MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Size: px
Start display at page:

Download "MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014"

Transcription

1 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) Fax: +27 (12) MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute advice. Although the utmost care has been taken in the research and preparation of this document, no responsibility can be taken for actions taken on information in this newsletter. Should you require further information, please consult an adviser for a personalised opinion.

2 Weeklikse oorsig 14 February 2014 JSE Dit was n goeie week vir internasionale markte waarin die Nasdaq sy hoogste vlak in 14 jaar bereik het. Sterker kommoditeitspryse het hulpbron aandele n hupstoot gegee, met die Hulpbron Indeks wat n 5.5% styging vir die week getoon het. Die JSE Algehele Indeks het met 2.8% gestyg, ten spyte van die Nywerheids Indeks wat effens laer beweeg het. Die Finansiële Indeks het met 2% gestyg danksy n sterk prestasie van die banke, na Barclays Group Africa (voorheen ABSA) uitgekom het met beter as verwagte finansiële state. Die Rand verhandel teen R10.87 teen die VSA Dollar, Goud het opgeskiet tot $1323 per ons en Brent ru-olie verhandel onveranderd teen $109 per vat. Die Dow Jones het sy sterkste week in die jaar gehad en 2.2% sterker gesluit, maar die Nikkei in Japan is steeds onder druk en het met 0.1% gedaal. In Hong Kong het die Hang Seng byna 3% hoër beweeg, terwyl die Europese markte sterker was met die FTSE wat 1.5% hoër gesluit het. Aandeel van die week: Vodacom Group Ltd Vodacom is n vooraanstaande mobiele telekommunikasie maatskappy, met die grootste hoeveelheid kliënte van al die sellulêre netwerke in Suid-Afrika. Die maatskappy bied GSM-dienste aan meer as 56 miljoen kliënte in Suid- Afrika, Tanzanië, Lesotho, Mosambiek en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Vodafone, van die Verenigde Koninkryk, besit tans n 65% aandeel in die maatskappy. Vodacom verskaf dekking op Kilimanjaro, wat in die verlede die hoogste punt ter wêreld was wat GSM dekking gehad het. Dit is egter nie meer die hoogste punt ter wêreld wat GSM dekking het nie, aangesien TeliaSonera nou dekking bied aan die kruin van Everest, wat die hoogste punt in die wêreld is.

3 Struktuur van die maatskappy:

4 FINANSIËLE PRESTASIE: 6 Maande geëindig September 2013 Vodacom het goeie resultate gelewer vir die tydperk gelewer, ten spyte van n 17% verlaging in die gemiddelde prys per minuut van oproepe as gevolg van kompetisie en ICASA regulasies. Hooflynverdienste per aandeel het sterker gegroei as omset danksy sterk bedryfswinsgroei en het met ongeveer 11% gestyg. Die getal aktiewe kliënte het ook met ongeveer 10% gegroei vanweë die groei van die maatskappy se internasionale bedrywighede. Groep data

5 verkope het toegeneem met 80%, wat grotendeels te danke is aan die sterk groei van verkope van Slim-fone. Vodacom het tans 6.6 miljoen slim-foon kliënte en die vooruitsigte vir verdere groei is uitstekend. Internasionale bedrywighede is tans verantwoordelik vir byna 22% van die groep se inkomste, in vergelyking met 19% n jaar gelede. Aandeel Prestasie Aanbeveling Vodacom is n vooraanstaande telekommunikasie maatskappy met goeie kontantvloei en gesonde winsmarges. Die groep funksioneer in n baie kompeterende industrie waar die marges van telefoonoproepe voortdurend daal. Die aanvraag vir data sal sterk bly en selfs eksponensieel groei in die nabye toekoms soos meer en meer mense oorskakel na slim-fone. Verdere kwartaallikse aankondigings deur die groep het aangedui dat die verdienste weer sal toeneem vir die volle finansiële jaar. Die markte waarin Vodacom handel dryf is nie die mees gesogte uit n groei oogpunt nie en die Suid-Afrikaanse bedrywighede is reeds volwasse, wat die maatskappy agter MTN laat staan in terme van suiwer groei vooruitsigte. Die gevaar is dat Vodacom dalk te veel kan betaal vir toekomstige verkrygings om hul teenwoordigheid in Afrika n hupstoot te gee; sover het hul egter uit die moeilikheid gebly. Die aandeel is relatief goedkoop met n PV van 12 en het n sterk dividendopbrengs van 7.7%. Groei van verdienste per aandeel in die omgewing van 10% word verwag oor die volgende jaar, wat die PV verhouding tot 10 sal laat daal. Vanuit n kapitaalgroei perspektief is ons voorkeur MTN, maar Vodacom sal beter dividende betaal. Ons sien die maatskappy as n langtermyn KOOP.

