA takes the sting out of auditing

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Tariewe

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Tariewe

Maand-Krant OKTOBER 2013

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 27 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Hoe om krag te spaar

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Lydenstyd en Paasfees

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Dialoog en paragrawe *

Voorwoord. Original Research. Page 1 of 11. Author: D. Francois Muller 1. Affiliations: 1

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

G. J. du Preez

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Transcription:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 1 Desember 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG 1 DESEMBER Eerste Sondag in Adeventstyd Deurkollekte vir die Noodlenigingsfonds 09:00 Erediens: MAANDAG 2 DESEMBER 19:00 Bedieningspanvergadering WOENSDAG 4 DESEMBER Skole sluit 17:00 Biduur VRYDAG 6 DESEMBER 18:00 Koffiehuisbediening SONDAG 8 DESEMBER Tweede Sondag in Adventstyd 09:00 Erediens MAANDAG 9 DESEMBER DONDERDAG 12 DESEMBER!! Jolyt Vakansieprojek!! SONDAG 15 DESEMBER Derde Sondag in Adventstyd 09:00 Erediens MAANDAG 16 DESEMBER Dag van Versoening SONDAG 22 DESEMBER Vierde Sondag in Adventstyd 09:00 Erediens DINSDAG 24 DESEMBER 19:00 Oukersaanddiens WOENSDAG 25 DESEMBER 08:00 Kersfeesdiens (Dankoffer vir Bybel verspreiding) SONDAG 29 DESEMBER Eerste Sondag in Kerstyd 09:00 Erediens NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn ( 012 664 4458) VOORBIDDING Die matrikulante wat besig is met eksamen. Bid vir krag om te studeer en insig en wysheid wanneer hulle in die eksamenlokaal is. Anadra en Phillip Crafford (Van Riebeeckln 196) met Anadra wat met ʼn ernstige vorm van kanker gediagnoseer is. Sarie De Lange (Van Riebeeck 42, 0731606165) wat herstel na ʼn nekoperasie. Johan en Elmarie Potgieter (Hans Strijdomlaan 60, 082 928 5434) wat herstel na ʼn operasie. Boer Schoeman se Pa wat ernstig siek is. Bid vir ons land se padveiligheid vir die vakansie wat voorlê. Leraarspan: Freddie Schoeman (0845818139), Bianca van Graan (0714937668), Lodewyk Sutton (0721571190) 1

. 2

3

4

WORD DEEL VAN EEN VAN ONS GEBEDSNETWERKE OP "WHATSAPP" Skakel vir Tian Dry by 0823206477 As jy nie toegang tot WhatsApp het nie word dan deel van ons e-pos gebedsnetwerk deur 'n e-pos te stuur aan: gebed@lytteltonoos.co.za KLANKOPNAMES VAN PREKE IS BESKIKBAAR BY http://www.lytteltonoos.co.za HET JY INLIGTING OOR DIE GEMEENTE NODIG? Wil jy meer weet oor ons aktiwiteite of oor ʼn spesifieke bediening? Het jy ʼn Bybel in Engels of ander taal nodig vir iemand? Het jy ʼn vraag oor datums en reëlings? Wil jy graag inskryf vir ʼn kursus of ʼn kaartjie vir ʼn vertoning koop? Wil jy jou hulp aanbied? Wil jy graag weet hoe om lidmaat te word van die gemeente? Elke Sondag na die diens is daar ʼn inligtingstafel beskikbaar waar Tania Roos en haar span jou vrae sal antwoord. 5

