Voorgrond VOORBLAD 44 TaalgenooT somer 2015

Size: px
Start display at page:

Download "Voorgrond VOORBLAD 44 TaalgenooT somer 2015"

Transcription

1 Voorgrond VOORBLAD 44 TaalgenooT somer 2015

2 Magdalene Minnaar is soveel Meer as net n bekende sopraan... Die flambojante M s agtjarige was operasanger reeds op Magdalene Minnaar se lys van toekomstige beroepe. Maar dit was nie al nie; sy wou ook digter, aktrise, skilder én sjef word. Magdalene het toe reeds geweet sy gaan in haar loopbaan beslis nie net op één ding fokus nie, en sy bewys by die dag hoeveel van n verkleurmannetjie sy werklik is. In haar ateljee in haar heuwelhuis in Pretoria, met haar twee Skotse terriërs wat om haar draai, het Magdalene, in haar eie woorde, full circle gekom. Ná vyftien jaar in Kaapstad is sy terug in Pretoria en woon sy weer om die draai van haar broer Louis (hy is lid van Bittereinder) die ander helfte van hul duo, MiNNAAR. Haar amper-tweejarige seuntjie, Jacob, gaan selfs een van die dae na dieselfde kleuterskool waar sy as kleuter haar dae verwyl het. Die 34-jarige Magdalene is baie meer seker van haar plek in die Suid-Afrikaanse musieklandskap as die 19-jarige wat sak en pak Kaap toe is met die belofte van sanglesse by Nellie du Toit en n BMus-graad by Ikeys as wortel voor haar neus. Sedertdien is sy in n verskeidenheid rolle gesien op plaaslike verhoë en in die buiteland, waaronder as Papagena in William Kentridge se produksie van Die Zauberflöte, as Gilda in die opera Rigoletto en sekerlik in haar bekendste rol, as Christine Daeé in The Phantom of the Opera. somer 2015 TaalgenooT 45

3 Voorgrond VOORBLAD Die afgelope vyf jaar beskryf Magdalene as van haar beste. In dié tyd het sy nie net ma geword nie, maar ook geboorte geskenk aan n rits produksies wat haar styl en droom vir operamusiek in Suid-Afrika weerspieël. Een van die grootste suksesstories is ongetwyfeld Poskantoor die eerste vollengte Afrikaanse opera van die 21ste eeu. Dit is gebaseer op n radiodrama deur Tertius Kapp met die titel Die flambojante L. Dit gaan oor poskantoorwerkers op n dorpie wat uit nuuskierigheid briewe begin oopstoom en afkom op n liefdesdriehoek waarin n man hom in verskillende gedaantes aan die dorpsvroue voordoen. Dit het ses jaar van práát oor die projek en dróóm oor die projek en sóébat vir finansiering geneem om dit uiteindelik op die planke te kry. Toe dit in 2014 opgevoer is, is dit as die beste produksie op die Aardklop Nasionale Kunstefees aangewys. My groot passie is om konsepte uit te dink en my eie kuns te maak. Ek is minder en minder net n performer en meer en meer n creator, en dit is totaal en al waar ek myself sien. Magdalene beskryf Poskantoor as moeilik, maar sê in dieselfde asem dat Suid-Afrikaanse gehore gereed is vir meer uitdagings. Opera in Suid-Afrika is eintlik op n baie goeie plek. Ja, daar is nie noodwendig vol huise nie, maar die mense wat daar is, wíl graag daar wees. Iets waarop sy en haar span by Biblioteek Produksies hulle toespits, is juis om n nuwe gehoor te bou. Ek het in n stadium begin moeg raak daarvoor om in n gehoorsaal te staan en daar s nét oumense. My vriende kom kyk nie hoe ek Die Messias sing nie. Dis vir my baie belangrik om my vriende, wat ontwerpers, kunstenaars en mede-musikante is, te kry om klassieke uitvoerings by te woon. En dit is juis by dié nuwe gehoor dat Biblioteek Produksies se konserte aanklank gevind het. Biblioteek Produksies is in 2010 begin om n kreatiewe platform te skep vir Suid-Afrikaanse kunstenaars hetsy musikante, regisseurs, choreograwe of ontwerpers om saam te werk en n nuwe gesig aan klassieke musiek in SuidAfrika te gee. Met Magdalene aan die stuur, natuurlik. Skielik is dit nie meer net gesoute teatergangers wat kaartjies koop vir klassieke- musiekuitvoerings nie, maar 46 OpeRA in SuiD-AfRikA is eintlik Op n BAie goeie plek. JA, DAAR is nie noodwendig VOL huise nie, maar Die mense wat DAAR is, wíl graag DAAR wees. jongmense van tatoeëerkunstenaars tot musikante. Biblioteek Produksies se vernaamste konsertreekse In The Dark, Co/Mission en Little Maestros gaan van krag tot krag. In The Dark is n reeks konserte waarin moderne klassieke musiek in stikdonkerte uitgevoer word. Lede van die gehoor het selfs die opsie om geblinddoek te word sodat niks hulle aandag van die musiek kan aflei nie. Die inkomste van die kaartjieverkope word geskenk aan die organisasie Mercy Vision, wat hom daarop toespits om katarak-operasies te doen vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Met Co/Mission word twee of drie komponiste gekies om n kunstenaar of n groep van die 90 s se musiek te verwerk. Só het n fluitspeler, tjellis, pianis en mezzosopraan onlangs die musiek van Nirvana voor n groot gehoor uitgevoer. Die laaste konsertreeks, Little Maestros, het Magdalene begin toe sy iets in Kaapstad gesoek het wat sy en Jacob saam kon doen. Omdat sy maklik verveeld raak, het sy begin om navorsing te doen oor die impak wat klassieke musiek, veral komposisies van die ou meesters soos Mozart en Bach, op n kind se brein kan hê. Sy het klassieke musikante genader en begin om kort musiekuitvoerings te hou vir ouers en kinders tussen die ouderdom van drie maande en sewe jaar. Little Maestros is so gewild dat uitvoerings eersdaags ook in Durbanville, Swellendam, Stellenbosch, Pretoria en Johannesburg gehou sal word. Magdalene het as n klassieke operasanger opleiding in Italië en New York ontvang en is al die geleentheid gebied om verder musiek in Nederland en Kanada te studeer. Al is daar tradisionele operarolle waarvoor sy nie sommer sal nee sê nie, was Magdalene nooit van plan TaalgenooT somer 2015