6 PSG Menlyn Tel: +27 (12) , Fax: +27 (12) PO Box 118, Newlands, Pretoria, 0049 Marius Cornelissen Portfoliomanager Magdeleen Cornelissen Financialplanner Ben Fraser Financialadvisor Gerda Potgieter Administrativeassistant Mariska Blom Administrativeassistant PSG Menlyn Clientadministration

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd 4 April 2014

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk 13 September 2013 Disclaimer:

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd 5 Julie 2013 Disclaimer:

More information

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5) DIE RAND DIE SLEGTE EN DIE GOEIE het. Wat my veral bekommer

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief 2018: Week 5 PRETORIA-OOS Weeklikse nuusbrief Beleggingsaanbieding 8 Maart 2018 Die VSA se ekonomiese groei is tans baie sterk. Dit kan in hulle baie hoë ISM (Institute for Supply Management) syfer, asook

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016 Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016 In hierdie Maandagoggend Vooruitsig bied Prestige Bulletin u die volgende: 1. Wees versigtig die JSE is uiters gevaarlik. 2. Verlede week op aandeelmarkte. 3.

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf Finansieel Gesproke September 2014 INHOUD n Gebeurtenisvolle jaar Pieter Hugo Aandelemarkte verder opgedryf Rian le roux stadige rotasie nog aan die gang maar risiko s is volop PETER brooke Versterking

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember 2011 Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte INHOUD MULTI BESTUURDER FONDSE... 2 MARKOORSIG... 3 OPBRENGSTABELLE... 4 SAMESTELLING

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E Castle Walk Corporate Park Blok B Cnr Swakop & Nossob Straat ٠Erasmuskloof ٠ 0048 Tel +27 (0) 12 484 2000 ٠ Faks +27 (0) 12 484 2001/2 E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E Dynamic Wealth is n Gemagtigde

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S Castle Walk Corporate Park Block B Cnr Swakop & Nossob Straat ٠Erasmuskloof ٠ 0048 Tel +27 (0) 12 484 2000٠ Fax +27 (0) 12 484 2001/2 E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S Tabel 1: Sleutel-markaanwysers

More information

NUUSBRIEF (2013/11) Die A tot Z van 2013

NUUSBRIEF (2013/11) Die A tot Z van 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 NUUSBRIEF (2013/11) A: ANC Die A tot Z van 2013 Die regerende party het n moeilike jaar

More information

Finansieel Gesproke 1

Finansieel Gesproke 1 jan 2009 Finansieel Gesproke 1 IN HIERDIE UITGAWE 2. Ontmoet ons nuwe BD 3. Oorsig van wêreldwye krisis 4. Ekonomiese vooruitsig 6. Hoe u geld bestuur word in 2009 2 jan 2009 Nuwe Besturende Direkteur

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016 FINANSIEEL GESPROKE SEPTEMBER 2016 INHOUD BELEIDVORMERS VERSKERP POGINGS OM WÊRELDEKONOMIE WEER AAN DIE GANG TE KRY EN GOEIE PLAASLIKE DATA GEE SA HUPSTOOT RIAN LE ROUX & TINYIKO NGWENYA WÊRELDWYE SOEKE

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE

OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE JAARSTATE 2017 Voorsittersverslag... 2 Verslag deur die Groep besturende direkteur... 6 Prestasie volgens mark... 12 Verslag deur die Groep finansiële direkteur...

More information

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Kwartaalverslag 30 Junie 2015 Kwartaalverslag 30 Junie 2015 INHOUD FONDS VERWIKKELINGE... 2 MARKOORSIG... 3 OPBRENGSTABELLE... 5 BATEALLOKASIE... 6 1 FONDS VERWIKKELINGE Die Verso effektetrustfondse se naam het in Julie 2015 na Naviga

More information

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union VERSLAG DEUR DIE SAOU PROFESSIONELE ONDERSTEUNINGSDIENSTE 18 Julie 2011 ANALISE VAN DIE UITSLAE VAN DIE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

ONTDEK SANTAM Jaarverslag

ONTDEK SANTAM Jaarverslag Inhoud Rus verseker 2004 ONTDEK SANTAM Jaarverslag Finansiële Hoogtepunte 1 Sewejaar-oorsig 2 Voorsitter se Oorsig 6 Uitvoerende Hoof se Oorsig 8 Staat van Toegevoegde Waarde 11 Santam se Leierskap 14