6

450 Jaar: Die Heidelbergse Kategismus Hierdie jaar is die 450ste verjaarsdag van die Heidelbergse Kategismus. Die belydenisskrif vorm deel van ons kerk se belydenis grondslag. Kom ons as gemeente deel aan hierdie groot gebeurtenis deur weer te kyk na die agtergrond van hierdie belydenis. `n Aanhaling uit Willem D. Jonker se boek: Bevrydende waarheid: Die karkter van die gereformeerde belydenis. Wellington: Hugenote-Uitgewers, 1997, 1994 (elektroniese weergawe): 1. Die ontstaan van die Kategismus Die Heidelbergse Kategismus is op 19 Januarie 1563 deur die Sinode van die Gereformeerde Kerke in die Pfalz as n leerboek vir die jeug, maar daarmee de facto ook as n belydenisskrif aanvaar. Dit het tot stand gekom in opdrag van keurvors Frederik III wat tot die oortuiging gekom het dat die gereformeerde verstaan van die evangelie die suiwerste was. Hy wou toesien dat dié leer in die skole onderrig word, sodat die gereformeerde Reformasie in die hele vorstedom deurgevoer kon word. n Gesamentlike poging Die Kategismus was die resultaat van die gesamentlike arbeid van die Hoë Raad van Heidelberg, die Teologiese Fakulteit van Heidelberg, die superintendente en predikante, maar ook van die keurvorstelike hof. Tradisioneel is aanvaar dat die mees prominente figure daarin die hoogleraar Ursinus, die predikant Olevianus en keurvors Frederik III self was. Omdat die Kategismus egter die resultaat van kommissiewerk was, is dit onmoontlik om te bepaal watter rol die verskillende medewerkers by die totstandkoming daarvan gespeel het (Goeters:1963, 11 15; Hartvelt:1966, 14 17; Hollweg:1961, 124v; 1968, 38v; Neuser:1980, 288 290; Oberholzer:1989). Die Heidelbergse Kategismus sluit by die destyds reeds bestaande tradisie van reformatoriese kategismusse aan. Daar is drie dokumente van die hand van Ursinus wat se direkte voorarbeid vir die Kategismus in sy finale vorm beskou kan word: die Summa Theologiae, die Groot Kategismus met 323 vrae, en die Klein Kategismus met 108 vrae (Lang: 1967, III-CIV). Ursinus het daarin reeds gebruik gemaak van bestaande materiaal uit ander kategismusse, en met name ook uit die Kategismus van Geneve. Die Heidelbergse Kategismus kan egter nie direk op hierdie voorarbeid van Ursinus teruggevoer word nie. Wie ook al vir die eerste konsep verantwoordelik was, die eindproduk is klaarblyklik die vrug van arbeid in spanverband en is boonop so goed deurgewerk en oorgewerk, dat die eindproduk die resultaat van insette van verskillende kante was. Tot by die vierde uitgawe in November 1563 is daar nog wysigings aangebring, soos in die teksverwysings en veral in Vraag 80 wat oorspronklik ontbreek het, maar daarna in n gematigde vorm, en uiteindelik in die huidige vorm opgeneem is (Jacobs:1959, 60). Luther was van mening dat n kategismus drie stukke moes bevat: die dekaloog, die Credo en die Ons Vader. Daarin staan alles wat n Christen behoort te weet. Tog behandel hy in sy kategismusse ook die sakramente. Alle reformatoriese kategismusse sou sy voorbeeld hierin volg. Dit geld van die eerste kategismus van Geneve wat in 1545 in die plek daarvan gekom 7 het en tot by die verskyning van die Heidelbergse Kategismus die mees populêre uiteensetting van die reformatoriese l f