4 somer 2015 TaalgenooT 47

5 Voorgrond VOORBLAD 48

6 om nét n operasangeres te wees nie. Ek dink ek het my sterretjies verdien met operarolle en so aan, maar dit is op hierdie stadium nie heeltemal wat ek wil doen nie. As iemand vir my n rol in La Traviata aanbied, sal ek dit enige tyd doen, maar dis nie ál wat ek wil doen nie. Ek wil in my studio sit en n nuwe show uitdink of lus voel om n 360-video-opera te maak, en dan doen ek dit. Net soos wat n loopbaan buite die kunste nooit eens n oorweging vir Magdalene was nie, so is n loopbaan as n operasanger in die buiteland ook nie vir haar nie. Haar liefde vir Suid-Afrika en vir haar mense hou haar hier. Sy sou ook nie die revolusie, wat volgens haar nou in Suid-Afrikaanse kunsmusiek aan die gebeur is, wou misloop nie. Baie van my beste vriende is komponiste en regisseurs en dis wat ons doen: Ons maak kuns. Ek sal nooit hierdie goed oorsee kan doen nie. As ek nou moet Duitsland toe gaan en in een of ander dorpie gaan sit en net opera sing, sal ek doodgaan. Ek sal dit nie kan doen nie. Tydens n gesinsvakansie het Magdalene se ma na haar gaan soek en haar aangetref waar sy Psalms in die badkamer voorsing, tot die genot van n klein gehoor. Dit was egter tydens n opvoering saam met die Pretoriase Kinderkoor in die Staatsteater in Pretoria dat sy haar eerste voorsmakie gekry het van n loopbaan op die verhoog. Sy is onmiddellik meegevoer deur die helder ligte en reuk van die teater, en het nog nie weer teruggekyk nie. Die tradisionele metafoor vir metamorfose is n ruspe wat in n skoenlapper verander. In Magdalene se geval het sy in n hele rits uiteeenlopende skoenlappers verander: Die klassieke operasanger, die een helfte van n elektroniese-musiekduo, die skepper van nuwerwetse operakonsepte, die bestuurder, die eggenoot en die ma. Sy sê: My lewe voel altyd of ek in n rat race is, en as ek terugkyk, besef ek wát ek al gedoen het. DEUR JANICE RAATH FoTo s: ANToNIA steyn KREATIEwE REgIE: JUANITA KoTzé/ Ko PRoDUCTIoNs HARE: saadique RyKlIEF grimering: liz van DER merwe magdalene se UITRUsTINgs DEUR suzaan HEyNs, EKsKlUsIEF vir TAAlgENooT. Die musiek wat Magdalene sedert 2012 saam met Louis maak, is so nuut dat dit nie eens in n spesifieke genre pas nie. Een van die lede van Bittereinder het dit as electropera beskryf: n Kombinasie van elektroniese en operamusiek. Sedert haar hoërskooldae sal Magdalene veel eerder na elektroniese musiek as klassieke musiek luister en een van haar grootse invloede was die Yslandse sanger Björk, wat ook as n klassieke musikant en sanger opgelei is. Magdalene bespeel n verskeidenheid instrumente, onder meer die viool, altviool en fagot. Die fokuspunt in haar ateljee is n Baby Grand-vleuelklavier, wat sy hoop eersdaags die middelpunt van heelparty jolige huispartytjies sal wees. Halfpad deur die onderhoud kom loer haar blondekopseuntjie en sy oppasser in en Magdalene se gesig helder op. Sy was aanvanklik bang om kinders te hê, want sy wou nie haar loopbaan prysgee nie. Maar Jacob het al van vyf maande n paspoort en reis saam wanneer sy bekende ma se werk dit vereis. Dit was juis Jacob wat Magdalene gehelp het om die grootste uitdaging tot dusver in haar loopbaan en persoonlike lewe te oorkom: Om te aanvaar waar sy is, sonder om altyd méér te wil hê. Om eerder in die oomblik te leef. Magdalene was nie veel ouer nie as wat Jacob nou is toe sy haar eerste nie-amptelike konsert gehou het. 49

