Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Direkte en indirekte rede *

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop

Tariewe

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Tariewe

Mandala Madness Deel 2

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

HOëRSKOOL PORTERVILLE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Kerssangdiens. SA Gemeente

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Hoe om krag te spaar

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

G. J. du Preez

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Maand-Krant OKTOBER 2013

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Rubriek vir skeppende werk

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Dialoog en paragrawe *

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Transcription:

Dagboek Vandag 10 Junie Donderdag 14 Junie Vrydag 15 Junie Sondag 17 Junie Deurkollekte: Debutate Jeugsorg Skinkbeurt : Wyke S78 en N15 Bybelstudie 09:00 06:00 Vroegoggend Volgelinge Deurkollekte: Londen Jeug Skinkbeurt: Wyke N39 en S65 MEELEWING Ons is dankbaar dat lidmate wat operasies ondergaan het aansterk: Ab Vonkeman (S19) 083 560 7164. Willem van Emmenis (D33) 0833063609. Johann Theron (S64) 082 898 5496 is tuis en sterk aan. Verspreiding van die jeugtydskrifte Kruispad en Cross Courier, Die instandhouding van GKJeugwebblad en Kruispad-webblad Opstel en verspreiding van toerustingsmateriaal (internet-artikels, kampboekies). Net een kollekte word jaarliks vir Jeugsorg in die GKSA ingesamel. Die mikpunt is R10 per lidmaat per jaar. Dankie vir u bydrae. Wyke Ter wille van skakeling het ons die wyke in die D Blok as volg verdeel: D1-35 - Ds Danie D36-72 Ds Petrus Ds Danie bly steeds vir die N Blok en Ds. Petrus vir die S Blok verantwoordelik. Lidmate kan met enige predikant skakel vir afsprake en besoeke Voorbidding vir lidmate wat gehospitaliseer is Gerhard Pentz (S78) 082 970 3334. Ester Boshoff (S59) 082 376 2236 ondergaan Maandag n operasie. Lidmate wat behandeling ondergaan: Madelene Kruger (S64) 0832734076 Deurkollekte vir GKSA Jeugsorg Die Deputate Jeugsorg bevorder toerusting van en skakeling met die Jeug. Dit sluit projekte soos die volgende in: Beroeping van n derde predikant: Die Kerkraad het tydens n spesiale vergadering gehou op 8 Mei in beginsel besluit om n derde predikant te beroep. n Beroepingskommissie, met Oudl. Pieter Kruger as sameroeper, is saamgestel met die opdrag om die proses te bestuur. Gesprekke is reeds met ds. Danie, ds. Petrus, ds. Johannes Aucamp en die emerituspredikante in ons gemeente gevoer. n Verslag, vir oorweging deur die Kerkraad met Diakens op n spesiale vergadering wat vir 20 Junie 2018 gereël is, word tans voorberei. Lidmate is steeds welkom om voorleggings aan die kommissie te maak deur n e-pos aan Oudl. Pieter Kruger by pieterk@techworld.co.za te stuur. Verkiesing van ampsdraers: Die volgende lidmate is by die vergadering van die Kerkraad met Diakens op 23 Mei tot die onderskeie ampte verkies: 1

