Beste Produsent, Tendense in die kleinhandel

Size: px
Start display at page:

Download "Beste Produsent, Tendense in die kleinhandel"

Transcription

1 Beste Produsent, Dit was ʼn uitsonderlik moeilike oes wat agter die rug is, veral vir dié produsente wat in droëland-areas boer. Die droogte het in baie streke die oes verklein, maar volgens alle verslae is die gehalte van sowel die wit as die rooi druiwe in die breë van ʼn hoë gehalte. In hierdie uitgawe bekyk ons van nader die veranderende verkoopspatrone in die kleinhandel en waar daar gevolglik nuwe geleenthede ontstaan. Ons kyk na die houding van jongmense in die ouderdomsgroep 18 tot 34 jaar die sogenaamde Millennials en hul kooppatrone. As die jongste geslag van werklike en moontlike wyndrinkers is hulle vir ons uiteraard ʼn belangrike fokusarea. Tendense in die kleinhandel Baie van julle sal weet dat van die VK se grootste voedselkleinhandelaars besig is om hul wynreekse af te skaal en die uitwerking wat dit op sekere produsente het. Dit is egter nie ʼn verskynsel wat tot die VK beperk is nie. ʼn Omvattende ondersoek getitel Future Retail Trends en onderneem deur die wynmarkspesialiste Wine Intelligence met die oog op verlede maand se ProWein-uitstalling, het aan die lig gebring dat in sekere lande in Europa, in die VSA, Australië en Japan, supermarkkettings onder toenemende druk verkeer weens veranderinge in marktendense. Hierdie groot kleinhandelaars het te kampe met verbruikers wat meer kundig omtrent wyn raak en daarom ʼn interessanter wynverskeidenheid verlang waaruit hulle kan kies. Hulle moet ook meeding met die goedkoper afslagwinkels wat besig is om hul aandeel in die mark te rysmier deur verbruikers ander en daarby baie aantreklike wyne teen uiters toeganklike pryse te bied. Die groot kleinhandelgroepe ondersoek nou deurlopend bykomende maniere om tot klante te spreek. Van hulle maak groter gebruik van TV-skerms en ander visuele hulpmiddels binne hul winkels om meer gefokusde en onderhoudende inligting aan verbruikers oor te dra. Ander sluit verbintenisse met tuisafleweraars van wyn om hul

2 dienste uit te brei terwyl sommige ook daarop fokus om data wat hulle omtrent klante het, so doeltreffend moontlik te benut. ʼn Onlangse artikel in Women's Wear Daily oor onlangse navorsing wat bevind het dat sou kleinhandelaars klantedata gebruik om meer gepersonaliseerde dienste aan verbruikers te lewer, dit by baie van hul klante, en dan Millennials en Boomers in die besonder, groter lojaliteit kweek. In die artikel word Brent Franson, uitvoerende hoof van Euclid Analytics, aangehaal wat die volgende sê: Millennials and other mobile-connected consumers want from physical retail what they get online: a highly personalised and convenient shopping experience. Die doeltreffende benutting van klantedata is nie iets wat oornag geïmplementeer kan word nie. Die ingebruikstelling van die nodige programme is nie net tydrowend nie maar daarby ook duur. Gevolglik begin sekere kleinhandelaars om hul wynverskeidenheid binne hul winkels in ooreenstemming te bring met die inkopiepatrone en -voorkeure wat in hul omgewing geld. Baie onlangs nog het The Drinks Business Simon Cairns, wat aan die hoof staan van die VK-groep The Co-op se aankope van wyn, bier en spiritualieë staan, aangehaal waar hy sê kleinhandelaars se aankoopmodelle moet verander. Hy het by hulle aangedring om van groot portefeulje-transaksies weg te beweeg en meer klantgerig te word deur hul aanbod aan te pas by die demografie van hul onderskeie takgraderings. Verbruikers wêreldwyd word oorweldig deur ʼn ooraanbod van keuses. Wat produsente miskien moet probeer doen, is om vir hulself ʼn plek te vind in die kategorie van kleiner maar beter met meer onderskeidende aanbiedinge sodat hulle hierdie neiging tot hul voordeel kan aanwend en so ʼn probleem in ʼn geleentheid omskep. Ons het al by ʼn vorige geleentheid gesels oor die moontlikhede wat gebied word deur buurt-geriefswinkels wat ʼn al belangriker rol in die lewens van verbruikers begin speel. Maar laat ons ook nie vergeet van die onafhanklike eienaars wat wonderlik vernuftig geraak het in die verryking van verbruikers se wynervarings nie. The Wine Merchant, ʼn handelspublikasie in die VK, het enkele weke gelede daarop gewys dat hoewel die land se onafhanklike wynkleinhandelaars van 2014 tot 2015 ʼn afname van 5% in omset ervaar het, vertrouensvlakke steeds hoog is en dat marges grootliks ongedeerd is. Wat van belang is, is dat hierdie kleinhandelaars besig is om hul dienste na aanlyn-inkopies uit te brei, baie op ʼn basis van klik-en-optel in welke geval hulle nie die vervoerkoste hoef te absorbeer nie. Hierdie handelaars, soos hul eweknieë in ander lande, betrek klante wanneer hulle wel die winkel besoek, nie net met gespesialiseerde en toeganklike diens nie, maar ook deur meer wynproeë aan te bied, eet- en drinkgeleenthede in die winkel, wyn- en kookboeke wat te koop is, en selfs die geleentheid om bottels te kom volmaak om verbruikers te oorreed om langer te vertoef. In sommige is daar selfs lewende musiek. Winkelbesoek word gevolglik iets waarna mense begin vooruitsien, ook om die verkoopspersoneel te sien en bekendes raak te loop. Hierdie niswinkels neig om meer welvarende verbruikers te lok wat graag wil eksperimenteer en hul wynervaring uitbrei. Terselfdertyd is daar stories van restaurante wat gaste die geleentheid bied om ook wyne te kan koop vir huis toe neem. Dan is daar die spesialiteitskoswinkels wat hul