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS FINANSIEEL GESPROKE OKTOBER 2013 INHOUD BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS OLD MUTUAL INVESTORS FUND PETER LINLEY DIE GROOT ROTASIE PETER BROOKE BLY

More information

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika * OpenStax-CNX module: m24254 1 Die vroegste ryke in Suidelike Afrika * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF Finansieel Gesproke September 2015 INHOUD N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF RENTEKOERSVERHOGINGS REGOOR DIE WÊRELD ONTSENU BELEGGERS Rian le Roux SIENING

More information

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping? julie 2008 Finansieel Gesproke 1 IN HIERDIE UITGAWE 2. Hoe marktoestande fonds-prestasie beïnvloed 4. n Plek vir kontant 5. Het ons n winteruitverkoping? 7. Doen die regte keuse (InvestRight TM ) 2 julie

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe 971 Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe in Suid-Afrika The role of NSFAS in facilitating access

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies Stellenbosch Theological Journal 2016, Vol 2, No 2, 93 110 DOI: http://dx.doi.org/10.17570/stj.2016.v2n2.a05 Online ISSN 2413-9467 Print ISSN 2413-9459 2016 Pieter de Waal Neethling Trust Nabye aftrede:

More information

Gefokus, standvastig en oopkop

Gefokus, standvastig en oopkop NUUSBRIEF Januarie 2014 Uitgawe Inhoud: Gefokus, standvastig en oopkop 1 Ekonomiese en markoorsig Des 2013/ Jan 2014 2 Vive la difference! 4 Wiehan se brief 5 Redakteur: Aneka Janeke "It's not how much

More information

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse SMS Fleet (Pty) Ltd Maatskappy in privaat besit gestig in 2006 Ons produk My Tracer is n lokaal ontwikkelde, briljante, internet gedrewe GPS Voertuig Volg Sisteem met n volledige Geoutomatiseerde Elektroniese

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED 2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED INHOUD VERKORTE JAARVERSLAG VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 Desember 2014 Voorsitter se boodskap aan onderaandeelhouers 3 tot 4 Bladsy

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 20 PRETORIA, 23 JULY JULIE 2014

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 10 MARCH MAART 2015

More information

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS 360 Nuusbrief van The Core Group Uitgawe 20 3 de Kwartaal September 2018 Newsletter of The Core Group Issue 20 3 nd Quarter September 2018 WEET WAARHEEN DIE W Ê RELD OPPAD IS INDEKS Vyf BTW-foute wat klein

More information

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens 292 Tydskrif vir Geesteswetenskappe 2005, 45/2 Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens Jannie Rossouw Suid-Afrikaanse Reserwebank asook Departement

More information

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET JUNIE 2015 NUUSBRIEF Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET In hierdie uitgawe 1 Finsolnet / Sygnia Nuus Bl.2 2 Beleggingsbeleidsaanpassings Bl.2 3 Projekte Bl.3 4 Ekonomiese Oorsig en Grafieke 4.1 Markte

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf deur P C Payne BA, LLB Studentenommer: 20727755 Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 12 FEBRUARY FEBRUARIE

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE Prof Marthinus W Pretorius Departement Ingenieurs-en Tegnologiebestuur Professorale intreerede gelewer op 15 Mei 2001

More information

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA all accepting that they are because they have not produced anything and in the still distant future "intend" doing it, knowing full well that it would never happen; yes, knows that these "cultured" men

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS Universiteit van Pretoria UITDAGINGS AFRIKAANSE VIR DIE HISTORIKUS Intreerede gelewer op 23 April 1987by die aanvaarding van die Professoraat en Hoofskap van die

More information

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys WETENSKAPLIKE BYDRAES REEKS H: INOUGURELE REDE NR. 150 BASEL, TYDSDUUR EN WAARDE OP RISIKO Prof. P Styger Publikasiebeheerkomitee Potchefstroomse

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers

Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers Inleiding Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die afgelope jaar op talle terreine aansienlike sukses behaal

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie deur CWH BOSHOFF 29136939 Ingehandig ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad BACCALAUREUS IN BEDRYFSINGENIEURSWESE

More information

Twee produsente wen R1 miljoen terug

Twee produsente wen R1 miljoen terug MARKTOEGANG INSETVERSKAFFING KREDIETVERSKAFFING Vol 3/2008 Inligtingsblad vir klante van Senwes Julie 2008 Twee produsente wen R1 miljoen terug Met n aansienlik voller beursie sal enige produsent van oor

More information

CENTRE FOR SOCIAL SCIENCE RESEARCH Flower Valley se ondervinding in die blombedryf, 2006 tot 2008