As Ouderlinge: Br. Koos Steenkamp Br. Guy Stubbs As Diakens: Sr. Corlien Steenkamp Sr. Marieta de Bruyn Br. Marco de Bruyn Ons bid hulle die Here se leiding toe in die oorweging van die roeping. Die broeders en susters wat die roeping opvolg, sal DV op 24 Junie 2018 in die onderskeie ampte bevestig word. TOPIA Saambid - en Kuiergeleentheid Jy word hartlik uitgenooi na 'n TOPIA saambid - en kuiergeleentheid. Ons gaan terugvoer gee oor wat by TOPIA gebeur. Daarna gaan ons saam die Here dank en voorbidding doen. Ons wil ook saam kuier en iets saam drink en eet. Bring asseblief 'n bordjie eetgoed. Laat weet asseblief vir Lizanne Aucamp of ons jou daar kan verwag. Waar: Gereformeerde Kerk Meyerspark Wanneer: Vrydag 15 Junie 2018 Hoe laat: 19:00 Kontak: Lizanne Aucamp by 084 555 1890 (Die volgende TOPIA Saambid- en Kuiergeleenthede word beplan vir DV 20 Jullie.) Laerskool-katkisasie: Let op dat daar wel op Sondag 17 Junie 'n katkisasieles is (dit is les 16). Dit is per abuis uitgelaat op die boekmerk-kwartaalkalendertjie wat aan die kinders uitgedeel is en wat ook weekliks in die Eljada verskyn het hierdie kwartaal. Dit is wel korrek aangedui op die Rietvallei gemeentekalender. Les 16 is die laaste les vir kwartaal 2. As die skole open vir die derde kwartaal, gaan ons dan weer voort met les 17 op Sondag 22 Julie. 2

gesien wat hierdie kamp vir soveel ander studente en skoolverlaters beteken het en daarom kan ek nie anders as om opgewonde te raak oor hierdie geleentheid om dit met julle te deel nie. God roep ons as gelowiges om naby aan Hom te wees en om met ander in verhouding te leef en hom saam met hulle te dien. Hier is jou geleentheid, ek hoop ek sien jou daar. Vir enige verdere inligting, kontak my gerus: Peet van der Westhuizen 078 580 4945 Skoolverlaterskamp 2018 8-13 Julie te Nooitgedacht Kampterrein (Dit is n NWU kampterrein in die koepel langs die Vaalrivier) Kostes R800 p.p. (Alle etes word voorsien). Die doel van die Skoolverlaterskamp is om skoolkinders vanaf gr. 10 tot 12 te bedien met die Woord, saam bande te bou as mede-gelowiges, en om saam God te loof. Die kamp bestaan uit verskeie pret en leersame elemente bv. Bybelstudie, lofprysing asook prettige groep-aktiwiteite en genoegsame aftyd om die heerlike koepel-omgewing te geniet. Hierdie kamp is n besondere tyd vir stil word voor die Here in sy skepping en voor sy Woord, dit is ook n tyd vir bande bou met jou mede-gelowiges en om studente te ontmoet wat die Here ken en dien en by hulle te leer. Hierdie kamp het in my lewe (Peet van der Westhuizen) n besondere impak gehad as Skoolverlater, die feit dat ek nou nog betrokke is na 8 jaar behoort iets daarvan te sê. Verder het ek Vir meer inligting oor dienste en pryse, skakel ons of kyk op webblad: www.carty.co.za P R O P H E T I C B O O K S intensive short course This course is open to anyone who would like to attend. Qualifying students who complete the requirements will receive BTh credit towards the module OTES 221b. COST Visitors: other persons who want to attend, but do not take part in the assessment: R 120 per day presented by Prof Paul Kruger from the NW University VENUE PTA Learning Centre 1349 Collins Ave Waverley Pretoria; 0186 TIME Registration: Monday 8:00 3