3 klante die geleentheid bied om ʼn glas wyn saam met ʼn eksotiese nuwe kaas, brood of salami op die proef te stel. Die reputasie van Suid-Afrika se wyne styg steeds. Ons het die wyne om ons op sulke spesialisterreine te kan toespits. Dit vereis onvermydel harde werk, maar ons glo die marges regverdig dit. Daarmee hang saam ʼn groeiende groep verheugde Suid- Afrikaanse wynlojaliste. Om agter die kap van die byl in die jeugmark te kom Daar is in die jongste tyd veel bespiegel oor presies hoe betekenisvol die jonger geslag tans vir die wynbedryf is. In die VSA was daar ʼn meningsverskil tussen die land se Wine Marketing Council en die Silicon Valley Bank oor statistiek, en hoewel dit blyk dat die werklike grootte van die land se Millennial wyndrinkmark nog nie so groot is as dié van die na-oorlogse geslag bekend as die Boomers nie, weet ons wel dat diegene van 18 en 34 jaar ʼn beduidende en groeiende bydrae tot die bedryf maak. Dié tendens geld ook elders in die wêreld. Hierdie geslag jongmense word aan ʼn veel wyer spektrum van smake blootgestel as diegene wat hulle voorafgegaan het en dit maak hulle meer avontuurlik. Hul drankrepertoire is ook meer omvangryk of, soos bemarkers dit stel, hulle is agnosties wanneer dit by drank kom - hulle geniet wyn eweseer as boetiekbier, sider en spiritualieë asook mengeldrankies. Hulle is minder lojaal teenoor handelsmerke as hul voorgangers. Wanneer dit op wyn aankom, is hul voorliefde vir rooi, veral rooi versnitte, malbec en pinot noir. Hulle toon ʼn sterk voorkeur vir droë rosés, malbec en moscato, en in die VK veral, vir Prosecco en ander vonkelwyne. (Britse jeugdiges drink ook meer wyn as enige ander alkoholiese drank.) In die VSA, waar Suid-Afrikaanse wyne nog betreklik onbekend onder verbruikers is, is die jeugmark besig om kennis van ons wyn te neem en al meer daarvan te begin koop, tesame met dié van Chili, Argentinië, Duitsland en Portugal.