Luther was van mening dat n kategismus drie stukke moes bevat: die dekaloog, die Credo en die Ons Vader. Daarin staan alles wat n Christen behoort te weet. Tog behandel hy in sy kategismusse ook die sakramente. Alle reformatoriese kategismusse sou sy voorbeeld hierin volg. Dit geld van die eerste kategismus van Geneve wat in 1545 in die plek daarvan gekom het en tot by die verskyning van die Heidelbergse Kategismus die mees populêre uiteensetting van die reformatoriese geloof was. Sondagsafdelings In die Kategismus van Geneve word die behandelde stof in 55 verskillende Sondagsafdelings opgedeel. Die Heidelbergse Kategismus volg hierdie voorbeeld van die Kategismus van Geneve, met die verskil dat dit met 52 Sondagsafdelings volstaan. Die bedoeling was dat die kinders vir elke Sondag van die jaar een van die afdelings onder die knie moes kry. Daarnaas het dit egter ook gebruiklik geword om in die tweede diens op Sondag die leerstof van die Kategismus te behandel, sodat die gemeente in sy geheel jaar na jaar dwarsdeur die hele belydenis geneem kon word. Die Kategismus vind groot ingang Die Heidelbergse Kategismus is in die gereformeerde kategismus wat die wydste ingang gevind het. Reeds kort na die ontstaan daarvan is dit oor feitlik die hele Europa versprei. Dit het met die loop van tyd n ware segetog deur die wêreld beleef. Die verbintenis van die Nederlandse kerke daarmee dateer terug na 1568 toe die Konvent van Wezel dit in die Nederlandse vertaling van Datheen naas die Kategismus van Geneve aangeneem het. In 1574 is dit by die Sinode van Dordrecht vir onderrig in die kerke en skole in Nederland aanvaar. Dit is deur die State van Holland in 1578 bekragtig. Sedert die Nasionale Sinode van s-gravenhage in 1586 was dit n reël dat die Kategismus by die namiddagdiens uitgelê moet word. Langs hierdie weg het dit n stempel op die hele kerklike lewe afgedruk. Die ondertekening daarvan deur predikante saam met die Nederlandse Geloofsbelydenis het vanselfsprekend geword (Hartvelt: 1966, 28 29). Die Heidelbergse Kategismus is deel van die erfenis wat Suid-Afrika uit Nederland ontvang het. Meer as enigeen van die ander belydenisskrifte van die gereformeerde kerke het dit by die lidmate van die kerk ingang gevind deurdat dit in die kategese gebruik is, en daar dikwels ook in die erediens aan die hand van die Kategismus gepreek is/word. n Wêreldwye band Deur die Heidelbergse Kategismus word gereformeerde kerke wêreldwyd met mekaar verbind. Dit het die mees vertaalde belydenisskrif van alle tye geword. Naas die Duitse en Latynse uitgawes is dit in alle Wes- en verskillende Oos-Europese tale, in Grieks en ook in verskeie Asiatiese tale vertaal. Nauta bied n indrukwekkende lys van uitgawes van die Heidelbergse Kategismus, maar is bewus van die onvolledigheid daarvan (Nauta: 1963),. Deur die sendingwerk van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en ander gereformeerde kerke is dit ook tot diep in die hart van Afrika ingedra. Dit is merkwaardig hoe geliefd hierdie Kategismus uit die sestiende eeu nog steeds is en hoeveel kerke dit nog daadwerklik in die kategese gebruik, al word dit soms by omstandighede aangepas en gemoderniseer. 8

2. Die komponente van die Kategismus Die Kategismus behoort tot die besondere genre van die kategetiese literatuur wat in die tyd van die Reformasie n groot ontwikkeling ondergaan het. Die vorming van die lidmate van die kerk en die oordrag van die leer van die kerk het van die vroegste tye af onderrig van die jeug vereis. Daarby is bepaalde minimum-vereistes gestel en spesifiek n vertroudheid met die gronddokumente van die Christelik geloof. Reeds voor die Reformasie was die dekaloog, die Apostolicum en die Ons Vader die drie elemente waaruit die kategetiese Stof saamgestel is. Kort voor die Reformasie kom ook die Ave Maria daarby. Die eerste kategismus, in die sin van n leerboek vir kinders, is deur die Boheemse Broeders opgestel (die Kinderfragen van 1502). Die Reformasie het groot erns met die onderrig van die jeug gemaak, en die openbare belydenis van geloof het in die plek van die Rooms-Katolieke vormsel gekom. Luther skryf self in 1526 sowel sy Groot as sy Klein Kategismus. Daarna verskyn daar oral reformatoriese kategismusse. RUSOORD Goeie more aan almal Ons het vrywilligers wat elke Vrydagoggend vir die inwoners verfklasse aanbied. Die inwoners verf die pragtigste prente, motiewe ens op lap. Ons benodig dringend persone wat bereid is om die geverfde lappe te help verwerk in sakke, voorskote, kussingslope ens. Is daar dalk iemand in u gemeente wat wil help? Kontak asb matrone Colkett ( 012 664 5835) of Estelle (082 0777 318) vir meer besonderhede. Dankie dat u bereid is om weer na Rusoord se versoek te luister. Rusoord groete Joggie Pretorius Hoofuitvoerende Bestuurder Tel: 012 664 5835 Epos: info@rusoordcenturion.co.za 9