Classes: Monday to Friday from 9:00-16:00 (Please cater for your own lunch) CONTACT: Renzke to register tel. 012 333 9993 E-mail: Mukhanyopta@gmail.com mukhanyopta@gmail.com SOULMATTERS TOER NA ISRAEL Soulmatters lewenssentrum bied `n toer na Israel vanaf 29 November tot 7 Desember 2018. Kom loop saam ervare toerleiers Chris de Beer, Fanie van der Schyff, Dirk Kotzee en Dreyer Potgieter op Jesus se voetspore vir 8 dae. Plekke wat ons gaan besoek sluit ondere andere in Karmel berg, Kapernaum, die berg van Saligsprekinge, Sesarea-Filippi, Jerigo, Jerusalem, die Klaagmuur, via Dolorosa en die Tuingraf. Ons gaan ook op na Masada, dryf op die Dooie See, vaar op die see van Galilea en as jy wil kan jy ook deur Hiskia se tonnel stap! Kostes vir die toer beloop R 24 500 per persoon wat deel en sluit die volgende in: retoervlugte vanaf OR Tambo, lughawe belasting, ingangsfooie by besienswaardighede, vervoer in `n luukse bus, toergidse, verblyf in 3 en 4 ster hotelle en twee etes per dag. Let wel, termes en voorwaardes geld vir die prys (Die prys is afhanklik van die rand/dollar wisselkoers vir meer perspektief hierop asb vra). Indien u ons wil vergesel op hierdie avontuur moet daar `n deposito van R 9 000 betaal word voor of op 24 Junie 2018 by Soul Matters, FNB Gold Business Account, 6268929155, takkode 255355. Gebruik asb IT2018 en jou naam en van as verwysing. Vir meer inligting kontak Geertje de Beer by 083 655 6567 of epos na info@soulmatters.org.za Apologetiek-diensgroep Wie moet die Bybel lees? Jongmense sodat hulle sal weet hoe om te lewe. Oumense sodat hulle sal weet hoe om te sterf. Onkundiges vir wysheid. Geleerdes vir nederigheid. Rykes vir medelye. Armes vir vertroosting. Dromers vir bekoring. Praktiese mense vir raadgewing. Swakkes vir krag. Hoogmoediges as waarskuwing. Nederiges vir verheffing. Bekommerdes vir vrede. Moedeloses vir rus. Sondaars vir verlossing. Twyfelaars vir versekering. Alle Christene vir leiding. Faith Baptist Church, Kokomo, Indiana Kontak: yfveld@mweb.co.za Telefoon: 082 869 6201 GK Rietvallei: Apologetiekdiensgroep Dit is nie genoeg om 'n Bybel te besit nie; ons moet dit lees. Dit is nie genoeg om 'n Bybel te lees nie; ons moet luister wat dit vir ons sê Dit is nie genoeg om te hoor wat die Bybel vir ons sê nie; ons moet dit glo. Dit is nie genoeg om die Bybel te glo nie; ons moet daarvolgens lewe. William Arthur Ward Kontakbesonderhede: Yf Veldhuizen: yfveld@mweb.co.za; Sel: 082 869 6201 4

BEROEPE ONTVANG Ds WJ Botha (Kobus) van Bloemfontein-Noord na Durban-Noord. Ds MH le Roux (Marco) van Newcastle na Kemptonpark. BEROEPE BEDANK - Ds WJ Steyn (Willem) van Potchefstroom-Die Bult na Vereeniging. Oggenddiens 8:00 en 10:15 Psalm 136:1,2,19,20 Psalm 119:6,7. Skrifberyming 75: 2,3,4. Liedboek 384:1 (2 de diens). Psalm 134:4 (2 de diens). Skrifberyming 34:1,3. Handelinge 19:21-40 Teks: Handelinge 19:23 en 26-27. Juis toe het daar 'n groot opskudding ontstaan oor die leer van die Here. Hy sê dat goed wat met die hand gemaak word, nie gode is nie. Ons bedryf staan in gevaar om 'n slegte naam te kry. En nie net dit nie. Die gevaar is ook dat die tempel van die groot godin Artemis sy betekenis sal verloor en dat sy van haar grootheid berowe sal word, hierdie godin wat in die hele provinsie Asië en oor die hele wêreld vereer word. Christus (Edms) Bpk? Hoe sien ons ons geloof? Kan ons dit vergelyk met ʼn maatskappy wat privaat en beperkend is of is dit iets wat in die openbaar is en aan almal bekend is? Christen-geloof of Christenbesigheid? Demetrius was ʼn silwer smid wat sy bestaan en besigheid gemaak het uit geloof. Hy het beeldjies gemaak en verkoop van die tempel van Artemis. ʼn Besigheid wat baie winsgewend was. Het hy dit gedoen omdat hy werklik geglo het dat Artemis die beste godin was? Hy het dit net gedoen omdat hy iets daaruit kon kry vir sy voordeel. Is Christen wees nie dalk iets wat jy doen omdat jy iets daaruit kry nie? Dit kan wees van skrywers en sprekers wat beeldjies van Christus verkoop om so daaruit geld te maak. Dit kan wees dat jy inskakel by ʼn gemeente want dit is vir jou voordeligmaar dit is nie die kern van jou lewe nie, dis net goeie besigheid. Die besigheid van jou geloof. Dit is nie persoonlik nie, dis net besigheid. Kan ons so leef? Is besigheid net besigheid en dit is los van wat ek die naweek by die kerk doen? Jou geloof kom na vore in al die fasette van jou lewe- ook in die manier waarop ek by die werk leef en besigheid doen. Jy is nie net ʼn dokter of ʼn sakeman of ʼn onderwyser of ʼn konsultant nie. Jy is ʼn Christen dokter, ʼn Christen sakeman, ʼn Christen konsultant. Jou geloof is jou belangrikste besigheid. Ons moet die leer van die Here so uitleef dat besighede moet kan toemaak omdat daar ʼn verandering gekom het. Paulus was in die Efese omgewing maar net twee jaar besig om te preek en te leer en Demetrius se besigheid het afgeneem. Christenskap en besigheid kan nie geskei word nie. Leef jou geloof so uit dat die wêreld daardeur verander word. Moenie leef dat Christen wees privaat en beperk is nie. 5