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF EKSKLUSIEF SA se Samaritane Gift of the Givers reik wêreldwyd uit Gift of the Givers verleen daagliks hulp aan duisende mense hier in Suid-Afrika waar die organisasie se wortels lê, maar ook regoor die

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP PUBLIKASIES VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA NUWE REEKS Nr.31 DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP deur ANNA S. POHL Intreerede uitgespreek by die aanvaarding van die amp van Bykomende Professor in die

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007 HANEKRAAI Nr 2 / April 2007 Nuusbrief van die Tradisionele Boeremusiekklub van SA. Kontakadres : T B K van SA, Posbus 48865, Hercules. 0030. Musiekverspreier - Sias Erasmus,Tel [012] 379 1745/083 948 2987

More information

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor J PRETORIUS 1 Opsomming In hierdie studie benut die skrywer die 5D-raamwerk en teoretiese en metodologiese onderbou van waarderende ondersoek en persoonlike

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry! Stad sonder mure n Toneel deur Theo de Jager Faan Louw, suksesvolle ginekoloog Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in n rystoel In Bart se woonkamer, matig luuks. Faan stoot die voordeur toe. Faan:

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

Dinsdag 6 Maart saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES! Jaargang 4 Uitgawe 2

Dinsdag 6 Maart saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES! Jaargang 4 Uitgawe 2 ink Dinsdag 6 Maart 2018 Jaargang 4 Uitgawe 2 R10 Liewe Heksie en die sirkus is kinderteater soos jy dit nog nooit gesien het nie. Dit is een van die Woordfees se debuutproduksies en begin vandag om 12:30

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Pretoria Brief 09/09 September 2009 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg n stukkie uit die geskiedenis van een van die bekendste hotelle van ou Pretoria. Die European

More information

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8... Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck Kloofstraat 129, Kaapstad 8001 Uitgawe

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

MAYER SE KUNS- EN KULTURELE BEDRYWIGHEDE IN DIE 1930'S

MAYER SE KUNS- EN KULTURELE BEDRYWIGHEDE IN DIE 1930'S 199 HOOFSTUK 7 MAYER SE KUNS- EN KULTURELE BEDRYWIGHEDE IN DIE 1930'S 7.1 Mayer se amptelike opdragte in die vroeë 1930's Na die Mayer-egpaar se hervestiging in Pretoria in 1930, dus enkele maande nadat

More information

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD) n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief deur THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN vir die graad PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD) DEPARTEMENT PRAKTIESE TEOLOGIE (Pastorale

More information

Stellenbosch University is a good place to be. Francois Cleophas

Stellenbosch University is a good place to be. Francois Cleophas My Kampus: Marvin Koopman is Meneer alumni...3 Opvoedkunde-vereniging vereer prof aslam Fataar...4 Su looks at partnership with ningxia university...5 10 Food security programme a first for africa...6

More information

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE 1. RESPONDENTE Hierdie prakties-teologiese ondersoek gebruik spesifieke gesprekke met verskillende spesialiste in verskillende

More information

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~ DIE NUWE BRANDWAG. Musiek. WAAROM SUID-AFRIKA AGTER STAAN BY ANDER LANDE. J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~ musiek in Suid-Afrika nie. Wat daar nog is, word gewaardeer