BYBELSKOOL VOLGENDE JAAR n Bybelskool wat aansluit by die temas van volgende jaar (sien bladsy 10) sal op Sondae 11:00 tot 12:30 op die terrein van die NG Gemeente Lyttelton-Oos aangebied word. Hoe gaan dit presies werk? Daar is 28 temas wat in die eredienste aan die orde gaan kom. Die Bybelskoollesing sal plaasvind op die Sondag waarop die tema behandel word en inhoudelik daarby aansluit. Die inhoud van die Bybelskoollesing sal onder andere die volgende behels: Die outeur van die betrokke Bybelboek: wie dit is en wat sy / agtergrond is. Die historiese konteks van die gebeure waarna daar in die boek verwys word. Die historiese konteks van die tyd waarin die boek geskryf is. Die boodskap van die boek aan sy oorspronklike lesers. Die Bybelskoolstudente ontvang aantekeninge by elke lesing en dit word ook deur middel van n Powerpoint aanbieding geïllustreer. Die koste beloop R25 per lesing. Indien daar vooraf vir die hele jaar se lesings betaal word is die koste R580. n Sertifikaat sal aan studente wat n sekere minimum aantal lesings bygewoon het uitgereik word. 10

Advent is die begin van die viering van die kerklike jaar. Hierdie jaar is die eerste Sondag in Advent 1 Desember. In hierdie tyd dink ons nie net aan Jesus se eerste koms nie, maar ook sy wederkoms. Advent is 'n tyd van hoop. Dit herinner ons dat ons tussen die tye leef, tussen die tyd van Jesus se eerste koms en die tyd van sy wederkoms. In hierdie tyd beleef ons die spanning tussen hierdie twee tye baie akuut: die spanning tussen dit wat reeds gebeur en dit wat nog moet gebeur. Met die eerste koms van Jesus het die eindtyd aangebreek. "Die koninkryk van God het naby gekom." (Mk 1:15). Advent sê vir ons dat God met sy heelmakende krag in hierdie wêreld ingebreek het en besig is om alles nuut en heel te maak. God het in die vorm van 'n mens na die wêreld gekom om dit met Homself te versoen. Daar het dus reeds baie gebeur. Maar die volle heerlikheid het nog nie aangebreek nie. Eers wanneer Jesus weer kom, kom die koninkryk in sy volle glorie en word alles finaal nuut en heel gemaak. Intussen leef ons met die spanning van die koninkryk van God wat reeds gekom het, maar nog nie in sy volle heerlikheid nie. Daarom roep advent ons om in hierdie "tussentyd" aktief die belange van die koninkryk te bevorder. Advent loop uit op Kersfees en Epifanie. In hierdie tyd loop ons die pad van hoop na vreugde. Kersfeestyd duur vanaf 25 Desember tot en met 5 Januarie, 'n tydperk van twaalf dae, die sg. "Twelve days of Christmas". Die vernaamste simbool in Advent sowel as Kersfees is lig - die Lig wat gekom het na die wêreld en wat nie deur die duisternis uitgedoof kon word nie. Daar word gewoonlik van kerse gebruik gemaak om hierdie simbool te dra. In Adventstyd is dit gebruiklik dat vier kerse in 'n adventskrans geplaas word. Met elkeen van die vier adventsondae word 'n kers aangesteek, todat al vier kerse brand. Op Kersdag is daar net een kers, die Christuskers. VERKIES AS KERKRAADSLEDE Die volgende lidmate is tydens hierdie week se Kerkraadsvergadering verkies as kerkraadslede: DIAKENS: Gerhard Steyn Die Gemeente word versoek om vir hierdie persoon te bid dat die Here aan hom die nodige leiding en duidelikheid sal gee. 11