Aanddiens 18:30 Sing: Psalm 68:9 en 13. Psalm 73:10,12. Sb 133:1,2,3. Handelinge 21:17-26 en 1 Korintiërs 9:19-23. Teks: Handelinge 21:26 en 1 Korintiërs 9:20. Die volgende dag het Paulus die manne geneem en die reinigingshandeling saam met hulle verrig. Vir die Jode het ek soos ʼn Jood geword om die Jode te wen. Ongemaklik vir Christus. Wat sal jy doen sodat iemand gered kan word? Sal jy vreemde kos eet en klere dra? Sal jy jou hare laat verander of afsny? Wat sal jy prysgee? Ons almal is sekerlik bereid om ongemaklik te raak sodat iemand anders gered kan word. Maar hoekom is daar dan so baie mense om ons wat nog nie die Evangelie gehoor het nie? Onnodig ongemaklik? sal hou as hy nie die wette van Moses nakom nie. Hy moet homself laat reinig en sy hare afskeur. En Paulus doen dit. Nie omdat dit nodig was nie, maar sodat hy nog mense vir die evangelie kan wen! Hoe kan ek ongemaklik raak? Hoekom het Paulus al hierdie dinge gedoen vir mense? Om mense gelukkig te maak? Nee!! Maar omdat hy weet wat gaan gebeur as iemand nie glo nie - hulle gaan hel toe. Daarom is hy bereid om ongemaklik te raak. Daarom moet ons ook ongemaklik raak- die Here stuur ons na ander sodat hulle gered kan word. Raak ongemaklik en besoek mense by hulle huise- al is dit in ʼn plakkerskamp. Raak ongemaklik en praat met mense wat jy nie sou mee praat nie al moet jy praat in ʼn ander taal. En dit is nie net vir die mense daar ver van ander kulture nie - ons moet dit doen vir ons vriende. Is jy bereid om die geselskap ongemaklik te maak sodat jy Christus kan verkondig? Paulus kom aan in Jerusalem nadat hy deur verskeie gelowiges gewaarsku is dat hy nie moes kom nie. Die Heilige Gees het hom ook meegedeel dat hy gevangene geneem gaan word in Jerusalem. Maar wat doen hy toe hy daar aankom? Hy vertel aan al die ouderlinge die groot werk van die Gees in die heidenne se lewens wat tot bekering kom maar hulle is bekommerd dat die Jode nie daarvan 6