4 Dit is interessant om daarop te let dat hoewel hulle nie omgee om $20 of meer te betaal vir ʼn wyn wat hulle tuis gaan geniet nie, is hulle heel spaarsamig wanneer dit kom by uit-eet in welke geval hulle met ʼn bier of ʼn mengeldrankie kan begin en dan wyn by die glas bestel om saam met hulle kos te geniet. Daar is verskeie redes hiervoor. Dit is nie alleen goedkoper nie, maar elkeen aan tafel kan dan die wyn bestel wat hulle verkies. Deur wyn by die glas te koop, kan hulle ook eksperimenteer met nuwe wyne, nuwe smaakervarings en nuwe etikette in hul volgehoue soeke na uniekheid as ʼn manier van selfuitlewing. Hulle wil ook ʼn gesonde lewenswyse handhaaf so hulle neig om groter matigheid in hul verbruik aan die dag te lê as ouer verbruikers toe hulle dieselfde ouderdom was. Dan is hulle ook versigtig om nie op sosiale media die aandag deur kompromitterende gedrag op hulself te vestig wat moontlik hul werk in die gedrang kan bring nie. Hulle wil nie hulself in die skande steek deur hand-uit te ruk nie. Beroepswelslae beteken vir hulle veel. Hulle is baie ernstig omtrent hul loopbane, ook in die wete dat hulle studieskuld het wat hulle moet afbetaal voor hulle te veel risiko s kan loop. Lede van hierdie ouderdomsgroep is tegnologies op die voorvoet, gee om vir die planeet en wil hoor omtrent die wyne wat hulle aangebied word op voorwaarde dat die inligting interessant en onderhoudend is. Dit beteken egter nie dat hulle met ʼn kluitjie in die riet gestuur kan word nie. Hulle wil nie uit die hoogte behandel word nie. Hulle verlang deursigtigheid, egtheid en die geleentheid om meer te wete te kom sou iets hul aandag vasvang. As jy op ʼn ongewone agtergrond of oorsprong vir jou handelsmerk aanspraak maak, sal hulle wil weet hoekom. As jy beweer jy gee om vir die omgewing, moet jy dit kan bewys. Hulle stel persoonlike kontak op prys en wil meer weet van die betrokke wynmakers en sal hulle graag wil ontmoet. Kitsbevrediging is vir hulle ʼn gegewe en wat hulle wil hê, wil hulle nóu hê. Dit is ook waarom die getal drankaflewerings- apps die afgelope jaar so toegeneem het. Van hierdie dienste werk saam met kleinhandelaars om bestellings uit te voer; ander koop direk van produsente en skep so ʼn moontlik nuwe kanaal om te ontgin. Die jeugmark is minder geïnteresseerd in beoordelings en besprekings as hul ouer eweknieë en verlaat hulself eerder op mondelingse aanbevelings deur sosiale meningsvormers asook van familie en vriende. Dit impliseer die tyd het aangebreek om tradisionele publisiteitsmetodes uit te brei deur saam te werk met glansfigure en ander meningskeppers. ʼn Webwerf of ʼn Facebook-teenwoordigheid is net ʼn eerste stap. Die jeugmark gaan soek wel inligting aanlyn, maar minder so as die Boomers (die ouderdomsgroep 52 tot 70) en Geslag X (35 tot 51 jaar). Hulle is ook meer geneig om jou handelsmerk te ondersteun as hulle sien dat jy wel op sosiale of omgewingsvlak ʼn bydrae maak. Baie Suid-Afrikaanse handelsmerke is betrokke by volhoubaarheidsprojekte op die sosiale en omgewingsterrein. Baie van hulle beskik ook oor ʼn lang en luisterryke geskiedenis of ʼn kort maar fassinerende bestaan. Ons wynmakers is bekend vir hul individualiteit, deursettingsvermoë en dikwels uitsonderlike passie benewens wynmaak. Die tyd het aangebreek om daardie stories te begin vertel. Maar dit het ook tyd geword om hoe en waar hierdie gesprek gevoer word, te verander. Laat ons meer

5 vindingryk wees in die wyse waarop met die jeugmark kommunikeer, die geslag van wyndrinkers wat die toekoms sal bepaal. Dit beteken nie dat ons die Swygsames (70 jaar en ouer), die Boomers of die lede van Generasies X en Y ignoreer nie. Hoegenaamd nie, maar dit beteken wel dat ons die net op nuwe en verbeeldingryke maniere wyer gooi. Ander produsente glip deur die gaping deur musiek-, teater- en sportgeleenthede te borg; deur meer informeel, toeganklik en meer visueel in hul kommunikasie te wees, onder meer deur die gebruik van video s; en deur die klem nie net op die ontwerp van hul etikette te plaas nie, maar ook deur die gebruik van kitsreaksiekodes ( QR codes ) wat die verbruiker na meer inligting lei. Dis noodsaaklik dat ons deel van die gesprek moet wees. En terwyl ons oor die VSA praat: SAWIS, in vennootskap met WOSA, het Wine Intelligence onlangs opdrag gegee om oor die Amerikaanse mark navorsing te doen. Hierdie inligting is beskikbaar vir alle uitvoer-produsente via die aanlyn WOSAbiblioteek en op die SAWIS-webwerf. Groete, Siobhan Thompson WOSA CEO

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd 4 April 2014

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk 13 September 2013 Disclaimer:

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE Die Departement Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Fort Hare

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5) DIE RAND DIE SLEGTE EN DIE GOEIE het. Wat my veral bekommer

More information

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Online: < http://cnx.org/content/col11024/1.1/ > C O N N E X I O N S Rice