CENTRE FOR SOCIAL SCIENCE RESEARCH Flower Valley se ondervinding in die blombedryf, 2006 tot 2008 CENTRE FOR SOCIAL SCIENCE RESEARCH 2010 Flower Valley se ondervinding in die blombedryf, 2006 tot 2008 Beatrice Conradie Frieda Lloyd Roger Bailey Lesley Richardson November 2010 Dr. Beatrice Conradie

More information

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die HOOFSTUK 2 2. FUNDERING VAN DIE SKOOL AS ORGANISASIE 2. 1. IN LEIDING In hierdie hoofstuk word aangetoon dat die skool 'n organisasie is. Alhoewel die invalshoek dus die organisasiewees van die skool is,

More information

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU TE HERMANUSDOORNS OP 11 Augustus 2012 OM 11H00 1. Welkom Die Voorsitter open die vergadering om 11h00 en verwelkom alle aandeelhouers

More information

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet Die evaluering van besproeiingstelsels help die watergebruiker om die stelsel beter te bestuur die evaluasie wys of die stelsel funksioneer

More information

Presidentsrede by die agt-en-tagtigste algemene jaarvergadering van aandeelhouers

Presidentsrede by die agt-en-tagtigste algemene jaarvergadering van aandeelhouers Presidentsrede by die agt-en-tagtigste algemene jaarvergadering van aandeelhouers Inleiding Die afgelope jaar was n moeilike tydperk vir sowel die internasionale as die plaaslike ekonomie. Ten tye van

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

03 Die Naspers-groep DIE NASPERS-GROEP

03 Die Naspers-groep DIE NASPERS-GROEP 03 Die Naspers-groep DIE NASPERS-GROEP DIE NASPERS-GROEP OORSIG VAN DIE GROEP SAKESEGMENT Internet (insluitend belangrike handelsmerke van geassosieerde maatskappye) Beleggings in internetplatforms in

More information

1 ste Senwes OFM bakkiedag. n treffer. Ten spyte van ʼn nat en mistroostige begin, het die Senwes OFM bakkiedag in. Lekker stories.

1 ste Senwes OFM bakkiedag. n treffer. Ten spyte van ʼn nat en mistroostige begin, het die Senwes OFM bakkiedag in. Lekker stories. SENWES GRAINLINK SENWES VILLAGE SENWES CREDIT Vol 1/2010 Inligtingsblad vir klante van Senwes Maart 2010 1 ste Senwes OFM bakkiedag Ten spyte van ʼn nat en mistroostige begin, het die Senwes OFM bakkiedag

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

NUUSBRIEF JUNIE 2008

NUUSBRIEF JUNIE 2008 NUUSBRIEF JUNIE 2008 ONS KANTOOR TE EDWARDSTRAAT 126, BELLVILLE, KAAPSTAD INHOUDSOPGAWE: 1. Allan Gray - geselekteerde Finansiëlebeplanners 2. Finsolnet Nuus 3. Ekonomiese Barometers 4. Plaaslike Rentekoerse

More information

\ \\\\\\ \\\\\ \\\\\ \\\~ \\\\\ \\\\\ \\\\\ \\\\ 1\\\ THE BACKGROUND, ARCHITECTURAL PHILOSOPHY AND WORK OF HELLMUT WILHELM ERNST STAUCH

\ \\\\\\ \\\\\ \\\\\ \\\~ \\\\\ \\\\\ \\\\\ \\\\ 1\\\ THE BACKGROUND, ARCHITECTURAL PHILOSOPHY AND WORK OF HELLMUT WILHELM ERNST STAUCH 1. THE BACKGROUND, ARCHITECTURAL PHILOSOPHY AND WORK OF HELLMUT WILHELM ERNST STAUCH BY SHELAGH SUZANNE NATION SUBMITTED IN FULFILMENT OF PART OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE OF MASTER OF ARCHITECTURE

More information

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die appèl tussen: Appèlnommer: 96/2001 KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS APPELLANT en MEGS INVESTMENTS (EDMS) BEPERK

More information

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate: Bl. 1 DESEMBER Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 Tel: (021) 9196916 Faks: (021) 9199718 Epos: peterjon@rsabrokers.co.za Webtuiste: www.rsabrokers.co.za IN HIERDIE

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE 360 Nuusbrief van The Core Group Uitgawe 15 2 de Kwartaal Julie 2017 Newsletter of The Core Group Issue 15 2 nd Quarter July 2017 SKEP 'N OASE TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE INDEX Dieselrabatte Kan

More information