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

!#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012 !"#2 JANUARIE 2012 Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 !"#2 GEMIDDELDE OPLAAG 41 042 000 UITGEGEE IN 84 TALE IS DIT PRAKTIES OM EERLIK TE WEES? 3 Oneerlikheid

More information

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE deur PAUL1 RICHARDS BA (MW) (PU vir CHO) Manuskrip voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM (MAATSKAPLIKE WERK)

More information

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop D E U R J O H A N G E Y S E R Op die pad van hoop Professore, dokters, akademici, rektors, filmsterre, sportsterre. Dalk mense wat binnekort Mars toe kan gaan! Die wêreld is konstant aan die verander.

More information

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Vader sy soenoffer volkome aanvaar Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 13 FEBRUARIE 2016 LYDENSTYD Almal weet dat ons weer volgens die kerklike kalender by lydenstyd is. As jy op ons gemeente se almanak kyk, sal jy sien dat

More information

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie 29-1 841 - MARITZ was en dan maak by die volgende stelling "Dit blyk uit n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie die oproer op 16 Junie verwag bet nie" en dan gaan by verder aan. Nou kom

More information

ENIGE LOS GEDAGTES OOR BEROEPSOPLEIDING

ENIGE LOS GEDAGTES OOR BEROEPSOPLEIDING EXTERNAL STUDENT 3.000 worth of gold from the patch before Rinck found them out. There was a terrible quarrel, in which revolvers were almost drawn. The culprits fled to the Bushveld and only returned

More information

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Online: < http://cnx.org/content/col11024/1.1/ > C O N N E X I O N S Rice

More information

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles (1): Voorwaardes vir n gesonde samelewing (gemeenskap) 525 Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as

More information

1 VROUE AFWESIG IN DEBAT

1 VROUE AFWESIG IN DEBAT LAAT ANDER DIE PRAATWERK DOEN Elsje Büchner 1 Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika Abstract Stories of the calling of female ministers in the Dutch Reformed Church played out over

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach. Hoofstuk 1 INLEIDING In hierdie studie wil ek 'n omskrywing probeer gee van die "ek" in die gedig, met besondere verwysing na die ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach. A.P. Grove se in 'n artikel

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Meneer die President, dames en here, dit is vir my inderdaad 'n besondere voorreg qm vandag saam met u hier te verkeer. Ek

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 (Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 From the Editor The seasons, once again, have turned. Welcome to the fall issue of the Welgevonden Bulletin. In this issue we

More information

Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier

Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier Marietjie Pauw Marietjie Pauw, Postdoktorale navorsingsgenoot, Africa Open Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovasie, Universiteit Stellenbosch

More information

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE deur ALETTA MARIA VOGES voorgele ter gedeeltelike vervuuing van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIDM

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Met die navorsing is daar ondersoek ingestel na die effek van Gestaltspelterapie op die selfbeeld van die leergestremde leerder. In Hoofstuk 1 is

More information

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD P1 / FOREWORD P4 / PROJECTS Closer look at our current projects P10 / PEOPLE P15 / CONGRATULATIONS We show off our happy new parents BKMAIL IS004 NOVEMBER 2015 HME FILLING STATION: SISHEN SISHEN SkORPION

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING 5. 1 INLEIDING In hierdie hoofstuk word die toepassing bespreek van die Ericksoniaanse benadering tot sandspelterapie vir deelnemers wat depressie as ontwikkelingsteurnis

More information

Afdeling Frans Universiteit van die Vrystaat E-pos:

Afdeling Frans Universiteit van die Vrystaat E-pos: 293 n Plaasvervanger vir Phèdre of die (on)vertaalbaarheid van intertekstuele verwysings in Jean- Paul Daumas se Le cimetière des éléphants A substitute for Phèdre or the (un)translatability of intertextual

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1 Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1 Johan Buitendag Departement Dogmatiek en Christelike Etiek Universiteit van Pretoria Abstract The Christian dance:

More information

Elsje Büchner 1 Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Elsje Büchner 1 Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika LAAT ANDER DIE PRAATWERK DOEN Elsje Büchner 1 Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika Abstract Stories of the calling of female ministers in the Dutch Reformed Church played out over

More information

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001 Oktober 2001 Bladsy 1 Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001 SENDING VIËTNAM Elke Eendragter het uit sy skuiling en loopgraaf gekom vir vanjaar se Hanedinee.

More information

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks PB Boshoff Abstract The subtle nature and possibilities of tihe nominal style: A study m_ne«r Testament

More information