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING ACTA CLASSICA XXXVI {1993} 151-153 ISSN 0065-11.11 BOOK REVIEW BOEKBESPREKING ARISTOTELES POETIKA, VERTALING EN UITLEG VAN BETEKENIS deur E.L. de Kock en L. eilliers, Perskor, Johannesburg, 1991 Met hierdie

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles (1): Voorwaardes vir n gesonde samelewing (gemeenskap) 525 Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

!#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012 !"#2 JANUARIE 2012 Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 !"#2 GEMIDDELDE OPLAAG 41 042 000 UITGEGEE IN 84 TALE IS DIT PRAKTIES OM EERLIK TE WEES? 3 Oneerlikheid

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE deur PAUL1 RICHARDS BA (MW) (PU vir CHO) Manuskrip voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM (MAATSKAPLIKE WERK)

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf deur P C Payne BA, LLB Studentenommer: 20727755 Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners 1178 ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners 1 A miserable patch upon a great wrong : A statistical analysis of concentration camp residents

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our Kyk ook: - Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our Created Stars and Galaxies DVD - Skepping & Evolusie Onversoenbaar!, Hennie Mouton, Hoofstuk 4, Die uniekheid van die aarde - Ons is in die middel

More information

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys South African Journal of Education Copyright 2002 EASA Vol 22(3) 162 169 Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys A.E.

More information

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD) n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief deur THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN vir die graad PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD) DEPARTEMENT PRAKTIESE TEOLOGIE (Pastorale

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN Wanneer jou kantoorgebou herbou word terwyl jy werk: n Studie oor die invloed van epistemologiese, politieke en nasionale veranderinge op onderwysersopleiding in afstandsonderrig Anna Hugo Anna Hugo, Departement

More information

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN 3.1 INLEIDING By die besluitnemingsfunksie wat binne skoolverband plaasvind, besit die skoolhoofde die meeste gesag (Jacobson, 1987:54).

More information

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry! Stad sonder mure n Toneel deur Theo de Jager Faan Louw, suksesvolle ginekoloog Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in n rystoel In Bart se woonkamer, matig luuks. Faan stoot die voordeur toe. Faan:

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES deur Suzanne Marais Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK Acta Theologica 2010:2 L. Lovell & G.A. Lotter WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK WELLNESS MINISTRY BY AFM PASTORS IN AN URBAN CONTEXT: AN EXPLORATORY

More information

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme Departement Bos- en Houtkunde Akademiese programme vir 2018 Magisterprogramme Navrae: Kontakbesonderhede: Departementshoof Departement Bos- en Houtkunde Universiteit van Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1 Leeruitkomste MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1 Nadat u hierdie eenheid bestudeer het, behoort u in staat te wees om: die filosofie agter outeursreg te verstaan; die beskerming verleen deur internasionale

More information

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS Universiteit van Pretoria UITDAGINGS AFRIKAANSE VIR DIE HISTORIKUS Intreerede gelewer op 23 April 1987by die aanvaarding van die Professoraat en Hoofskap van die

More information

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING Inhoud Bladsy 1. Inleiding 2 2. Waarom kliniese onderrig? 2 3. Waarom afstandsonderrig? 2 4. Hoe dit werk 2 4.1 Doelstellings 2 4.2 Hoe die proses

More information

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember. DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember. My antwoord aan hom is belangrik vir waarom ek die volgende

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. ABC ABCDE DEFA Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September 2013 Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. AE Daar was n groot verskeidenheid stalletjies en ek glo elkeen kon na hartelus loer of koop.

More information

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z Marita Carnelley en Philip Bothma Marita Carnelley, Departement

More information

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 (Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 From the Editor The seasons, once again, have turned. Welcome to the fall issue of the Welgevonden Bulletin. In this issue we

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen BLUE GRASS ESTATES (PTY) LIMITED EN 26 ANDER Appellante en DIE MINISTER VAN LANDBOU 1ste Respondent DIE SUIWELRAAD 2de Respondent

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

BY DIE WERK. Die kuns van geluk. Hoekom is almal so behep met Pokémon Go? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie. Nóg wetgewing regtig?

BY DIE WERK. Die kuns van geluk. Hoekom is almal so behep met Pokémon Go? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie. Nóg wetgewing regtig? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie AUGUSTUS 2016 Die kuns van geluk BY DIE WERK Is 2018 die einde van die tradisionele finansiële adviseur? Kan jy die golf van verandering ry om steeds relevant

More information

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4 HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING 5.1.1 Subprobleem 4 Die vierde subprobleem is om die teone en metodiek van Geskiedenis te ondersoek wat aanleiding tot 'n kursusinhoud gee. 5.1.2

More information