WEES DEEL VAN IETS GROOT EN OPWINDEND HELP OM LYTTELTON-OOS SE VISIE REALISEER Deur betrokke te raak by die aktiwiteite van die Bedieningspan of Bedryfspan van die gemeente kan jy 'n onskatbare bydrae lewer om dissipels wat vrugte dra te vorm. So verheerlik ons die Vader (Joh. 15:8), vul ons ons gemeenskap met liefde, vreugde en vrede en maak ons 'n stukkend wêreld heel. Die Bedieningspan gee aandag die prosesse wat hierbo geïllustreer word, naamlik die Inkomproses (waar ons mense deel maak van die gemeente), Versorgingsproses (waardeur ons omsien na mekaar), Toewydingsproses (waardeur ons nader aan God beweeg), Toerustingsproses (waardeur ons ons potensiaal ontdek en diensbaar raak), Uitstuurproses (waardeur ons 'n verskil maak in ons wêreld). Die Bedryfspan se taak is om die prosesse te ondersteun deur die nodige fasiliteite daar te stel (Taakspan vir Eiendom), die administrasie van die gemeente te behartig (Taakspan vir Administrasie), na die personeel van die gemeente om te sien (Taakspan vir Personeel), die nodige fondse in te samel en te bestuur (Taakspan vir Finansies) en om te sorg dat al die lidmate op hoogte is van die gemeente se aktiwiteite (Taakspan vir Kommunikasie) Volgende Bedieningspanvergadering: Maandag 2 Desember 19:00 12

KOFFIEHUIS BESOEKE VIR 2013 Kontak SCHALK MEYER by 0825200186 as jy die Koffiehuis in Sunnyside saam met die groep wil gaan gesoek. Ons vertrek almal 6h00 van die kerk af. Besoek datums: 6 Desember BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUKE ONS VERSKAF OOK KAGGELHOUT KONTAK : ERNST 083 656 4992 13

DIE GROOT VERHAAL As daar één verhaal is wat almal op aarde moet hoor en lees en verstaan dan is dit God se groot verhaal. Dis ʼn verhaal vol waarheid, energie en lewenskrag. Dis opwindend, spannend, vol emosie en drama. Dit vertel van die weg, die waarheid en die lewe. Dit gee antwoorde op ons diepste lewensvrae. Dis soms hartseer en teleurstellend maar uiteindelik vol hoop. Ons noem hierdie aangrypende verhaal Die Groot Verhaal en is vir ons in die Bybel opgeteken. Jy word uitgenooi om gedurende 2014 hierdie verhaal saam met die NG Gemeente Lyttelton-Oos te ontdek en te ontgin. Deur Die Groot Verhaal wat die Bybel vertel wil die Here vir ons n besondere boodskap oordra n boodskap wat ons in sy grootste omvang eers verstaan wanneer ons die Bybel as geheel van voor tot agter lees. Dis n groot voorreg wat ons het om hierdie verhaal te kan volg. Selfs die skrywers van die onderskeie Bybelboeke was nie eers bewus daarvan dat hulle maar slegs n gedeelte van Die Groot Verhaal op skrif stel nie. Die Groot Verhaal van die Bybel gaan volgende jaar by 28 erediensgeleenthede aan die orde kom. Dit sal telkens gevolg word deur 'n Bybelskoolgeleentheid waar dieper gedelf gaan word. Die kategeselesse sal daarby aansluit en gesinsbyeenkomsriglyne sal daarvolgens opgestel word. Groeigroepe sal ook die groot temas van die verhaal bespreek. Word deel van hierdie opwindende reis wat op 2 Februarie 2014 begin. Meer inligting: http://bybelsegrootverhaal.wordpress.com/ of op facebook: https://www.facebook.com/diegrootverhaal?ref=hl 14

15

VERJAARSDAE 16